{"id":161569,"date":"2026-08-18T07:52:24","date_gmt":"2026-08-18T05:52:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=161569"},"modified":"2026-08-18T07:52:24","modified_gmt":"2026-08-18T05:52:24","slug":"2026-08-18-0800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-08-18-0800\/","title":{"rendered":"2026-08-18 08:00"},"content":{"rendered":"<p>Deurslaggewende salarisonderhandelings in die padvragsektor word *vandag hervat by die Sentrale Bedingingsraad. Vroe\u00ebre samesprekings tussen die vakbond SATAWU en die Padvragvereniging oor vragmotorbestuurders se salarisse het op &#8216;n dooiepunt uitgeloop. Die nuwe onderhandelings sal oor twee dae strek. Vragmotorbestuurders wat lede van SATAWU is, het reeds &#8216;n stakingsertifikaat van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie bekom. Dit wakker vrese aan vir &#8216;n landwye ontwrigting van die voorsieningsketting. Die vakbond eis &#8216;n ooreenkoms van drie jaar wat met &#8216;n verhoging van sewe komma vyf persent begin, terwyl die werkgewer &#8216;n algemene verhoging van drie komma sewe persent aanbied. SATAWU se woordvoerder, Amanda Tshemese, s\u00ea indien die onderhandelings skipbreuk ly sal &#8216;n beskermde landwye staking die vervoer van goedere landwyd tot stilstand dwing.<\/p>\n<p>President Cyril Ramaphosa s\u00ea die sukses van die 46ste SAOG-beraad, sal gemeet word aan die impak wat dit op die lewens van die 16 lidlande se mense het. Ramaphosa het die beraad van staats- en regeringshoofde gisteraand in Durban afgesluit. Hy s\u00ea sy voorsitterskap sal gewy word aan die inwerkingstelling van die resolusies wat by die beraad aanvaar is. Hy s\u00ea die sukses kan nie gemeet word aan die getal vergaderings nie, maar moet gemeet word aan die kilometers spoorlyne wat herstel word, die megawatt elektrisiteit wat opgewek en versprei word, die verbetering van handel in die streek, en die werksgeleenthede wat geskep word. Hy s\u00ea die meetbare uitkomste moet die nuwe fase van die SAOG se ontwikkeling inlui.<\/p>\n<p>Die Parlement\u00eare Portefeuljekomitee oor Ho\u00ebr Onderwys het sy kommer uitgespreek oor die stygende koste van studenteverblyf en gewaarsku dat dit bykomende druk plaas op die Studentefinansieringskema, NSFAS. Die komitee s\u00ea die skema het &#8216;n befondsingstekort van 15 miljard rand en dat sy befondsingverpligtinge die toekenning oorskry wat hy van die Nasionale Tesourie ontvang. Die Skema bestee sowat 17 miljard rand per jaar aan studentebehuising. Die komitee se voorsitter, Tebogo Letsie s\u00ea die kostes is onvolhoubaar.<\/p>\n<p>&#8216;n Tweede verdagte sal vandag in die Boksburg-landdroshof aan die Oos-Rand verskyn in verband met die skietery vroe\u00ebr die maand in Reigerpark. Vier mense, insluitend twee lede van die polisie se teenbende-eenheid en twee vroue is in die voorval doodgeskiet. Die tweede verdagte is Sondag in hegtenis geneem nadat die polisie wenke van die gemeenskap ontvang het. Die ander verdagte, die 23-jarige beweerde bendeleier Cheslyn Collins het verlede week in die hof verskyn op aanklagte wat verband hou met die moorde. Hy was uit op parool ten tye van die skietvoorval.<\/p>\n<p>&#8216;n Polisiebeampte van Kaapstad verskyn vandag in die Mitchells Plain-landdroshof nadat hy in hegtenis geneem is in verband met korrupsie. Hy is na bewering betrap met smokkelware en kontant in die aanhoudingselle van die polisiestasie in Mitchells Plain. . Die polisiewoordvoerder Wesley Twigg s\u00ea die sersant is op heterdaad betrap toe hy na bewering geld aanvaar het om dagga en tabak in die selle in te smokkel.<\/p>\n<p>Die Zambiese president, Hakainde Hichilema, is vir &#8216;n tweede termyn herkies. Volgens die uitslae wat in die vroe\u00eb oggendure bekend gemaak is, het hy sowat 60 persent van die stemme gekry, teenoor die 38 persent van sy naaste teenstander, Brian Mundubile. Die 64-jarige Hichilema het sy verkiesingsveldtog gebaseer op die ekonomiese herstel sedert hy in 2021 aan bewind gekom het. Zambi\u00eb is weens sy groot koperneerslae, die fokus van mededinging tussen die VSA en China.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-161569","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0800","nuus_datum":"20260818"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/161569","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=161569"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=161569"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}