{"id":147467,"date":"2026-08-17T16:00:27","date_gmt":"2026-08-17T14:00:27","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=147467"},"modified":"2026-08-17T15:42:42","modified_gmt":"2026-08-17T13:42:42","slug":"2026-08-17t1600","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-17t1600\/","title":{"rendered":"2026-08-17T16:00"},"content":{"rendered":"<p>Die DA het sy ses burgemeesterskandidate in die Oos-Kaap bekend gestel in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. In Nelson Mandelabaai is die professionalisering van die munisipaliteit die hoofoogmerk. In die ander munisipaliteite word gefokus op beleggings, werkskepping, basiese dienslewering en infrastruktuur. Die party is vol vertroue dat hy volstrekte meerderhede in die Beyers Naude-, Blue Crane Roete-, InxubaYethemba-, Makana- Kouga- en Nelson Mandelabaai-munisipaliteite. Die burgemeesterskandidaat vir Nelson Mandelabaai, Retief Odendaal s\u00ea vakante poste in senior bestuur het bygedra tot wat hy beskryf as die verlamming van die munisipaliteit. Kouga is die enigste munisipaliteit in die Oos-Kaap waar die DA &#8216;n volstrekte meerderheid het. Kouga se huidige burgemeester, Hatting Bornman, s\u00ea die DA het die afgelope tien jaar baie gedoen in die munisipaliteit, maar dat die party nog beter wil doen.<\/p>\n<p>Die vermeende misdaadbaas Vusimuzi &#8220;Cat&#8221; Matlala het aan die Madlanga-kommissie ges\u00ea dat hy nie kommentaar sal lewer oor die beweerde aflewering van Impalas aan die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, nie. Matlala s\u00ea die opnames wat met die aangeleentheid verband hou, word ondersoek en dat hy homself nie wil inkrimineer nie. Volgens &#8216;n opname wat verlede jaar voor die kommissie gespeel is, het Matlala na bewering 20 Impalas by Sibiya se plaas afgelewer. Matlala, wie se getuienis deur advokaat Mahlape Sello gelei is, s\u00ea hy was nie bewus van die opnames toe hy sy be\u00ebdigde verklaring afgel\u00ea het nie en het eers daarna na die klankopname geluister.<\/p>\n<p>Die Wes-Kaapse regering s\u00ea 215-duisend hektaar plantegroei is die afgelope brandseisoen deur veldbrande vernietig, terwyl ongeveer 53-duisend hektaar in die Cederberg-wildernisgebied afgebrand het. Die provinsiale minister van plaaslike regering, Anton Bredell, het egter beklemtoon dat die uitdaging om brande te bestry, verder strek as net veldbrande. Hy s\u00ea struktuurbrande het ook groot skade in verskeie gemeenskappe aangerig. Volgens Bredell skep sekere boumateriale en -tegnologie\u00eb soos battery-energiebergingstelsels nuwe risiko&#8217;s vir brandbestryders.<\/p>\n<p>President Cyril Ramaphosa het in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, &#8216;n beroep op sy eweknie\u00eb in die streek gedoen om besluite wat tydens vorige vergaderings geneem is, uit te voer. Hy het gepraat nadat hy vroe\u00ebr vandag die voorsitterskap van die streeksliggaam by sy 46ste beraad in Durban oorgeneem het. Die vergadering van die S.A.O.G-staatshoofde en regeringsleiers word ook bygewoon deur diplomate van die liggaam se 16 lidlande. Ramaphosa s\u00ea die strewe na streeksintegrasie moet &#8216;n werklikheid word.<\/p>\n<p>Iran s\u00ea dat hy spanning in die Midde-Ooste gaan verskerp indien diplomasie met die VSA niks oplewer nie. Di\u00e9 opmerkings spruit uit &#8216;n nuwe beleid waarvolgens Iran meer gaan steun op aanval as verdediging. Iranse beamptes s\u00ea dat nuwe sperdatums aan die VSA oorgedra word, insluitend &#8216;n eis dat die VSA die memorandum van verstandhouding binne die volgende paar weke implimenteer. Iran s\u00ea ook dat hy nie onbepaald Amerikaanse versperring van sy hawens gaan duld nie.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-147467","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1600","nuus_datum":"20260817"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/147467","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=147467"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=147467"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}