{"id":150050,"date":"2026-08-17T18:00:18","date_gmt":"2026-08-17T16:00:18","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=150050"},"modified":"2026-08-17T17:33:32","modified_gmt":"2026-08-17T15:33:32","slug":"2026-08-17t1800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-17t1800\/","title":{"rendered":"2026-08-17T18:00"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC Koukus het gevra vir die onmiddellike verwydering van die DA LP, Mark Burke uit alle finansies-verwante komitees. Burke dien in die Parlement\u00eare Staande Kommissies oor Toewysings en Finansies. Bewerings teen Burke volg na &#8216;n be\u00ebdigde verklaring van die Reserwebank wat verband hou met die sakebedrywighede van Kastelo, &#8216;n finansi\u00eble tegnologie-maatskappy wat Burke gestig het. Die bewerings hou verband met die verskuiwing van valuta na ander lande en die moontlike omseiling van die land se valutabeheerwetgewing. &#8216;n Bedrag van vier miljard rand word in die be\u00ebdigde verklaring genoem.<\/p>\n<p>Die Madlanga-kommisie het gehoor dat die Minister van Polisie op spesiale verlof, Senzo Mchunu na bewering wou gehad het dat die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan hoof van die afdeling word. Dit is volgens die sakeman en poging tot moord-verdagte, Vusimuzi &#8216;Cat&#8217; Matlala. Hy het aan die kommissie ges\u00ea dat die gewese polisieminister, Bheki Celi hom oor die plan ingelig het om Khan te bevorder. Volgens Matalala het Cele aan hom ges\u00ea dat Mchunu, Dumisani Khumalo as Misdaadintelligensie-hoof wou verwyder en hom met Khan vervang.<\/p>\n<p>Die Tshwane Metropolisie het bevestig dat een van sy konstabels in hegtenis geneem is in verband met bewerings van bedrog. Hy is Vrydag deur die Valke aangekeer en bly in aanhouding tot hy later vandeesweek in die hof verskyn. Die metropolisie se woordvoerder, Isaac Mahamba, sy inhegtenisneming volg op beeldmateriaal van die konstabel wat op sosiale media gedeel is. Mahamba s\u00ea meer besonderhede kan nie bekendgemaak word nie omdat die ondersoek nog aan die gang is. Hy s\u00ea &#8216;n interne dissiplin\u00eare ondersoek is reeds gedoen en die TMPD skakel nie sy skorsing uit nie, hangende die uitslag van die ondersoek.<\/p>\n<p>&#8216;n Vragmotorbestuurder is by die Oshoek-grenspos tussen Suid-Afrika en Eswatini in hegtenis geneem vir die besit van dagga ter waarde van meer as vier miljoen rand. Die polisiewoordvoerder van Mpumalanga, Mpho Nonyane-Mpe, s\u00ea die polisie het roetine-ondersoeke gedoen toe hulle op 49 sakke dagga met &#8216;n gewig van 630 kilogram in &#8216;n vragmotor afgekom het. Nonyane-Mpe s\u00ea hulle het ook beslag gel\u00ea op die vragmotor wat Eswatini-registrasienommers gehad het.<\/p>\n<p>Twee Kongolese burgers wat in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering probeer het om ongemagtigde toegang tot die 46ste SAOG-beraad in Durban te kry, het in die Durbanse landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van onder meer bedrog en oortreding van die Polisiewet deur die onwettige betreding van &#8216;n beperkte gebied. Die twee het aan die hof ges\u00ea dat hulle in Suid-Afrika was as deel van &#8216;n afvaardiging van &#8216;n Kongolese minister.<\/p>\n<p>Die dodetal n\u00e1 die veerbootramp op die Kariba-meer in Zimbabwe het tot twee-en-negentig gestyg. Die Zimbabwiese polisie s\u00ea dat daar sedert 11 Augustus vier bote en meer as veertig lede van die polisie se duikeenheid, asook ander hulpbronne ontplooi is vir die soek- en reddingspogings. Volgens die polisie het hulle ook bystand verleen aan staatsagentskappe en ander belanghebbendes met die uitkenning van die slagoffers.<\/p>\n<p>&#8216;n Russiese opposie-politikus is tot elf jaar tronkstraf gevonnis vir opmerkings teen die Oekra\u00efense oorlog. Lev Shlosberg het die oorlog as &#8216;n ramp vir Rusland bestempel. Hy is skuldig bevind daaraan dat hy die gewapende magte in oneer bring en waninligting versprei. Shlosberg is die adjunkvoorsitter van die liberale Jobloko-party. Die Russiese hooggeregshof het &#8216;n week gelede beslis dat Joboko nie aan die parlementsverkiesing volgende maand mag deelneem nie. Di\u00e9 hof het die party ook verlof tot app\u00e8l teen di\u00e9 beslissing geweier.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-150050","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1800","nuus_datum":"20260817"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/150050","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=150050"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=150050"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}