 |
| Gemeenskapsdagboek |
|
 |
|
 |
| Hier kan jy alle gebeure in jou kontrei adverteer
van die kerkbasaar tot Steve Hofmeyr se konsert op die
rugbyveld. Jy moet registreer om n item op die dagboek
te plaas sodat jy dit later kan redigeer of wis as daar
veranderings is. |
| Gebeurtenisse in Desember 2010 |
| |
|
Gebeurtenis
|
Matt Stern Live @ Mickies |
| Provinsie |
Gauteng |
| Datum |
2 Februarie 2010 tot 14 Desember 2010 |
| Tyd |
20:00 |
| Plek |
Mickies Restaurant & Cocktail Lounge |
| Beskrywing |
Kom geniet die openingsaand van Mickies se vermaaklikheids agenda saam met Matt Stern (beter bekend as Akteur in produksies soos, 7de Laan, Plek van Die Vleisvreters, District 9 en onlangs Invictus deur Clint Eastwood). Matt Stern gaan oor die volgende paar maande elke Dinsdag aand optree by Mickies op die Wesrand (Retail Park net bokant The Hub), en beloof om vir die meer gesofistikeerde luisteraar mee te sleur met Goue Oues se musiek soos Elvis Presley, Engelbert Humpherdinck, Jim Reeves, en vele meer. Hy sing in Afrikaans, Engels en ook 'n bietjie Italiaans.Vir meer inligting, gaan na: www.mattstern.co.za |
| Padaanwysings |
N1 Rigting Bloemfontein Neem die 14de Laan Afrit Draai Regs onderdeur altwee brue Draai regs op Hendrik Potgieter Ry verby Clearwater Mall op linkerkant. Ry tot by Nick Diedericksen draai regs. Miickes is in die sentrum op regter kant (Mr Price, ens.) Parkeer by Incredible Connection. Loop verby Cajees Cycle Shop, om die hoek is Mickies. Kontak Michael by 0722567554 as u nie seker is nie.
|
| Kontakpersoon |
Annie Smit |
| Kontaknommer |
0834079224 |
| e-pos Adres |
info@mattstern.co.za |
| |
|
Gebeurtenis
|
583 Flowers and Coffee Shop |
| Provinsie |
Gauteng |
| Datum |
26 Junie 2010 tot 31 Desember 2010 |
| Tyd |
09:00 - 18:00 everyday |
| Plek |
583 Ontdekkers Road, Florda |
| Beskrywing |
Come and experience a truely amazing cup of coffee and freshly baked cake. This is not an ordinary coffee shop, this is were children of God get together. Share your life experience with us and come and experience a whole new side of serenity. |
| Padaanwysings |
583 Ontdekkers Road, Florida (next to Florida public swiming pool) |
| Kontakpersoon |
Debbie Coetzee |
| Kontaknommer |
0119510400 |
| e-pos Adres |
Debbie.Coetzee@netcare.co.za |
| |
|
Gebeurtenis
|
ERFDEEL Kuns & Boeremark |
| Provinsie |
Gauteng |
| Datum |
14 Augustus 2010 tot 11 Desember 2010 |
| Tyd |
Hierdie mark sal maandeliks plaasvind op die volge |
| Plek |
ERFDEEL AKKOMMODASIE EN KONFERENSIE FASILITEIT |
| Beskrywing |
Ons begin ‘n KUNS & BOEREMARK op die plaas ERFDEEL geleë in Nooitgedacht / Drumblade omgewing naby Walkerville, Kliprivier, Henley-on-Klip, en naaste dorpe Alberton, Meyerton en Heidelberg. Hierdie mark sal maandeliks plaasvind op die volgende Saterdae van Aug- Des 2010 Sat 14 Aug Sat 11 Sep Sat 16 Okt Sat 20 Nov Sat 11 Des VANAF 9h00-13h00 Die mark sal gehou word by die ou Kaaps Hollandse geboue wat gebou is in die laat 1940’s deur Albertus A de Villiers ‘n bekende eertydse boer van die omgewing Omdat ons omring word deur ‘n boerdery omgewing en die mense van die area wat streef na landelikheid wil ons ‘n platform skep vir produsente om hulle kwaliteit produkte te kan verkoop. Ons wil graag plaaslike produsente van vrugte en groente vleis, melk, kaas,-organiese produkte sal die beste wees- tuisgemaakte produkte, kuns en wat ookal heilsaam en goed is bymekaar bring vir ‘n dag van genot vir die gemeenskap! Enige idees en voorstelle van die gemeenskap is ook welkom! Die Erfdeel Plaaskombuis gaan Ontbyt, Tuisgebakte Brood, Pannekoek, Melkkos, Boereworsrolle, Tuisgebakte koeke en Koffie & Tee bedien, Stalletjies met ingemaakte produkte, kleinkoekies, boerebeskuit, boerebrode, koeke, vuurmaakhout, kraalmis en plante. Ons nooi die gemeenskap en die publiek om te kom ondersteun en om ‘n dag op die plaas te kom geniet met hulle geliefdes en vriende. Registreer en bespreek ook jou stalletjie by Riana de VilliersTel +27 11 9038379 (Landlyn) +27 83 7087316 (Mobiele) Faks 086 510 7813 groups@erfdeel.com / venue@erfdeel.com website: www.erfdeel.com
|
| Padaanwysings |
