{"id":169406,"date":"2026-09-14T21:06:12","date_gmt":"2026-09-14T19:06:12","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=169406"},"modified":"2026-09-14T21:06:12","modified_gmt":"2026-09-14T19:06:12","slug":"2026-09-14t2100","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-09-14t2100\/","title":{"rendered":"2026-09-14T21:00"},"content":{"rendered":"<p>Die bestuurder van die departement van Binnelandse Sake se kantoor in KwaZulu-Natal, Cyril Mncwabe, s\u00ea die owerheid is steeds besig met die re\u00eblings om vlugtelinge van buite die departement se kantoor in Durban na die Lindela-kamp in Krugersdorp in Gauteng te verskuif. Ongeveer 300 vlugtelinge woon die afgelope vier maande reeds op die sypaadjie buite die kantore. Hulle s\u00ea hulle voel nie veilig om in gemeenskappe te woon nie weens dreigemente teen buitelanders. Die burgemeester van die eThekwini-metro, Cyril Xaba, het verlede week aangekondig dat die vlugtelinge bereid is om na die Lindela-kamp te verskuif. Dit volg op klagtes dat hulle munisipale regulasies oortree. &#8216;n Woordvoerder vir die vlugtelinge, Princess Adjei, s\u00ea hoewel Lindela &#8216;n repatriasiekamp is, sal dit aan hulle skuiling en kos bied.<\/p>\n<p>Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, s\u00ea sy is tevrede dat die kwessie van immigrasie op die komende Statebondskonferensie aandag sal geniet. Didiza was deel van die groep voorsittende beamptes wat die media te woord gestaan het voor die amptelike opening van die geleentheid in Kaapstad. Owerhede het vroe\u00ebr aangedui dat die Nigeriese regering &#8216;n uitnodiging na die geleentheid van die hand gewys het weens die protesoptrede in Suid-Afrika teen ongedokumenteerde buitelanders. Didiza s\u00ea hulle verwelkom die besluit van die Statebond se parlementsvereniging dat &#8216;n komitee die kwessie verder moet ondersoek en v\u00f3\u00f3r die einde van die konferensie aanbevelings moet saamstel.<\/p>\n<p>Die nasionale taxivereniging, die NTA, dreig met &#8216;n landwye staking indien die regering nie aandag skenk aan sy eise nie. Die vereniging se woordvoerder, Theo Malele, s\u00ea die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het nog geen betekenisvolle verligting aan die bedryf verskaf sedert sy as minister oorgeneem het nie. Hy s\u00ea hulle het verwag dat sy oplossings vir voortslepende kwessies in die bedryf sou vind, insluitend finansi\u00eble uitdagings, ongelykhede en uitsluiting. Hy s\u00ea pleks van oplossings, het Creecy slegs meer beloftes en toesprake gemaak, terwyl die ekonomiese grondslag van die bedryf verder verkrummel. Die NTA eis onder meer &#8216;n brandstofrabat vir minstens 12 maande aan kwalifiserende operateurs.<\/p>\n<p>Die familie van die hardloper Elizabeth Moselakgomo wie se liggaam in Olifantsfontein in Ekurhuleni gevind is, het die polisie en die publiek bedank vir hul ondersteuning. Moselakgomo het verlede week vermis geraak toe sy gaan draf het. Haar liggaam is die naweek gevind en is intussen ge\u00efdentifiseer en aan haar familie oorhandig. Nog vier liggame van vroue is die afgelope twee maande in die gebied gevind, waarvan twee sedert die naweek. Die woordvoerder van Gauteng se departement van Gesondheid, Steve Mabona, s\u00ea die departement het nog nie die liggaam van die vyfde vrou van die polisie ontvang nadat dit vanogggend in Olifantsfontein gevind is nie. Die ander drie is in lykshuise van die departement. Moselakgomo se naasbestaandes s\u00ea die identifiseringsproses was vir hulle baie moeilik, maar die polisie se sielkundiges verleen die nodige steun aan hulle.<\/p>\n<p>Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie s\u00ea Rusland se aanval gister op &#8216;n Oekra\u00efnse trein naby die grens met Pole, is &#8216;n aanduiding van die Russiese president, Wladimir Poetin, se desperaatheid. Die stasie is aangeval kort nadat &#8216;n trein met senior Europese amptenare verby die stasie gery het. Die hoof van Navo, Mark Rutte, het op die Arktiese Beraad in Finland ges\u00ea Rusland se voortdurende aanvalle op burgerlike infrastruktuur naby Navo-grondgebied sal die alliansie nie van stryk bring nie. Hy s\u00ea hulle sal volhou met hul steun aan Oekra\u00efne sodat di\u00e9 land homself kan verdedig.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-169406","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2100","nuus_datum":"20260914"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/169406","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169406"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169406"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}