{"id":169402,"date":"2026-09-14T19:02:19","date_gmt":"2026-09-14T17:02:19","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=169402"},"modified":"2026-09-14T19:02:19","modified_gmt":"2026-09-14T17:02:19","slug":"2026-09-14t1900","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-09-14t1900\/","title":{"rendered":"2026-09-14T19:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, s\u00ea sy is tevrede dat die kwessie van immigrasie op die komende Statebondskonferensie aandag sal geniet. Didiza was deel van die groep voorsittende beamptes wat die media te woord gestaan het voor die amptelike opening van die geleentheid in Kaapstad. Owerhede het vroe\u00ebr aangedui dat die Nigeriese regering &#8216;n uitnodiging na die geleentheid van die hand gewys het weens die protesoptrede in Suid-Afrika teen ongedokumenteerde buitelanders. Didiza s\u00ea hulle verwelkom die besluit van die Statebond se parlementsvereniging dat &#8216;n komitee die kwessie verder moet ondersoek en v\u00f3\u00f3r die einde van die konferensie aanbevelings moet saamstel.<\/p>\n<p>Die polisie in Leeu Gamka in die Wes-Kaap ondersoek &#8216;n saak van strafbare manslag in verband met die botsing gisteraand op die N1 naby die dorp waarin 21 mense dood is. Twee minibus-taxi&#8217;s en &#8216;n sportnutsvoertuig was in die botsing betrokke. &#8216;n Polisiewoordvoerder, Chris Spies, s\u00ea agtien van die insittendes is op slag dood en drie het in die hospitaal beswyk. Spies s\u00ea nog minstens 18 mense is in die botsing beseer.<\/p>\n<p>Die liggaam van &#8216;n 10-jarige meisie is &#8216;n dam in Joostenbergvlakte naby Kraaifontein in Kaapstad gevind. Sy is glo deur plaaswerkers gevind. Die polisiewoordvoerder Ndakhe Gwala s\u00ea die omstandighede rondom die meisie se dood word ondersoek. &#8216;n Geregtelike doodsondersoek is geopen.<\/p>\n<p>Uitspraak in die borgtogaansoek van die beweerde baasbrein agter die Emfuleni kragaansluiting-bedrogspul Janitha Van Reenen Coetzee is in die Vanderbijlpark-landdroshof tot Vrydag uitgestel. Sy het saam met haar sewe medebeskuldigdes verskyn, wat intussen op borgtog van 20-duisend rand elk vrygelaat is. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en dat hulle met noodsaaklike infrastruktuur gepeuter het. Hulle is verlede maand deur die politieke moorde-taakspan in hegtenis geneem. Dit is nog nie bekend of hulle betrek word by die sluipmoord op die waarnemende rekenmeester van Emfuleni, Martha Rantsofu, wat doodgeskiet is nadat sy bedrog, korrupsie en tenderonre\u00eblmatighede in die munisipaliteit onthul het.<\/p>\n<p>Die sluiting van die Diamond Finsch-myn naby Lime Acres in die Noord-Kaap het sake-eienaars in die gebied &#8216;n gevoelige finansi\u00eble slag toegedien. Bates van die myn ter waarde van miljarde rand gaan verkoop word nadat &#8216;n sakereddingsplan goedgekeur is. Die maatskappy voer aan dat toenemende internasionale druk op die natuurlike diamantbedryf tot die myn se sluiting gelei het. Kontrakteurs en werkers van die myn is nie die maand betaal nie. Sake-eienaars s\u00ea die sluiting was &#8216;n reuse-skok en dat hulle nie daarop voorbereid was nie.<\/p>\n<p>Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie s\u00ea Rusland se aanval gister op &#8216;n Oekra\u00efnse trein naby die grens met Pole, is &#8216;n aanduiding van die Russiese president, Wladimir Poetin, se desperaatheid. Die stasie is aangeval kort nadat &#8216;n trein met senior Europese amptenare verby die stasie gery het. Die hoof van Navo, Mark Rutte, het op die Arktiese Beraad in Finland ges\u00ea Rusland se voortdurende aanvalle op burgerlike infrastruktuur naby Navo-grondgebied sal die alliansie nie van stryk bring nie. Hy s\u00ea hulle sal volhou met hul steun aan Oekra\u00efne sodat di\u00e9 land homself kan verdedig.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-169402","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1900","nuus_datum":"20260914"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/169402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169402"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}