GPS LESING : S 26°25,802” O 28° 1,081” (NEEM DIE AANBEVOLE ROETE,NIE DIE KORTSTE ROETE NIE, MAAK GEBRUIK VAN STRAATNAME SOOS IN AANWYSINGS AANGEDUI. DAAR IS EGTER GEEN STRAATNAAMBORDE NIE) PADAANWYSINGS VANAF ALBERTON: VANAF N12 NEEM DIE R59 NA VEREENIGING. RY VERBY MICHELLE-, SWARTKOPPIES-, KLIPRIVIERWEG AFRITTE. NEEM DIE R550 AFRIT- HEIDELBERGWEG. DRAAI LINKS OP DIE BRUG. RY TOT BY DIE 4 RIGTING STOP, DRAAI REGS(M61), BORD WYS DALESIDE,DIT IS SPRINGBOKSTR (GEEN NAAMBORD VIR STRAAT) RY 4 KM., VERBY DIE POLISIESTASIE EN WINKELS, TOT BY DIE VOLGENDE 4 RIGTING STOP. DRAAI REGS(R557), BORD WYS GRASMERE, DIT IS JOANSTRAAT (GEEN NAAMBORD VIR STRAAT) **RY 4 KM, BY DIE KRUISING DRAAI NA REGS (DRUMBLADE) ELIZABETH STR, RY +/-3 KM. ERFDEEL GASTEPLAAS UITDRAAI NA REGS.VOLG DIE AANWYSINGS OP DIE BORDE.** PADAANWYSINGS VANAF MEYERTON: NEEM DIE R59 NA ALBERTON. NEEM DIE R557 AFRIT- RANDVAAL/GRASMERE DRAAI REGS OP DIE BRUG. NEEM DIE EERSTE PAD LINKS. BY T-AANSLUITING. DRAAI LINKS(M61)SPRINGBOKSTR (GEEN NAAMBORD VIR STRAAT) EN RY TOT BY 4 RIGTING STOP. DRAAI LINKS (R557) BORD WYS GRASMERE, DIT IS JOANSTRAAT (GEEN NAAMBORD VIR STRAAT) **RY 4 KM, BY DIE KRUISING DRAAI NA REGS (DRUMBLADE) ELIZABETH STR, RY +/-3 KM. ERFDEEL GASTEPLAAS UITDRAAI NA REGS.VOLG DIE AANWYSINGS OP DIE BORDE.**
|
| Kontakpersoon |
Riana De Villiers |
| Kontaknommer |
0837087316 |
| e-pos Adres |
rianadv@gmail.com |
| |
|
Gebeurtenis
|
Adopt a Gran |
| Provinsie |
Wes-Kaap |
| Datum |
6 September 2010 tot 31 Desember 2010 |
| Tyd |
Elke maand |
| Plek |
Mosselbaai |
| Beskrywing |
Ons laat mense bejaardes aanneem en besoeke aflê,maar ons wil ook meer hê dat hulle moet help om hierdie broodnodige instansie te help met kruideniersware vir 20 huisies op die perseel,want hulle pensioen kom nie alles nie. As julle wil help,kontak gerus vir Curt of Yolandi by 044 6907312 of 0714195982 |
| Padaanwysings |
Mosselbaai, Uitbreiding 6 |
| Kontakpersoon |
Curt Baker |
| Kontaknommer |
0446907312 |
| e-pos Adres |
curt16jan@gmail.com |
| |
|
Gebeurtenis
|
Marico mampoer fees |
| Provinsie |
Noordwes |
| Datum |
Saterdag, 4 Desember 2010 |
| Tyd |
Van vroeg tot laat |
| Plek |
Marico bosveld Dam |
| Beskrywing |
n Fees vir oud en jonk. Gaskunstenaars en kampeer plek. hope uitstallers |
| Padaanwysings |
wanneer jy by Groot Marico kom neem die afdraai vanaf die N4 op die straatsdrift pad. ry 13 km. op regterkant is die terrein. Borde sal die paaie aanwys |
| Kontakpersoon |
Rina Lewis |
| Kontaknommer |
0845999069 |
| e-pos Adres |
rina63@webmobile.co.za |
| |
|
Gebeurtenis
|
Mosselbaai Kers-kunsmark |
| Provinsie |
Wes-Kaap |
| Datum |
20 Desember 2010 tot 22 Desember 2010 |
| Tyd |
08h00 tot 18h00 |
| Plek |
Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai dorp |
| Beskrywing |
Die gewilde Mosselbaai Kers-kunsmark vind hierdie jaar plaas op 20 -22 Desember.Die mark open om 08h00-18h00. Soos elke jaar beloof dit om 'n paradys van unieke handgemaakte/gekweekte/gebakte geskenke te wees en uitstallers van reg oor die land het hierdie jaar stalletjies. Van die unieke produkte is o.a. vetplante, bonsaibome, houtwerk, kunsnaaldwerk, kralewerk, juwele, leerwerk, skilderye, klere, geverfde kinder t-hemde, kaartjie,gebak, lekkers, snuisterye,keramiek ens. Die Kenani Dienssentrum verkoop 'n verskeidenheid watertand eet- en drinkgoed. Kom ondersteun hierdie organisasie wat 'n diens aan die bejaardes lewer. Vir die kinders/tieners is daar buite- speletjies. Die mark is 'n heerlike plattelandse vakansie-ervaring ! So bring die familie en vriende en geniet dit saam met ons, terwyl u kersinkopies doen. Vir verdere inligting en stalletjiebesprekings kontak Cecile by 082 2243 865 |
| Padaanwysings |
Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai dorp. Volledige rigtingwysers en baniere. |
| Kontakpersoon |
Cecile |
| Kontaknommer |
082 2243 865 |
| e-pos Adres |
vasbyt.v@telkomsa.net |
| |
|
| |
|
| Bepalings en Voorwaardes |
|
|
|
|
|
Loslip
Donderdag, 9 September
14:00-14:45
Dwarsdeur die geskiedenis was daar organisasies waarvan 'n mens bewus was, sonder om werklik te weet wat presies hulle doelwitte is. Party word bedryf onder die vaandel van 'n edel doel, soos liefdadigheid, terwyl dit eintlik 'n front is vir iets anders.
