{"id":146637,"date":"2026-08-17T14:00:05","date_gmt":"2026-08-17T12:00:05","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=146637"},"modified":"2026-08-17T13:22:05","modified_gmt":"2026-08-17T11:22:05","slug":"2026-08-17t1400","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-17t1400\/","title":{"rendered":"2026-08-17T14:00"},"content":{"rendered":"<p>Die voorsitter van die ad hoc-komitee wat korrupsie en politieke inmenging in die polisie en regstelsel ondersoek, Soviet Lekganyane, s\u00ea die komitee kan moontlik inligting van die Madlanga-kommissie versoek. Die komitee stel sy voorlopige verslag saam, maar volgens Lekganyane gaan hy hom nie beperk tot inligting wat hy self onthul het nie. Lekganyane s\u00ea getuies kan gevra word vir reaskie op inligting opgediep deur die kommissie. Die ad hoc-komitee oorweeg dit ook om die kommissie te vra om dokumente met hom te deel.<\/p>\n<p>Die vermeende misdaadbaas, Vusimusi Cat Matlala het ontken dat hy &#8216;n vriendskapsverhouding met die beleerde minister van polisie, Senzo Mchunu het. Matlala het vanoggend voor die Madlanga kommissie begin getuig oor sy bande met senior polisieamptenare, misdaadbase en sy sakeondernemings. Matlala het na bewering verskeie mense namens Mchunu befonds om verlede jaar die ANC se bestaansvieringe by te woon.<\/p>\n<p>Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het borgtog geweier aan Peet Viljoen &#8212; &#8216;n prokureur wat van die rol geskrap is. Hy staan tereg op 400 aanklagte wat bedrog, diefstal, vervalsing en korrupsie insluit. Viljoen word daarvan beskuldig dat hy 46 staatseiendomme van die Johannesburg Eiendomsmaatskappy op &#8216;n bedrieglike manier verkoop het. Die bedrogklagte beloop sowat 27-miljoen rand. Die saak is uitgestel tot 4 September.<\/p>\n<p>&#8216;n Klein groep aktiviste wat teen ongedokumenteerde buitelanders betoog, het buite die Durbanse stadsaal byeengekom. Die polisie s\u00ea hulle het voorberei vir ongeveer 10-duisend mense wat sou deelneem aan die optog onder leiding van March and March. Die groep wil sy griewe oor immigrante aan die leiers by die beraad van die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap oordra. Hulle beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy mense van ander lande voor di\u00e9 van Suid-Afrikaners plaas.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-146637","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1400","nuus_datum":"20260817"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/146637","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=146637"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=146637"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}