{"id":169419,"date":"2026-09-15T06:00:28","date_gmt":"2026-09-15T04:00:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=169419"},"modified":"2026-09-15T05:37:35","modified_gmt":"2026-09-15T03:37:35","slug":"2026-09-15t06h00","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-09-15t06h00\/","title":{"rendered":"2026-09-15T06h00"},"content":{"rendered":"<p>Twee van die vyf vroue wie se liggame in die Kemptonparkgebied in Ekurhuleni gekry is, moet nog ge\u00efdentifiseer word. Die vroue is half naak gevind met sigbare kneusplekke aan hul liggame. Een van die oorledenes is uitgeken as Elizabeth Moselakgomo, wat gedraf het toe sy vermis geraak het. Die adjunk polisiekommissaris, Tebello Mosikilo het gisteraand tydens &#8216;n nuuskonferensie ges\u00ea dit blyk dat die slagoffers seksueel aangerand is.\u00a0Mosikili s\u00ea ook sy kan nie die moontlikheid uitsluit of bevestig dat dit die werk van &#8216;n reeksmoordenaar is nie. Sy s\u00ea die polisie het &#8216;n 72-uur aksieplan in werking gestel onder leiding van ondersoekbeamptes op nasionale en provinsiale vlak, wat bygestaan sal word deur die Ekurhuleni metropolisie.<\/p>\n<p>Die saak teen die vermeende Kaapstadse misdaadbaas Nafiz Modack en sy 14 medebeskuldigdes is in die hooggeregshof in Kaapstad tot 5 Oktober uitgestel. Beskuldigde nommer tien, Yannick Adonis, het n\u00e1 die die etensuur ges\u00ea hy kan weens uitputting en selfmoordgedagtes nie sy getuienis voortsit nie. Die voorsittende regter, Robert Henney, het die saak uitgestel sodat &#8216;n maatskaplike werker Adonis kan evalueer.<\/p>\n<p>Die nasionale taxivereniging, die NTA, dreig met &#8216;n landwye staking indien die regering nie aandag skenk aan sy eise nie. Die vereniging se woordvoerder, Theo Malele, s\u00ea die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het nog geen betekenisvolle verligting aan die bedryf verskaf sedert sy as minister oorgeneem het nie. Hy s\u00ea hulle het verwag dat sy oplossings vir voortslepende kwessies in die bedryf sou vind wat insluit finansi\u00eble uitdagings, ongelykhede en uitsluiting. Hy s\u00ea Creecy het slegs meer beloftes en toesprake gemaak, terwyl die ekonomiese grondslag van die bedryf verder verkrummel. Die NTA eis onder meer &#8216;n brandstofrabat vir minstens 12 maande aan kwalifiserende operateurs.<\/p>\n<p>Die bestuurder van die departement van Binnelandse Sake se kantoor in KwaZulu-Natal, Cyril Mncwabe, s\u00ea hulle is steeds besig met die re\u00eblings om vlugtelinge wat buite die departement se kantoor in Durban bly na die Lindela-kamp in Krugersdorp te verskuif. Sowat 300 vlugtelinge woon die afgelope vier maande reeds op die sypaadjie buite die kantore. Hulle s\u00ea hulle voel nie veilig om in gemeenskappe te woon nie weens dreigemente teen buitelanders. Die burgemeester van die eThekwini-metro, Cyril Xaba, het verlede week aangekondig dat die vlugtelinge bereid is om na die Lindela-kamp te verskuif. Dit volg op klagtes dat hulle munisipale regulasies oortree. Die vlugtelinge s\u00ea hoewel Lindela &#8216;n repatriasiekamp is, sal dit aan hulle skuiling en kos bied.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse president, Donald Trump, het hom skerp uitgelaat oor &#8211; wat hy noem &#8211; die sieklike sameswering teen kunsmatige intelligensie en datasentrums. Trump het op sosiale media uitgevaar teen oproepe om beheermaatre\u00ebls vir kunsmatige intelligensie in te stel. Hy s\u00ea sulke maatre\u00ebls sal die VSA se voorsprong bo China op di\u00e9 gebied inperk. Trump s\u00ea die enigste beheermaatre\u00ebls wat KI benodig is &#8216;n sterk en slim president, waarvan die VSA voldoende het. Sy uitspraak volg op oproepe deur hoofde van drie groot KI-maatskappye om strenger beheermaatre\u00ebls. Die vise-president, JD Vance, het egter &#8211; in teenstelling met Trump se standpunt &#8211; onlangs erken dat KI talle risiko&#8217;s en nadele inhou en dat slim regulering nodig is sodat Amerika sy voorsprong kan behou.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-169419","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0600","nuus_datum":"20260915"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/169419","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169419"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169419"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}