{"id":168761,"date":"2026-09-02T17:00:11","date_gmt":"2026-09-02T15:00:11","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=168761"},"modified":"2026-09-02T16:49:24","modified_gmt":"2026-09-02T14:49:24","slug":"2026-09-02t1700","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-09-02t1700\/","title":{"rendered":"2026-09-02T17:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Verkiesingskommissie het benadruk dat hy nie die kandidaat-registrasiestelsel sal heropen vir enige party of onafhanklike kandidaat wat die spertyd misgeloop het nie. Die Hoofkiesbeampte, Sy Mamabola het by &#8216;n mediasessie in Centurion ges\u00ea die OVK het nooit op enige wyse te kenne gegee dat hy dit sal oorweeg om die stelsel te heropen na die afsnypunt nie, en dit word ook nie nou oorweeg nie. Hy s\u00ea daar was ook gistermiddag &#8216;n vergadering met alle partye en di\u00e9 boodskap is duidelik oorgedra. Mamabola s\u00ea daar was voldoende tyd voor die spertyd vir alle kandidate om te registreer. Die registrasie van kandidate het Vrydagmiddag om vyfuur gesluit. Maandag het die ANC in &#8216;n verklaring ges\u00ea verskeie van sy kandidate is voor die spertyd geregistreer, maar die party beweer dat hy tegniese probleme met die stelsel ondervind het wat van die kandidate geraak het.<\/p>\n<p>Die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in Limpopo s\u00ea hy het 15 miljoen rand se skuld van inwoners en sakeondernemings afgeskryf. Volgens die munisipaliteit is inwoners en ondernemings in die 2024-25-boekjaar verkeerdelik gefaktureer. Die munisipale woordvoerder, Michael Makungo, s\u00ea die raad het die besluit goedgekeur. Makunga s\u00ea die raad het die afskrywing van aanpassings met betrekking tot vullisverwydering en riooldienste goedgekeur. Hy het alle rolspelers bedank vir hul geduld met en begrip vir die situasie.<\/p>\n<p>Die Tuinroete-rampbestuursentrum het inwoners versoek om waaksaam te wees, nadat &#8216;n geelvlak 4-weerwaarskuwing vir die streek uitgereik is. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal &#8216;n kouefront die Wes-Kaap m\u00f4re tref, en gure weerstoestande sal tot Vrydag voortduur. sal Die hoof van rampbestuur, Gerhard Otto, s\u00ea sterk wind en ontwrigtende re\u00ebn wat tot oorstromings kan lei, word voorspel.<\/p>\n<p>Die Langkloof Boerevereniging s\u00ea dringende ingryping is nodig om water- en sanitasie-uitdagings in die Kou-Kamma Munisipaliteit in die Oos-Kaap die hoof te bied. Die vereniging het met die adjunkminister van Water en Sanitasie, Jack Bloom, en plaaslike owerhede vergader om oplossings te bespreek vir langer as &#8216;n dekade se onbetroubare watervoorsiening, disfunksionele rioolinfrastruktuur en die skade wat deur onlangse oorstromings veroorsaak is. Die woordvoerder van die vereniging, Marius van der Westhuizen, s\u00ea die krisis het &#8216;n ernstige invloed op die plaaslike landbousektor, wat tans net minder as 20 persent van die land se sitrus produseer.<\/p>\n<p>Nege uit tien Suid-Afrikaanse ouers verkies strenger beheer oor die gebruik selfone by skole. Dit is die bevinding van die 2026 Karri Parent-meningspeiling. Die meningspeiling is gedoen onder bykans twee-duisend-800 ouers in al nege provinsies. Meer as die helfte van die respondente het aangedui hulle is ten gunste daarvan dat kinders selfone na skole neem, maar wil h\u00ea die fone moet toegesluit word tydens skoolure.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-168761","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1700","nuus_datum":"20260902"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/168761","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=168761"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=168761"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}