{"id":168774,"date":"2026-09-02T20:41:20","date_gmt":"2026-09-02T18:41:20","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=168774"},"modified":"2026-09-02T20:41:20","modified_gmt":"2026-09-02T18:41:20","slug":"2026-09-02-2100","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-09-02-2100\/","title":{"rendered":"2026-09-02 21:00"},"content":{"rendered":"<p>Die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan is deur die polisie afgedank. Khan moes voor &#8216;n tugverhoor verskyn oor bewerings dat hy die SAPD in oneer gebring het. Hy het egter nie opgedaag vir die tugverhoor nie en is afgedank. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe s\u00ea hy is afgedank ingevolge die regulasies vir die polisie se dissiplin\u00eare optrede.<\/p>\n<p>Die Burgerlugvaartowerheid stel ondersoek in na die verbyvlug wat voor verlede naweek se kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad uitgevoer is. Die B.L.O. s\u00ea hy het ook begin met &#8216;n verifikasieproses nadat hy samesprekings gevoer het met die lugdiens Airlink, en opnames van vlugdata en ander vereiste inligting bekom het. Die Owerheid s\u00ea Airlink het drie aansoeke vir rugbyverwante verbyvlugte ingedien, waarvoor die afgelope naweek se vlug die tweede een was. Volgens die owerheid is die vereiste prosedures, insluitend &#8216;n vlugnabootser en &#8216;n veiligheidsinligtingsessie afgehandel voordat die vlug goedgekeur is. Die B.L.O s\u00ea hy doen verdere ontleding en het bykomende inligting van Airlink aangevra. &#8216;n Volledige verslag en aanbevelings sal daarna aan die lugdiens verskaf word.<\/p>\n<p>Die uitspraak in die borgtogaansoek van sewe verdagtes van die Emfuleni munisipaliteit is voorbehou tot Maandag. Die saak is uitgestel sodat adresse en ID-dokumente van die beskuldigdes nagegaan kan word. Die sewe word aangekla van onder meer bedrog en korrupsie. Drie is werknemers en vier is kontrakteurs van die munisipaliteit. Die Emfuleni munisipaliteit s\u00ea hy het meer as nege miljoen rand verloor weens die elektrisiteitsbedrogskema.<\/p>\n<p>Kaapstad Toerisme het sy amptelike program in Langa op die Kaapse Vlakte bekend gestel. Die bestuurshoof, Enver Duminy s\u00ea di\u00e9 inisiatief is daarop gemik om toerisme na ander bestemmings as die bekende ikone soos Tafelberg en die Waterkant uit te brei. Hy s\u00ea daar is baie dinge wat besoekers kan ontdek in woongebiede soos Langa, Mitchells&#8217; Plain, die Bo-Kaap en Athlone. Duminy s\u00ea Kaapstad Toerisme se werk as storieverteller van die stad, vereis dat hy seker maak dat die geskiedenis en stories van andele dele van die stad ook bekend word.<\/p>\n<p>Die Kennedy-sentrum in Washington het &#8216;n beeldhouwerk op sy perseel verwyder te midde van die Amerikaanse president, Donald Trump se pogings om die openbare ruimtes in die hoofstad te herontwerp. Die beeldhouwerk &#8220;Blue&#8221; deur die kunstenaar Joel Shapiro versper &#8216;n deel van die vooraansig van die Sentrum. Sedert Trump in 2025 president geword het, het hy die Sentrum se bestuur verander en &#8216;n raad aangestel wat die Sentrum gesluit het vir herstelwerk. &#8216;n Hofstryd om die Sentrum se naam te verander en Kennedy met Trump te vervang duur voort, nadat &#8216;n hof in Mei beslis het dat Trump se naam van die gebou verwyder moet word. Die sentrum se Trump-beheerde raad het in Augustus besluit dat Trump se naam weer aangebring moet word sodat dit lui: &#8220;die John F Kenney sentrum vir die uitvoerde kunste, gerestoureer deur president Donald J Trump&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-168774","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2100","nuus_datum":"20260902"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/168774","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=168774"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=168774"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}