26 Oktober 2012 Andre Brink van Brackenfell

Prysgeld : R15,000

Vrae :
1.  Hierdie plek is so plat, ek sien môre aankom.
2.  Dit is skurf.
3.  Klankleidraad.

Antwoord : Hakskeenpan, Noord-Kaap
26 Oktober 2012 Daleen Wiegmans van Pretoria

Prysgeld : R6,000

Vrae :
1.  Klankleidraad.

Antwoord : RSG se ateljee in Johannesburg
25 Oktober 2012 Johan Steyn van Pietermaritzburg

Prysgeld : R5,000

Vrae :
1.  Hierdie plek is rooi én mooi.
2.  Die plek het vroeër iets te doen gehad met brande en drie-eenheid.

Antwoord : Rooiplein, Moskou
24 Oktober 2012 Paul Gerber van George

Prysgeld : R5,000

Vrae :
1.  Hierdie hawe ruik baie lekker.
2.  Hier was baie gevegte oor dwelms.
3.  Ek kyk vir Bruce Lee.

Antwoord : Hongkong
23 Oktober 2012 Sonja Hollander van Kemptonpark

Prysgeld : R6,000

Vrae :
1.  Die Russe sê hulle het die plek eerste gesien, maar dit was ‘n Amerikaner wat die eerste voetspore hier gelos het.
2.  Ek kan nie uitvind hoe laat dit is nie.
3.  Hoekom is hier vlae van soveel lande?
4.  Hier is NIE ysbere hier nie.
5.  Amundsen-Scott.

Antwoord : Suidpool, Antarktika
19 Oktober 2012 Anja Kalis van Goodwood

Prysgeld : R6,000

Vrae :
1.  Hulle sê twee koppe is beter as een.
2.  Bykans 900 is dan seker beter as twee.
3.  Party mense noem die plek DIE NAELTJIE VAN DIE WÊRELD, maar in die plaaslike taal kon dit dalk DIE VERSTE PUNT VAN DIE LAND beteken het.
4.  Ek gaan gou kyk of die haas vir my eiers gelos het...
5.  Hierdie plek is in 1888 deur Chili geannekseer.

Antwoord : Paaseiland
16 Oktober 2012 Michelle Thiart van die Paarl

Prysgeld : R12,000

Vrae :
1.  Dis baie fundamenteel hier.
2.  Dinge gebeur baie, baie, baie, baie, baie vinnig hier.
3.  www.
4.  Hier is al baie dinge ontdek wat só klein is dat mens dit nie kan sien sonder baie, baie, baie groot masjiene nie.

Antwoord : Europese Organisasie vir Kernnavorsing (CERN), Geneve, Switserland
16 Oktober 2012 Jacques van der Linde van Burgersdorp

Prysgeld : R2,000

Vrae :
1.  Wit is die nuwe pers in hierdie straat.

Antwoord : Herbert Bakerstraat, Groenkloof, Pretoria
12 Oktober 2012 Anina Spies van Hazyview

Prysgeld : R5,000

Vrae :
1.  Dis van afloer dat ek en Tommy nou blind is.
2.  Ek wonder of die perd ook geloer het...
3.  Dit was haar geboortepakkie wat Jan Taks in sy spore gestuit het.

Antwoord : Lady Godiva-standbeeld, Coventry, Engeland
11 Oktober 2012 Thelma Howell van Margate

Prysgeld : R8,000

Vrae :
1.  Die plek se naam is in die sterre geskryf.
2.  Net die superslimmes sal hierdie leidraad verstaan.
3.  ‘n Man van Saldaña in Kastilië was die eerste.
4.  Johan Rademan, vertel vir die mense waar jy is, want ek kan sien waar jy werk.

Antwoord : Tafelberg
9 Oktober 2012 Amanda Bekker van Queenstown

Prysgeld : R5,000

Vrae :
1.  Dié plek is sekere tye van die jaar só toe onder die mis dat mense gedink het dit bestaan nie.
2.  Daar loop ‘n skilpad in die pad…
3.  George is nie meer eensaam nie.

Antwoord : Galapagos-eilande

  ?????
   
DAG 255