{"id":169428,"date":"2026-09-15T07:00:39","date_gmt":"2026-09-15T05:00:39","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=169428"},"modified":"2026-09-15T06:51:47","modified_gmt":"2026-09-15T04:51:47","slug":"2026-09-15t07h00","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-09-15t07h00\/","title":{"rendered":"2026-09-15T07h00"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC en die OVK sal vanmiddag sake in die Kieshof uitspook oor die benoeming van kandidate. Die party voer aan dat &#8216;n tegniese fout verhinder het dat hy verlede maand sy kandidatelys vir die munisipale verkiesings op 4 November betyds kon indien. Die ANC s\u00ea al die name is gereed, maar is weens die tegniese haakplek nie ingehandig nie. Die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, s\u00ea hul saak is nie &#8216;n aanval op die verkiesingskommissie nie&#8230;<\/p>\n<p>Twee van die vyf vroue wie se liggame in die Kemptonparkgebied in Ekurhuleni gekry is, moet nog ge\u00efdentifiseer word. Die vroue is half naak gevind met sigbare kneusplekke aan hul liggame. Een van die oorledenes is uitgeken as Elizabeth Moselakgomo, wat gedraf het toe sy vermis geraak het. Die adjunk polisiekommissaris, Tebello Mosikili het gisteraand tydens &#8216;n nuuskonferensie ges\u00ea dit blyk dat die slagoffers seksueel aangerand is.\u00a0Mosikili s\u00ea ook sy kan nie die moontlikheid uitsluit of bevestig dat dit die werk van &#8216;n reeksmoordenaar is nie. Sy s\u00ea die polisie het &#8216;n 72-uur aksieplan in werking gestel onder leiding van ondersoekbeamptes op nasionale en provinsiale vlak, wat bygestaan sal word deur die Ekurhuleni metropolisie.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die Statebond Parlement\u00eare-vereniging, of CPA, Christopher Kalila s\u00ea &#8216;n komitee is tot stand gebring om ondersoek in te stel na die redes waarom die Nigeriese regering besluit het om nie die 69ste konferensie van Statebond-parlementari\u00ebrs in Kaapstad by te woon nie. Kalila het vrae van die media beantwoord oor wat die CPA gaan doen in reaksie op Nigeri\u00eb se besluit om nie die konferensie by te woon nie. Die besluit is volgens berigte geneem oor protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders in Suid-Afrika, en spesifiek aanvalle op Nigeriese burgers. Kalila s\u00ea die besluit is onder hulle aandag gebring tydens &#8216;n onlangse vergadering van die vereniging se Afrika-streek in Malawi. Hy s\u00ea die komitee is al vir drie weke besig om die kwessie te ondersoek.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse president, Donald Trump, het hom skerp uitgelaat oor &#8211; wat hy noem &#8211; die sieklike sameswering teen kunsmatige intelligensie en datasentrums. Trump het op sosiale media uitgevaar teen oproepe om beheermaatre\u00ebls vir kunsmatige intelligensie in te stel. Hy s\u00ea sulke maatre\u00ebls sal die VSA se voorsprong bo China op di\u00e9 gebied inperk. Trump s\u00ea die enigste beheermaatre\u00ebls wat KI benodig is &#8216;n sterk en slim president, waarvan die VSA voldoende het. Sy uitspraak volg op oproepe deur hoofde van drie groot KI-maatskappye om strenger beheermaatre\u00ebls. Die vise-president, JD Vance, het egter &#8211; in teenstelling met Trump se standpunt &#8211; onlangs erken dat KI talle risiko&#8217;s en nadele inhou en dat slim regulering nodig is sodat Amerika sy voorsprong kan behou.<\/p>\n<p>Die reekse Widow&#8217;s Bay en The Pitt was die groot wenners by vanjaar se Emmy-toekennings in Los Angeles. Widow&#8217;s Bay het gewen in die kategorie Beste Komediereeks, terwyl die mediese drama The Pitt vir die tweede agtereenvolgende jaar as Beste Dramareeks bekroon is. Die Walliese akteur, Matthew Rhys het geskiedenis gemaak toe hy in twee kategori\u00eb as Beste Akteur gewen het vir sy werk in Widow&#8217;s Bay en The Beast in Me. Jean Smart het haar vyfde Emmy gewen vir haar rol in die komediereeks Hacks.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-169428","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0700","nuus_datum":"20260915"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/169428","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=169428"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=169428"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}