{"id":146312,"date":"2026-08-11T08:00:49","date_gmt":"2026-08-11T06:00:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=146312"},"modified":"2026-08-11T08:10:36","modified_gmt":"2026-08-11T06:10:36","slug":"20260811t0800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20260811t0800\/","title":{"rendered":"20260811T08:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Parlement se komitee vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal vandag die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture, ook bekend as die Koalisiewetsontwerp, bespreek. Die wetstontwerp poog om &#8216;n raamwerk te skep vir die samestelling en bestuur van koalisieregerings in munisipaliteite, insluitend dat dat daar &#8216;n geskrewe koalisie-ooreenkoms moet wees wat vir vyf jaar van krag is. Die wetsontwerp beoog ook om die aanstelling te beperk van munisipale ampsdraers wat nie die nodige ervaring, vaardighede of kwalifikasies het nie. Cosatu se parlement\u00eare ko\u00f6rdineerder, Matthew Parks, s\u00ea kwalifikasies is belangrik vir ingewikkelde munisipale kwessies.<\/p>\n<p>Die Madlanga-kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels s\u00ea dit is onwaarskynlik dat die parlementslid en leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, vandag voor die kommissie sal getuig. Adams het &#8216;n dagvaarding ontvang om vandag voor die kommissie te verskyn. Michaels s\u00ea egter die getuienisleiers het eers gisteraand Adams se be\u00ebdigde verklaring en ander dokumente ontvang. Volgens Michaels sal die getuienisleiers na verwagting vra vir uitstel sodat hulle tyd het om die dokumente te bestudeer en Adams te raadpleeg voordat hy getuig. Adams is in getuienis voor die kommissie betrek by &#8216;n Artikel 27-be\u00ebdigde verklaring wat gelei het tot die inhegtenisneming van sewe senior Misdaadintelligensiebeamptes.<\/p>\n<p>Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het inwoners in ho\u00ebrisiko-gebiede gemaan om waaksaam te bly en nie-noodsaaklike reise te beperk te midde van gure winterweer en swaar sneeu in dele van die land. Sneeu, re\u00ebn en koue weer in dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat het verkeer ontwrig en tot die sluiting van belangrike roetes gelei. Hlabisa het in &#8216;n verklaring ges\u00ea dat die departement, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Weerdiens en ander plaaslike regeringstrukture, sal voortgaan om ontwikkelings noukeurig te monitor en geko\u00f6rdineerde reaksie- en hulpverleningspogings in die gebiede wat geraak word, te ondersteun.<\/p>\n<p>Die saak teen die vermeende misdaadbaas, Nafiz Modack word vandag in die Hooggeregshof in Kaapstad hervat. Modack en 14 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 100 aanklagte, insluitend geldwassery, afpersing en rampokkery. Hulle word ook aangekla van die moord op die speurder, Charl Kinnear in 2020. Een van beskuldigdes sal vandag met sy getuienis voortgaan.<\/p>\n<p>Die Turkse parlement het &#8216;n regsraamwerk goedgekeur vir die ontbinding van die Koerdiese militantegroep, die PKK. Dit word beskou as &#8216;n belangrike stap om &#8216;n dekades lange konflik te be\u00ebindig, wat meer as 40-duisend lewens ge\u00ebis het. Die wetgewing bied beskerming aan voormalige vegters wat nie spesifieke misdade gepleeg het nie, en kan lei tot die opskorting van vonnisse vir diegene wat tronkstraf uitdien omdat hulle lede van die PKK was. Dit is die Turkse regering se mees konkrete stap sedert die leier van die PKK, Abdulla Ocalan in Februarie verlede jaar &#8216;n beroep op die groep gedoen het om te ontwapen en te ontbind. Die PKK het in Mei verlede jaar aangekondig dat hy sy gewapende stryd sal be\u00ebindig. Koerdiese politici waarsku egter dat blywende vrede verdere demokratiese en regshervormings sal vereis.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-146312","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0800","nuus_datum":"20260811"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/146312","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=146312"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=146312"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}