{"id":168567,"date":"2026-09-02T12:00:13","date_gmt":"2026-09-02T10:00:13","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=168567"},"modified":"2026-09-02T12:47:36","modified_gmt":"2026-09-02T10:47:36","slug":"20260902t1200","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20260902t1200\/","title":{"rendered":"20260902T12:00"},"content":{"rendered":"<p>Die veroordeelde moordenaar Rassie Nkuna en die voormalige polisiebeampte, Jacob Chega, is tot vier keer lewenslange tronkstraf elk gevonnis vir die moord op die egpaar, Lucky Mogashoa en sy swanger vrou, Sabeliwe. Hulle is in die hooggeregshof in Pretoria gevonnis in verband met die moord op die egpaar in Mei 2022 op die N12 naby die Etwatwa-afrit in Ekurhuleni. Hulle is ook tot vyf jaar tronkstraf elk gevonnis vir ontvoering, en 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.<\/p>\n<p>Die voormalige nasionale hoof van die Valke, Godfrey Lebeya is by die Madlanga-kommissie uitgevra oor sy bande met die vermeende polisie-informant, Malcolm X. Lebeya getuig oor die polisie-operasie by die huis van die moordbeskuldigde, Katiso &#8220;KT&#8221; Molefe in Desember 2024. Hy s\u00ea Malcolm X het tydens die operasie in &#8216;n telefoongesprek vir hom ges\u00ea dat daar man met klapmusse by Molefe se huis is wat voorgee dat hulle Valke-beamptes is.<\/p>\n<p>Die Nasionale Taxi-allianse s\u00ea die jongste styging in brandstofpryse is &#8216;n groot terugslag vir die taxibedryf. Dieselpryse het om middernag met tussen twee rand-93 en drie rand-14 sent per liter gestyg, en petrol met een rand-34 sent. &#8216;n Woordvoerder van die NTA, Theo Malele s\u00ea leiers in die bedryf sal nou moet vergader om te besluit oor &#8216;n verhoging in tariewe. Hy s\u00ea die ho\u00ebr brandstofpryse lei tot groot verliese vir taxi-operateurs, maar indien tariewe te skerp opgestoot word, is daar &#8216;n gevaar dat taxi&#8217;s nog passasiers kan verloor. Die NTA het &#8216;n beroep op die regering gedoen om meer te doen om die taxibedryf by te staan.<\/p>\n<p>Die sterftesyfer weens die jongste uitbreking van ebola in die Demokratiese Republiek die Kongo, het die drieduisend kerf verbygesteek. Die uitbreking, wat deur die Bundibugyo-stam van die virus veroorsaak word, is reeds die grootste en dodelikste in die geskiedenis van die DRK. Volgens die Kongolese regering is sesduisend-186 gevalle nou bevestig, insluitend drieduisend-en-sewe sterftes. Die uitbreking is op 15 Mei amptelik in die Ituri-provinsie verklaar, en het intussen na nog vyf provinsies versprei.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-168567","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1200","nuus_datum":"20260902"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/168567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=168567"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=168567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}