{"id":145839,"date":"2026-08-05T12:00:04","date_gmt":"2026-08-05T10:00:04","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=145839"},"modified":"2026-08-05T11:53:38","modified_gmt":"2026-08-05T09:53:38","slug":"20260805t1200","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20260805t1200\/","title":{"rendered":"20260805T12:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Parlement se afsettingskomitee het aanbeveel dat advokaat Thandazani Madonsela aangestel word as sy getuienisleier. Die aanstelling moet nou deur die Parlement goedgekeur word. Die komitee het agt kandidate oorweeg wat deur parlementslede benoem is. Madonsela en advokaat Kate Hofmeyer was die finale kandidate waaroor die komitee gestem het. Madonsela het nege stemme ontvang, en Hofmeyer sewe. Die ANC, wat die meeste lede op die komitee het, het buite stemming gebly.<\/p>\n<p>Die DA in Gauteng s\u00ea hy gaan &#8216;n mosie by die provinsiale wetgewer indien vir &#8216;n debat oor die Speaker, Morakane Mosupye se omstrede oorsese reis, en voorstel dat stappe teen haar gedoen word. Die party se ontevredenheid hou verband met die vyf komma nege miljoen rand wat op &#8216;n afvaardiging na Venezuela bestee is. Die DA-leier in Gauteng, Solly Msimanga s\u00ea die reis dui enersyds op misplaaste prioriteite te midde van voortslepende diensleweringsprobleme, en andersyds op &#8216;n minagting van die regulasies aangesien die wetgewer nie vooraf ingelig is nie en daar nie toestemming vir die reis was nie.<\/p>\n<p>Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met &#8216;n gewapende roof by &#8216;n gewilde restaurant by die Mosselbaai-hawe in die Wes-Kaap. &#8216;n Polisiewoordvoerder, Chris Spies s\u00ea die verdagtes het hulle as klante voorgedoen voordat hulle personeel gedreig en met &#8216;n onbekende bedrag kontant gevlug het. Hulle sal more in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.<\/p>\n<p>Die Oekra\u00efense president, Wolodimir Zelenski s\u00ea onderskeppingsmissiele kon lewens gered het tydens die grootskaalse Russiese aanval oornag op die hoofstad, Ki\u00ebf. Die dodetal het tot minstens 17 gestyg, terwyl 44 mense ook beseer is. Volgens Zelenski is residensi\u00eble geboue, &#8216;n treinstasie en pakhuise getref. Oekra\u00efne het al herhaaldelik sy bondgenote gevra vir missielonderskeppers om ballistiese missiele te kan afskiet, en Zelenski s\u00ea vertragings in die verkryging daarvan lei tot verdere ongevalle en verwoesting.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-145839","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1200","nuus_datum":"20260805"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/145839","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=145839"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=145839"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}