{"id":169374,"date":"2026-09-14T13:58:08","date_gmt":"2026-09-14T11:58:08","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=169374"},"modified":"2026-09-14T13:58:08","modified_gmt":"2026-09-14T11:58:08","slug":"20260914t1400","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20260914t1400\/","title":{"rendered":"20260914T14:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na veiligheids- en BBP-beskermingstenders in die Ethekwini Metro is uitgebrei om bykomende kontrakte in te sluit. Dit volg nadat President Cyril Ramaphosa sy proklamasie van 2024 gewysig het. Die SOE sal nou ondersoek instel na ses kontrakte, sowel as enige verlengings, wysigings of betalings wat die kontrakte raak. Die SOE moet bepaal of daar enige onre\u00eblmatige uitgawes was en of die verkrygingsprosedures wat gevolg is regverdig, mededingend en deursigtig was.<\/p>\n<p>Forensiese kenners fynkam die toneel in Olifantsfontein in Ekurhuleni waar die liggaam van &#8216;n vyfde vermoorde vrou vanoggend gevind is. Dit terwyl die familie van die vermiste drawwer, Elizabeth Moselakgomo, na verwagting die liggaam gaan identifiseer van &#8216;n vrou, geklee in oefenklere, wat die naweek in dieselfde gebied in die Ekurhuleni Metro gevind is. Die ander drie vermoorde vroue is die afgelope twee maande langs die R21 gekry. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe s\u00ea &#8216;n multi-dissiplin\u00eare span ondersoek die die moontlikheid dat van die moorde deur &#8216;n reeksmoordenaar gepleeg is.<\/p>\n<p>Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi is in die Germiston-landdroshof borgtog van 10-duisend rand toegestaan in verband met die bloulig-skandaal. Mkhwanazi en sy medebeskuldigdes, die sakeman, en poging tot moord verdagte, Vusimuzi &#8216;Cat&#8217; Matlala \u00e9n die vlootbestuurder van Ekurhuleni, Chris Steyn staan tereg op ses aanklagte van korrupsie, een van bedrog en een van regsverydeling. Die aanklagte hou verband met die beweerde onwettige aanbring van blou ligte op voertuie wat aan Matlalala se maatskappy, CAT VIP Protection Services behoort het. Die saak is tot volgende maand uitgestel.<\/p>\n<p>Die Kremlin in Rusland het &#8216;n beroep deur die Amerikaanse president Donald Trump, dat Oekra\u00efne moet ophou om Russiese diesel-infrastruktuur te teiken, verwelkom. Trump s\u00ea di\u00e9 aanvalle veroorsaak &#8216;n brandstoftekort wat die hele w\u00eareld raak. &#8216;n Reeks hommeltuig-aanvalle die afgelope paar maande op Russiese olie-raffinaderye het Rusland se olieproduksie verminder en tekorte in die hele land veroorsaak. Oekra\u00efne, wie se energie-infrastruktuur gereeld in Russiese aanvalle geteiken word, s\u00ea raffinaderye is wettige milit\u00eare teikens.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-169374","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1400","nuus_datum":"20260914"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/169374","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169374"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169374"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}