{"id":161568,"date":"2026-08-18T06:57:52","date_gmt":"2026-08-18T04:57:52","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=161568"},"modified":"2026-08-18T06:57:52","modified_gmt":"2026-08-18T04:57:52","slug":"2026-08-18-0700","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-18-0700\/","title":{"rendered":"2026-08-18 07:00"},"content":{"rendered":"<p>President Cyril Ramaphosa s\u00ea die sukses van die 46ste SAOG-beraad, sal gemeet word aan die impak wat dit op die lewens van die 16 lidlande se mense het. Ramaphosa het die beraad van staats- en regeringshoofde gisteraand in Durban afgesluit. Hy s\u00ea sy voorsitterskap sal gewy word aan die inwerkingstelling van die resolusies wat by die beraad aanvaar is. Hy s\u00ea die sukses kan nie gemeet word aan die getal vergaderings nie, maar moet gemeet word aan die kilometers spoorlyne wat herstel word, die megawatt elektrisiteit wat opgewek en versprei word, die verbetering van handel in die streek, en die werksgeleenthede wat geskep word. Hy s\u00ea die meetbare uitkomste moet die nuwe fase van die SAOG se ontwikkeling inlui.<\/p>\n<p>Die Parlement\u00eare Portefeulje Komitee oor Ho\u00ebr Onderwys het sy kommer uitgespreek oor die stygende koste van studenteverblyf en gewaarsku dat dit bykomende druk plaas op die Studentefinansieringskema, NSFAS. Die komitee s\u00ea die skema het &#8216;n befondsingstekort van 15 miljard rand en dat sy befondsingverpligtinge die toekenning oorskry wat hy van die Nasionale Tesourie ontvang. Die Skema bestee sowat 17 miljard rand per jaar aan studentebehuising. Die komitee se voorsitter, Tebogo Letsie s\u00ea die kostes is onvolhoubaar.<\/p>\n<p>Die Care-beweging in Kaapstad het &#8216;n veldtog van stapel gestuur teen planne om &#8216;n veiligheidsmuur langs die N2 naby die Kaapstad Internasionale Lughawe te bou. Die Kaapstad Metro wil met die voorgestelde muur misdaad in die gebied bekamp deur &#8216;n fisieke grens op te rig tussen die snelweg en &#8216;n nabygele\u00eb informele nedersetting. Die groep s\u00ea die 115 miljoen rand wat vir die bou van die muur geoormerk is moet liewer gebruik word vir behuising, die lewering van basiese dieste en die verbetering van gemeenskapsveiligheid. Die organisasie se ko\u00f6rdineerder, Nkosikhona Swaartbooi s\u00ea hulle besef dat dit &#8216;n ho\u00eb misdaad-risikogebied is vir motoriste wat die snelweg gebruik, maar dat die behoeftes van die inwoners van die informele nedersetting ook in ag geneem moet word.<\/p>\n<p>&#8216;n Tweede verdagte sal vandag in die Boksburg-landdroshof aan die Oos-Rand verskyn in verband met die skietery vroe\u00ebr die maand in Reigerpark. Vier mense, insluitend twee lede van die polisie se teenbende-eenheid en twee vroue is in die voorval doodgeskiet. Die tweede verdagte is Sondag in hegtenis geneem nadat die polisie wenke van die gemeenskap ontvang het. Die ander verdagte, die 23-jarige beweerde bendeleier Cheslyn Collins het verlede week in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die moorde. Hy was uit op parool ten tye van die skietvoorval.<\/p>\n<p>&#8216;n Man en vrou verskyn vandag in die Athlone landdroshof in Kaapstad op &#8216;n aanklag van moord nadat die liggaam van &#8216;n vyf-jarige meisie die naweek naby Nyanga op die Kaapse Vlakte gevind is. Die twee, waarvan een glo &#8216;n familielid van die vermoorde kind is, is gister in hegtenis geneem. Volgens die polisie het die meisie &#8216;n steekwond aan haar nek gehad.<\/p>\n<p>&#8216;n Vragskip is volgens berigte aan die Somaliese kus gekaap. In &#8216;n boodskap s\u00ea die bemanning van die vaartuig dat agt gewapende mans aan boord gegaan en beheer oor die skip oorgeneem het. Die waters in die gebied is bekend vir skeepskapings waarna seerowers miljoene dollars as losprys eis. Die voorvalle het aansienlik afgeneem nadat veiligheidsmaatre\u00ebls getref is maar het weer toegeneem nadat patrollies in die gebied na die Rooisee verskuif het waar skepe deur Hoethi-rebelle aangeval word.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-161568","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0700","nuus_datum":"20260818"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/161568","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=161568"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=161568"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}