{"id":145863,"date":"2026-08-05T20:17:49","date_gmt":"2026-08-05T18:17:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=145863"},"modified":"2026-08-05T20:17:49","modified_gmt":"2026-08-05T18:17:49","slug":"2026-08-05to1900","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-05to1900\/","title":{"rendered":"2026-08-05TO19:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Parlement het twee lede van die Nasionale Vergadering geskors nadat hulle skuldig bevind is aan die oortreding van die Parlement se Kode vir Etiese Gedrag, en Openbaarmaking van Lede se Belange. Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het die kode oortree toe hy die persoonlike besonderhede van &#8216;n DA-personeellid op Facebook geplaas het. Hy mag vir 20 parlement\u00eare dae nie debatte en komiteevergaderings bywoon nie, en sy salaris sowel as toelaes word vir di\u00e9 tydperk verminder. Die MK-party-parlementslid, David Skosana, het op sy beurt nagelaat om &#8216;n direkteurskap in &#8216;n maatskappy te verklaar, en is &#8216;n boete van 15-duisend rand opgel\u00ea. Hy is ook skuldig bevind aan die verbale intimidasie van &#8216;n Newzroom Afrika-joernalis na &#8216;n onderhoud in die Parlement, en is vir 15 dae geskors. Sy salaris en toelaes word in die tydperk verminder.<\/p>\n<p>President Cyril Ramaphosa staan &#8216;n dringende direkte app\u00e8l na die Konstitusionele Hof deur die Afsettingskomitee en politieke partye teen. Hulle soek duidelikheid oor die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof sowat twee weke gelede, wat beveel het dat die komitee sy werk staak hangende Ramaphosa se aansoek vir die hersiening van &#8216;n Artikel 89 onafhanklike paneelverslag. Die aansoek word in September aangehoor. Die Afsettingskomitee het by die ATM, EFF en MK-party aangesluit, en voer onder meer in hul betoog aan dat hul duidelikheid wil h\u00ea oor die hofbevel wat &#8216;n uitspraak van die Konstitusionele Hof omvergewerp het. Hulle bevraagteken die hooggereghof se jurisidiksie om &#8216;n grondwetlike aangeleentheid soos die betrokke een te hanteer. Die President s\u00ea in sy be\u00ebdigde verklaring, die applikante dui nie aan dat hul aansoeke dringend is nie, en hulle bied nie argumente aan vir direkte toegang tot die Konstitusionele Hof nie. Ramaphosa s\u00ea dit is nie in belang van geregtigheid om app\u00e8l toe staan teen &#8216;n tussentydse bevel nie.<\/p>\n<p>Die energiereus, Sasol, het &#8216;n strategiese ooreenkoms met &#8216;n toonaangewende groenwaterstof-tegnologiemaatskappy, Envision Group, onderteken om sy Suid-Afrikaanse fasiliteite te herontwikkel in laekoolstof-sentrums. Envision is &#8216;n multinasionale maatskappy vir groentegnologie, met sy hoofkwartier in Sjanghai, China. Die ooreenkoms is gefinaliseer tydens die tweedaagse Elektrisiteits- en Energiekonferensie wat tans in Beijing in China plaasvind. Die minister van Elektristeit, Kgosientsho Ramokgopa, het die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die ondertekeningseremonie gelei.<\/p>\n<p>Die polisie in KwaZulu-Natal s\u00ea minstens 80 mense wat deelgeneem het aan &#8216;n betoging teen onwettige immigrasie, word aangehou by die polisiestasie in Greyton vir ondervraging en verdere ondersoek. Minstens drie mense is beseer in die betoging wat by Kranskop plaasgevind het. Die polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, s\u00ea berigte is ontvang dat verskeie winkels tydens die betoging geplunder is. Hy het benadruk dat betogers nie die reg in eie hande kan neem nie.<\/p>\n<p>Argeolo\u00eb in Rome het afgekom op &#8216;n gebou uit die tweede eeu wat die barakke van antieke Romeinse brandbestryders kan wees. Vyf van die gebou se agt vertrekke is reeds volledig opgegrawe in die Villa Celimontana park. Die argeolo\u00eb het mosa\u00efek gevind wat &#8216;n dolfyn, &#8216;n vis en &#8216;n kreef uitbeeld, sowel as &#8216;n beskilderde plafon. Die mosa\u00efek is soortgelyk aan die wat vantevore in Ostia by barakke opgegrawe is. Die argelo\u00eb s\u00ea in &#8216;n verklaring, as die hipotese bevestig word, kan dit belangrike insig bied oor milit\u00eare komplekse in die tyd van die Romeinse Ryk.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-145863","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1900","nuus_datum":"20260805"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/145863","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=145863"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=145863"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}