{"id":169391,"date":"2026-09-14T18:00:14","date_gmt":"2026-09-14T16:00:14","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=169391"},"modified":"2026-09-14T17:50:32","modified_gmt":"2026-09-14T15:50:32","slug":"20260914t1800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20260914t1800\/","title":{"rendered":"20260914T18:00"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie in Leeu Gamka in die Wes-Kaap ondersoek &#8216;n saak van strafbare manslag in verband met die botsing gisteraand op die N1 naby die dorp waarin 21 mense dood is. Twee minibus-taxi&#8217;s en &#8216;n sportnutsvoertuig was in die botsing betrokke. &#8216;n Polisiewoordvoerder, Chris Spies, s\u00ea agtien van die insittendes is op slag dood en drie het in die hospitaal beswyk. Spies s\u00ea nog minstens 18 mense is in die botsing beseer.<\/p>\n<p>Die naasbestaandes van vermiste vroue is gevra om die polisie te kontak in &#8216;n poging om die liggame van vermoorde vroue aan die Gautengse Oos-Rand te identifiseer. Vyf liggame is die afgelope twee maande in die Ekurhuleni Metro-gebied gevind. Die woordvoerder van Gauteng se departement van Gesondheid, Steve Mabona, s\u00ea die liggame van drie vroue is nog nie ge\u00efdentifiseer nie. Die vierde vrou se liggaam is aan haar familie oorhandig nadat sy vroe\u00ebr vandag as die drawwer Elizabeth Moselakgomo ge\u00efdentifiseer is. &#8216;n Vyfde liggaam isvanoggend by Olifantsfontein ontdek. Mabona s\u00ea di\u00e9 liggaam is nog nie aan die departement oorhandig nie.<\/p>\n<p>Die liggaam van &#8216;n 10-jarige meisie is &#8216;n dam in Joostenbergvlakte naby Kraaifontein in Kaapstad gevind. Sy is glo deur plaaswerkers gevind. Die polisiewoordvoerder Ndakhe Gwala s\u00ea die omstandighede rondom die meisie se dood word ondersoek. &#8216;n Geregtelike doodsondersoek is geopen.<\/p>\n<p>Die sluiting van die Diamond Finsch-myn naby Lime Acres in die Noord-Kaap het sake-eienaars in die gebied &#8216;n kwaai finansi\u00eble slag toegedien. Bates van die myn ter waarde van miljarde rand gaan verkoop word nadat &#8216;n sakereddingsplan goedgekeur is. Die maatskappy voer aan dat toenemende internasionale druk op die natuurlike diamantbedryf tot die myn se sluiting gelei het. Kontrakteurs en werkers van die myn is nie die maand betaal nie. Sake-eienaars s\u00ea die sluiting was &#8216;n reuse-skok en dat hulle nie daarop voorbereid was nie.<\/p>\n<p>Die ATM het Vuyo Zungula aangewys as sy burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. Die party het ook bekendgemaak dat Velaphi Ndaba sy burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni is en Mncedi Ndzwanana vir Tshwane.Die ATM se sekretaris-generaal, Thandisizwe Khukhula s\u00ea die drie kandidate is leiers waarop staatgemaak kan word om goeie diens te lewer aan die gemeenskappe waarin hulle staan.<\/p>\n<p>Indi\u00eb het die lewering van bykomende elektrisiteit na Nepal goedgekeur na die onlangse verwoestende modderstortings en oorstromings wat ernstige skade aan die land se energie-infrastruktuur aangerig het. Sowat eenduisend-400 mense is dood en meer as vierduisend word nog vermis in Nepal en Tibet na die ramp vroe\u00ebr die maand wat veroorsaak is deur &#8216;n gletser wat inmekaar gestort het. Indi\u00eb s\u00ea die krag sal vir 18 uur elke dag aan Nepal verskaf word tot die einde van die jaar.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-169391","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1800","nuus_datum":"20260914"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/169391","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169391"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}