{"id":157460,"date":"2026-08-17T23:00:49","date_gmt":"2026-08-17T21:00:49","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=157460"},"modified":"2026-08-17T22:51:08","modified_gmt":"2026-08-17T20:51:08","slug":"20260817t2300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20260817t2300\/","title":{"rendered":"20260817T23:00"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC Koukus het gevra vir die onmiddellike verwydering van die DA LP, Mark Burke uit alle Parlement\u00eare komitees oor finansies. Burke dien in die Staande Kommissies oor Toewysings \u00e9n Finansies. Bewerings teen Burke volg na &#8216;n be\u00ebdigde verklaring van die Reserwebank wat verband hou met die sakebedrywighede van Kastelo, &#8216;n finansi\u00eble tegnologie-maatskappy wat Burke gestig het. Die bewerings hou verband met die verskuiwing van valuta na ander lande en die moontlike omseiling van die land se valutabeheerwetgewing. &#8216;n Bedrag van vier miljard rand word in die be\u00ebdigde verklaring genoem.<\/p>\n<p>Die vermeende misdaadbaas Vusimuzi &#8220;Cat&#8221; Matlala het aan die Madlanga-kommissie ges\u00ea dat hy nie kommentaar sal lewer oor die beweerde aflewering van Impalas aan die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris vir misdaadopsporing, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, nie. Matlala s\u00ea die opnames wat met die aangeleentheid verband hou, word ondersoek en dat hy homself nie wil inkrimineer nie. Volgens &#8216;n opname wat verlede jaar voor die kommissie gespeel is, het Matlala na bewering 20 Impalas by Sibiya se plaas afgelewer. Matlala, wie se getuienis deur advokaat Mahlape Sello gelei word, s\u00ea hy was nie bewus van die opnames toe hy sy be\u00ebdigde verklaring afgel\u00ea het nie en het eers daarna na die klankopname geluister.<\/p>\n<p>Die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het borgtog geweier aan Peet Viljoen &#8212; &#8216;n prokureur wat van die rol geskrap is. Hy staan tereg op 400 aanklagte wat bedrog, diefstal, vervalsing en korrupsie insluit. Viljoen word daarvan beskuldig dat hy 46 staatseiendomme van die Johannesburg Eiendomsmaatskappy op &#8216;n bedrieglike manier verkoop het. Die bedrogklagte beloop sowat 27-miljoen rand. Die saak is uitgestel tot 4 September.<\/p>\n<p>&#8216;n Vragmotorbestuurder is by die Oshoek-grenspos tussen Suid-Afrika en Eswatini in hegtenis geneem vir die besit van dagga ter waarde van meer as vier miljoen rand. Die polisiewoordvoerder van Mpumalanga, Mpho Nonyane-Mpe, s\u00ea die polisie het roetine-ondersoeke gedoen toe hulle op 49 sakke dagga met &#8216;n gewig van 630 kilogram in &#8216;n vragmotor afgekom het. Nonyane-Mpe s\u00ea hulle het ook beslag gel\u00ea op die vragmotor wat Eswatini-registrasienommers gehad het.<\/p>\n<p>Die dodetal n\u00e1 die veerbootramp op die Kariba-meer in Zimbabwe het tot twee-en-negentig gestyg. Die Zimbabwiese polisie s\u00ea dat daar sedert 11 Augustus vier bote en meer as veertig lede van die polisie se duikeenheid, asook ander hulpbronne ontplooi is vir die soek- en reddingspogings. Volgens die polisie het hulle ook bystand verleen aan staatsagentskappe en ander belanghebbendes met die uitkenning van die slagoffers.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-157460","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2300","nuus_datum":"20260817"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/157460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=157460"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=157460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}