{"id":145846,"date":"2026-08-05T13:45:46","date_gmt":"2026-08-05T11:45:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=145846"},"modified":"2026-08-05T13:45:46","modified_gmt":"2026-08-05T11:45:46","slug":"2026-08-05-1400","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-05-1400\/","title":{"rendered":"2026-08-05 14:00"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se Ho\u00eb Kommissaris in Indi\u00eb, Anil Sooklal, is deur die Departement van Internasionale Betrekkinge teruggeroep vir konsultasie. Di\u00e9 stap hou verband met sy ontvangs van die vorige president, Jacob Zuma in Indi\u00eb, en dat hy Zuma op &#8216;n besoek aan die Gupta broers vergesel het. Die minister, Ronald Lamola het in Pretoria aan die media ges\u00ea &#8216;n nuwe raamwerk is deur die Departement ontwikkel wat verband hou met die protokol wat in die verlede aan oudpresidente en adjunkpresidente toegestaan is oor buitelandse reise.<\/p>\n<p>Die Parlement se afsettingskomitee is ingelig dat die parlementslid en leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, deur die Parlement geskors is. Adams is vir 20 dae geskors vanaf 3 Augustus ingevolge die Wet op Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteite van die Parlement en Provinsiale Wetgewers. Die inligting is verskaf om te verduidelik waarom Adams nie teenwoordig was by die vergadering van die afsettingskomitee om te stem oor &#8216;n getuienisleier nie. Hy sal n\u00e1 sy skorsing weer by die komitee aansluit.<\/p>\n<p>Die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kulturele, Godsdiens- en Taalgemeenskappe het &#8216;n beroep op die regering gedoen om begraafplase en helde-akkers te beskerm. Die Kommissie het gereageer op die vandalisering van die graf van die stigter van die PAC, Robert Sobukwe in Robert Sobukwe-dorp, voorheen Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Dit is die tweede keer vanjaar wat di\u00e9 graf beskadig is. &#8216;n Woordvoerder van die Kommissie, Sipho Mantula s\u00ea meer moet gedoen word om plekke van kulturele belang te beskerm en te bewaar vir huidige en toekomstige geslagte.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake s\u00ea die visum van die Brasiliaanse ambassadeur in Washington is herroep. Di\u00e9 stap is in reaksie op Brasili\u00eb se weiering om visums aan twee Amerikaanse amptenare toe te staan. Die twee wou Brasili\u00eb besoek om samesprekings te voer met een van die kandidate in die presidentsverkiesing wat in Oktober plaasvind, Flavio Bolsonaro. Die BBC berig dat Brasili\u00eb nog nie die Amerikaanse president, Donald Trump se voorgestelde nuwe ambassadeur in Brasili\u00eb, Daniel Perez, aanvaar het nie. Die jongste reeks diplomatieke geskille tussen die twee lande het die afgelope maande opgevlam n\u00e1 die VSA weer handelstariewe teen Brasili\u00eb ingestel het, en die land se bendes as terreurorganisasies verklaar het.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-145846","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1400","nuus_datum":"20260805"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/145846","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=145846"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=145846"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}