{"id":145854,"date":"2026-08-05T15:41:46","date_gmt":"2026-08-05T13:41:46","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=145854"},"modified":"2026-08-05T15:41:46","modified_gmt":"2026-08-05T13:41:46","slug":"2026-08-05-1600","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-05-1600\/","title":{"rendered":"2026-08-05 16:00"},"content":{"rendered":"<p>Die bestuurshoof van Agri Oos-Kaap, Brent McNamara, s\u00ea die swak paaie in die provinsie het &#8216;n regstreekse negatiewe uitwerking op voedselsekerheid en die plaaslike ekonomie. McNamara het by die Agri Oos-Kaap kongres in Jeffereysbaai ges\u00ea die regering moet dringend aandag gee aan die paaie in die provinsie. Hy s\u00ea die padnetwerk is die slagare van die landbousektor, en as die paaie onbegaanbaar is, kan die sektor nie funksioneer nie. Hy s\u00ea in samesprekings met die premier, en die LUR&#8217;e vir Landbou en Vervoer, was daar eenstemmigheid dat die landbougemeenskap in &#8216;n moeilike posisie is.<\/p>\n<p>Suid-Afrika se Ho\u00eb Kommissaris in Indi\u00eb, Anil Sooklal, is deur die Departement van Internasionale Betrekkinge teruggeroep vir konsultasie. Di\u00e9 stap hou verband met sy ontvangs van die vorige president, Jacob Zuma in Indi\u00eb, en dat hy Zuma op &#8216;n besoek aan die Gupta broers vergesel het. Die minister, Ronald Lamola het in Pretoria aan die media ges\u00ea &#8216;n nuwe raamwerk is deur die Departement ontwikkel wat verband hou met die protokolre\u00eblings wat in die verlede aan oudpresidente en adjunkpresidente toegestaan is oor buitelandse reise. Lamola s\u00ea ingevolge di\u00e9 nuwe raamwerk wat deur die Presidensie en die Departement ontwikkel is, sal oudpresidente en adjunkpresidente voortaan verplig wees om alle besonderhede oor voorgenome buitelandse reise bekend te maak.<\/p>\n<p>Die administrateur van die Nasionale Studente Finansi\u00eble Hulpskema, Hlengani Mathebula s\u00ea alles is in die stryd gewerp om probleme by die Skema op te los. Dit was die derde keer sedert 2018 wat die staat by die Skema moes ingryp. Mathebula s\u00ea hy het die afgelope drie maande met meer as 20 rolspelers beraadslaag, insluitend universiteite, studente en vakbonde. Hy het gister &#8216;n plan om bestenigheid te bevorder, aan die Minister van Ho\u00ebr Onderwys en Opleiding oorhandig. Mathebula s\u00ea die plan sluit onder meer in dat meer as 70 duisend studente wat aan die NSFAS-kriteria voldoen, toegelaat word om te registreer. Hy s\u00ea sekere kategorie\u00eb studente by Universiteite van Tegnologie en Unisa moes wag tot die Skema toestemming gee dat hulle mag registreer.<\/p>\n<p>Die 51-jarige Mohamed Seedad van Lenasia in Gauteng is tot vyf jaar tronksraf gevonnis weens die besit van smokkelsigarette. Seedat is in die Protea landdsroshof skuldig bevind aan die oortreding van die Wet op Doeane en Aksyn. Seedad is in April 2024 in hegtenis geneem nadat smokkelsigarette ter waarde van 71 duisend rand in sy besit gevind is. Die vonnis van vyf jaar is in die geheel opgeskort vir vyf jaar. Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom en s\u00ea hy bly daartoe verbind om saam met ander wetstoepassers te werk om doeane-verwante misdaad te bestry en die integriteit van die land se fiskale en regulatoriese stelsels te beskerm.<\/p>\n<p>Die watervlak van die Rynrivier in Duitsland het tot &#8216;n nuwe rekordvlak gedaal. Die land se binnelandse skeepsvaartagentskap s\u00ea sommige vragvervoerdienste word gestaak, terwyl sommige met verminderde vrag per vaartuig voortgaan. Die vlak water beteken dat van die bote slegs 20 persent van hulle normale lading kan vervoer. Die Rynrivierroete word gebruik vir die vervoer van kommoditeite soos graan, brandstof en erts. Onlangs is berig dat soortgelyke probleme ook op die Donau-rivier voorkom.<\/p>\n<p>Die Australiese regering het aangekondig dat hy die oorgang na hernubare energie gaan versnel. Dit sluit in dat die koste om sonpanele te installleer by fabrieke, pakhuise, sakeondernemings en op plase met &#8216;n vyfde besnoei word. Met di\u00e9 beleid word bestaande maatre\u00ebls vir individue ook uitgebrei. Sowat &#8216;n derde van alle huise in Australi\u00eb gebruik sonkrag, wat die hoogste proporsie ter w\u00eareld is, en die verskaf &#8216;n tiende van Austali\u00eb se energie. Die land se Minister van Klimaatverandering en Energie, Chris Bowen het in Canberra ges\u00ea die groter subsidies en afslag is &#8216;n onmiddellike besnoeiing van die koste van energie. Hy s\u00ea dit vergroot die land se hernubare energievoorsiening en verlaag die afhanklikheid van steenkoolaanlegte.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-145854","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1600","nuus_datum":"20260805"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/145854","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=145854"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=145854"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}