logo_sabc_header

15:00 - 15:05

Nuus

Nou op die lug: 15:05 - 17:45

Spitstyd

Met Willem Pelser

Willem Pelser

Volgende: 17:45 - 18:00

Brandpunt

18:00 - 18:10

Nuus & Weer

RSG en Hannon maak ’n moeder se dag

RSG skop sy Moedersdag-veldtog op ‘n hoë noot af met ‘n geleentheid vir ma’s en moederfigure landwyd om die grootste bederf nóg te ervaar! Hulle kan egter nie self inskryf nie – jy moet die MA in jou lewe benoem om aan dié opwindende Moedersdagkompetisie in samewerking met HANNON te kan deelneem. Jy het kans van 24 April tot 2 Mei om in te skryf, en om sodoende in aanmerking te kom vir die prys wat ‘n oormaak-sessie ter waarde van R25 000 deur HANNON, asook ‘n HANNON-geskenkpak ter waarde van R5000, insluit!

Die prys sluit in:

  • ‘n Konsultasie deur die Glam Guru.
  • ‘n Oormaak-sessie deur Hannon self, ter waarde van R25 000.
  • ‘n Hannon-geskenkpak ter waarde van R5000, propvol spesiaal uitgesoekte produkte.
  • ‘n Nuwe haarstyl.
  • Nuwe grimering en aanbevelings.
  • ’n Fotosessie.

Stuur ‘n e-pos na info@rsg.co.za met 100-woord motivering en ‘n vollengte- en gesig-foto van haar.

Die sluitingsdatum is 2 Mei 2024 om 16:00.

Klik hier vir die bepalings en voorwaardes.

Maak die skuif na eksklusiewe Rhebokskloof

Maak ‘n ikoniese wynplaas jou nuwe tuiste. Met slegs 48 eksklusiewe erwe beskikbaar, bied die Rhebokskloof-landgoed buite die Paarl ’n landelike leefstyl op 185 ha met gevestigde wingerde, fynbos en weidingskampe.

Besoek https://www.rhebokskloof.co.za/estate/

RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV

Vanjaar vind die 28ste RSG-radiodramaskryfkompetisie plaas. Dit bied ‘n platform vir talentvolle skrywers om hulle kreatiwiteit ten toon te stel en hulle stories tot lewe te bring deur die boeiende medium van radio. Met ʼn totale pryspoel van R115 000 bied vanjaar se kompetisie aansienlike pryse vir deelnemers. Die sluitingsdatum is 30 Junie om 08:00. Klik op die hulpbronne hieronder vir meer inligting.

Klik hier om al die belangrike dokumente af te laai: https://www.rsgplus.org/rsg-atkv-2024-radiodramakompetisie

Foto's en Video's

Hazel Janse van Rensburg

Donderdag: 19:30 - 20:00

Jou verhouding met jouself is veronderstel om jou grootste prioriteit te wees. Daar is ‘n fyn balans tussen selfsorg en selfsug. Hazel Janse van Rensburg gesels met inspirasievrou, Lynette Beer, oor hoe om hierdie tema te benader.

Geen aanbieders

Donderdag: 20:00 - 21:00

‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart
Regie: Amor Tredoux
Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie… Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie… Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Elanza Swart, Ronel Geldenhuys, Stefan Vermaak, Chloe van Rooyen en Melt Sieberhagen. ’N BLOMMEKROON VIR BELINDA is die wenner in die kategorie Beste Jong Skrywer in die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Terrance April

Donderdag: 21:20 - 22:10

Luister na ’n beweging uit ‘n simfonie van Mozart wat as sy Simfonie no. 42  in F-majeur gemerk is; hoe Arleen Auger die lied, BEFORE I GAZE AT YOU AGAIN, van Loewe sing; en ’n deel uit ‘n kwartet vir vier horings van Leopold Mechura.

Eloise Pretorius

Vrydag: 05:25 - 05:55

Francois Auret het onlangs sy meesterstudie voltooi oor die uitwerking van klimaatsverandering op die sagtevrugtebedryf. Hy gee raad aan nuwe toetreders, ook aan die hand van gratis hulpmiddels wat beskikbaar gestel word deur die departement landbou in die Wes-Kaap. Die heel eerste klimaatsindaba aangebied deur die Wes-Kaapse regering is verlede maand in Kaapstad gehou. Een van die deelnemers was Karen Shippey. Sy is Hoofdirekteur: Omgewingsvolhoubaarheid by die Wes-Kaapse Departement van Omgewingsake. Sy is onder andere ‘n kenner op die gebied van geslagsgelykheid en ‘n veranderende klimaat. Dr. Diane Mostert is ‘n navorser by die departement plantpatologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy bespreek haar navorsing ten opsigte van piesangverwelking en kanola.

Lise Swart

Vrydag: 11:30 - 12:00

Die meeste van ons het roetines en strukture in plek om ons daaglikse lewe te vergemaklik. Maar wat as jy begin angstig raak wanneer hierdie roetines nie gevolg word nie, of die tyd wat dit in beslag neem, jou daaglikse lewe oorneem? Hoe weet jy jy het ‘n probleem? Ons vind meer uit oor gesonde en ongesonde obsessiewe gedrag.

Geen aanbieders

Vrydag: 14:45 - 15:00

AS DIE HADIDA ROEP deur Charles J. Fourie
Regie: Denver Vraagom
EPISODE 38:
Ryno en Barend besoek die brandweerstasie waar Barend foto’s van Manie se brandweer-manne neem vir sy skilderye met die aardbewing as tema. Wilma neem vir Marita na die ou kerk-museum waar sy haar vra om Albert te oortuig om nie sy aandeel in die galery aan dominee te verkoop nie.

Geen aanbieders

Vrydag: 19:20 - 19:30

Kika, die wag-kat.

Barrie Ferreira

Vrydag: 19:30 - 20:00

Hoe lyk die stand van Suid Afrika se demokrasie in Suid Afrika uit die oogpunt van jongmense? Neem jongmense nog deel aan die demokrasie, en hou emigrasie ‘n bedreiging in vir ons demokrasie? Barrie Ferreira bespreek hierdie kwessies met Hermann Pretorious, die hoof van strategiese kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge.

Fliekrubriek

ridley-1

Ridley (Reeks)

7/10
Daar is darem niks so lekker soos ‘n whodunit nie, of in ordentlike Afrikaans: “Wie het die moord gepleeg?”…
tracker-1

Tracker (reeks)

6/10
TRACKER op Disney+ is ‘n lekker vraatkykreeks wat sommer so oor jou vloei soos vla oor ‘n malvapoeding. Dit…

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media:

Resepte

xr:d:DAE-pbGlqHw:586,j:42318725087,t:22112720
Maandag 22 April 2024
Close Menu