KOMPETISIEREËLS

Al RSG se kompetisies word aangebied in ooreenstemming met die bepalings van Afdeling 54 (1) van die Wysigingswet op Loterye (46 van 2001).

Enige Suid-Afrikaner mag aan RSG se kompetisies deelneem, tensy anders aangedui.

Geen werknemer, agentskap, prysborg of kontrakteur van RSG, die SAUK of enige persoon wat regstreeks of onregstreeks betrokke is by die organisasie of aanbied van die kompetisie, of hulle onmiddellike familielede, mag aan die kompetisie deelneem nie.

Geen wenner mag binne drie maande aan dieselfde of ander kompetisies wat deur RSG aangebied word, deelneem nie.

Die beoordelaars se beslissing is finaal en bindend en daar sal geen korrespondensie hieroor gevoer word nie.

Die wenners aanvaar en gebruik die pryse op hulle eie risiko. RSG, die SAUK en die prysborge (en/of hulle onderskeie agentskappe) kan nie verantwoordelik gehou word vir enige ongeluk, besering of verlies van eiendom en/of lewe as gevolg van die wen, aanvaarding en/of gebruik van die pryse nie.

Deur aan die kompetisie deel te neem, stem die deelnemer in om aan die kompetisie se reëls en regulasies te voldoen.

Enige oortreding of poging om enige van die reëls te oortree, sal lei tot die onmiddellike diskwalifisering van die oortreder.

RSG mag 'n oortreder verbied om aan enige van RSG se kompetisies deel te neem vir 'n periode wat vasgestel sal word deur RSG se bestuur.

RSG en die prysborge behou die reg voor om kompetisies enige tyd te kanselleer as hulle dit nodig ag en/of as omstandighede buite hulle beheer dit noodsaak. RSG sal geensins hiervoor aanspreeklik wees teenoor deelnemers nie. Daar mag van wenners verwag word om hulle name en/of foto's vir publisiteitsdoeleindes te laat gebruik op radio, televisie, die internet of ander publikasies.

RSG behou die reg voor om die pryse en reëls op hulle eie diskresie te verander. Geen deelnemer sal enige verhaling teen RSG hê as gevolg van die verandering van die pryse en reëls nie.

RSG sal alles redelik doen om te verseker dat die prys wat in die publisiteitsmateriaal beskryf is, die een is wat afgelewer word, maar kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar as die prys gedeeltelik of in geheel verskil van wat geadverteer is nie.

Die aankondiging van ‘n wenner op RSG en op www.rsg.co.za beteken nie dat die stasiebestuur aangedui het dat die wenner aan al die reëls voldoen het nie. RSG mag 'n deelnemer diskwalifiseer nadat die wenner aangekondig is as hulle bewus word van enige oortreding van die reëls.

Laat asseblief 4 - 6 weke toe vir die aflewering van pryse.