HOE OM TE SPEEL

Koos gaan van 8 Oktober af vir drie weke die wêreld plat reis. Ons het jou hulp nodig om hom op te spoor sodat ons jou 'n deel van die
R75 000 prysgeld kan gee!

Dis baie maklik om deel te neem:

STAP 1:

Jy moet registreer om deel te neem sodat ons jou kontakbesondhede kan hê.

Jy kan op twee maniere registreer:

Vul die registrasievorm op hierdie webwerf in - klik hier as jy gereed is om dit te doen, of

SMS die woord KOOS, jou naam en van en jou ID-nommer na 33343. (Elke SMS kos R1.50)

Jou persoonlike besonderhede is veilig by RSG - ons sal dit nooit aan derde partye bekendmaak of beskikbaar stel nie. Jy kan die bepalings en voorwaardes hier lees.

STAP 2:

Luister voortdurend van 8 – 26 Oktober na RSG vir leidrade oor waar Koos hom bevind.

Die omroepers sal van tyd tot tyd drie name bekend maak van luisteraars wat geregistreer het om deel te neem.

Die eerste van hierdie persone wat dan inbel, sal die geleentheid kry om te sê waar hulle dink Koos is.

As hulle reg is, sal Koos na 'n volgende bestemming beweeg en die wenner sal met 'n deel van die R75 000 prysgeld wegstap!

As hulle verkeerd is, sal die prysgeld oorstaan na 'n volgende program waar drie nuwe name bekend gemaak sal word.

STAP 3:

Jy sal die spel die hele tyd op hierdie webwerf kan volg. Die leidrade asook die antwoorde van vorige bestemmings sal hier gewys word.

Die spel begin op Maandag 8 Oktober 2012 en eindig op Vrydag 26 Oktober 2012.

Is jy gereed om te registreer? Klik hier en bly ingeskakel!