|
MILLIONS
Datum Uitgereik: Vrydag, 15 Julie 2005
PG
Regisseur:
Akteurs: Alexander Nathan Etel, Lewis Owen McGibbon, James Nesbitt,
 |
 |
Hier kom weer een van daardie resensies waar ek my tong moet byt om nie totaal oorboord te gaan nie. Ja, helfte van julle sê seker: o hemel, dan moet ons juis nie gaan kyk nie. Maar luister eers. Die fliek MILLIONS begin vandag en kos net R12 of R14. Nou as ek vir julle sê dit is een van die heel mooiste flieks wat ek in my hele lewe gesien het, bedoel ek dit. Luister na hierdie pragtige storie wat in Engeland afspeel wat nou so ‘n positiewe fliek nodig het. MILLIONS gaan oor twee doodgewone seuns van 8 en 10 wat ‘n sak met 230,000 pond ontdek. Al probleem is Engeland skakel oor na die Euro na die naweek en dan is daardie ponde nutteloos. Hulle moet van die geld ontslae raak, maar hoe? Die jongste seuntjie besluit om al die geld vir die armes en homeless te gee en hy vaar die strate in en deel die geld uit. Maar natuurlik sal ‘n gierige wêreld hom nie toelaat om dit te doen nie.
MILLIONS wys hoe suiwer, onskuldige kinders wat net goed wil doen met die geld teen ‘n gierige kapitalistiese wêreld vasloop. Dit is ‘n BEELDSKONE film. Ek dink heel kleintjies onder 10 sal bang word vir sekere tonele, want natuurlik wil die oorspronklike dief wat die geld weggesteek het hulle bykom. Maar as jy na ‘n fliek soek wat jou uit jou stoel gaan oplig, wat jou geloof in die mensdom sal herstel en jou hart warm sal laat klop, gaan kyk MILLIONS. Dis, wat my betref, die jaar se mooiste, warmste en mees innemende rolprent. Dit mag jou lewe verander.
|