|
|
Middagvervolgverhaal
Donderdag, 9 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 2: Dick Nolte en Bobbie Hattingh sweet bloed. Dick moet noodgedwonge Amor Truter se hulp inroep. Dick word afgepers en neem ‘n belangrike besluit.
|
|
Poen en Toekie
Donderdag, 9 September
19:15-19:20
Poen en Toekie leer van boomplantweek en besluit om die volgende dag 'n boom te plant.
|
|
Sterre en Planete
Donderdag, 9 September
20:30-21:00
Saterdag vind ‘n besondere okkultasie plaas. Venus gaan agter die maan verbybeweeg.
|
|
RSG Dokumentêr
Donderdag, 9 September
21:00-22:00
DIE TUISKOMS deur Danielle Wass. Huis is waar die hart is. Maar dikwels is huis nie meer daar waar jou hart is nie en moet jy ‘n tuiste skep waar omstandighede jou heen gelei het. Luister na drie mense se stories van tuiskoms: Kortboy, die gangster van Sophiatown na Meadowlands; Derrick Davis van Distrik Ses na Mannenberg en Anna Moses van Olifantshoek na die Vrystaat.
|
|
Praat Saam
Vrydag, 10 September
08:00-09:00
Ettienne Ludick praat oor rugby en wat fout is met Suid-Afrikaanse rugby teen die agtergrond van die Springbokke se vertoning in die pasafgelope Drienasiesreeks. Die gas is oud-Springbok Pieter Hendricks.
|
|
Loslip
Vrydag, 10 September
14:00-14:45
Maak dit saak of jy die eerste kind, middelkind of jongste kind is?
|
|
Middagvervolgverhaal
Vrydag, 10 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans. Episode 3: Barry Baker se been word gebreek. Amor Truter en Bobbie Hattingh word deel van Suid-Afrika se misdaadstatistiek. Shelly Barlow skep groot probleme vir Tom Hattingh.
|
|
Poen en Toekie
Vrydag, 10 September
19:15-19:20
Poen en Toekie moet besluit watter boom hulle vir boomplantweek gaan plant. 2010 se boom van die jaar is die Koorsboom. Die plonkies leer meer oor hierdie boom.
|
|
Musiek Sonder Grense
Vrydag, 10 September
22:00-23:00
Of jy nou van filterkoffie, kitskoffie of cappuccino hou – kry jou bekertjie gereed vir musiek uit die lande waar koffie verbou word.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 11 September
15:00-16:50
Leeus teen Griekwas in Johannesburg.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 11 September
17:05-19:00
Cheetahs teen Blou Bulle in Bloemfontein.
|
|
Poen en Toekie
Saterdag, 11 September
19:10-19:20
Bennie en Sarie leer vir Poen en Toekie hoe om Wolf-Wolf-hoe-laat-is-dit te speel. Bennie kyk nie waar hy hardloop nie. Hy val oor die plonkies se nuwe koorsboom wat hulle gister geplant het.
|
|
Die tale wat ons praat
Sondag, 12 September
11:00-11:30
Oud-regter Piet Schabort is ‘n man wat baie lief is vir Afrikaans en probeer om dit altyd keurig en suiwer te gebruik. Hoe sien hy die toekoms van Afrikaans? Hoe voel hy oor sogenaamde brabbelmieks, en wat dink hy van Afrikaans in die media? En wat sê hy van Afrikaanse musiek?
|
|
Die legende leef voort
Sondag, 12 September
13:30-14:00
Ons haal die masker af en vertel die ware verhaal van Freddie Mercury - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent.
|
| |
|