{"id":170104,"date":"2026-09-25T17:00:15","date_gmt":"2026-09-25T15:00:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170104"},"modified":"2026-09-25T16:27:00","modified_gmt":"2026-09-25T14:27:00","slug":"25-09-2026t1700","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/25-09-2026t1700\/","title":{"rendered":"25-09-2026T17:00"},"content":{"rendered":"<p>Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, s\u00ea daar is geen bewys dat generaal-majoor Wally Rhoode gekeer het dat &#8216;n saak ingedien word nadat 580-duisend Amerikaanse dollar op president Cyril Ramaphosa se plaas gesteel is in 2020 nie. Rhoode is die hoof van die presidents-beskermings-eenheid. Cachalia is in &#8216;n skriftelike parlement\u00eare vraag gevra of hy Rhoode gevra het om &#8216;n verslag te skryf nadat die Onafhanklike Polisie-ondersoek-direktoraat bevind het dat hy nie die Phala Phala-inbraak en diefstal by die nasionale polisiekommissaris aangemeld het nie. Cachalia het ges\u00ea daar is geen bewyse daarvoor gevind nie en dat dit die plig was van die plaasbestuurder, Hendrick von Wielligh, om die misdaad aan te meld, nie Rhoode nie.<\/p>\n<p>Die Limpopo-vervoerdepartement maan motoriste om versigtig te wees op besige paaie di\u00e9 naweek. Duisende kerkgangers stroom na die Zionistekerk by Moria buite Polokwane. Talle Suid-Afrikaners het ook die geleentheid van Erfenisdag gister gebruik om weg te breek. Swaar verkeer is sedert vanoggend aangemeld op die N1 tussen Mokopane en Polokwane. Bestuurders word gevra om die spoedgrens te eerbiedig, &#8216;n veilige volgafstand te handhaaf en ander voertuie slegs in toegelate gebiede verby te steek.<\/p>\n<p>Die ANC-president, Cyril Ramaphosa s\u00ea stygende misdadigheid in die land is &#8216;n bron van kommer. Ramaphosa het stemme gewerf in Hammarsdale, wes van Durban. Hy het verwys na die massa-skietery Dinsdag in KwaMakhutha ook in KwaZulu-Natal, waarin drie gewapende aanvallers elf mense by &#8216;n partytjie doodgeskiet het. Volgens die ANC-president moet gemeenskappe betrokke raak by die stryd teen misdaad deur gemeenskapspolisi\u00ebringsforums.<\/p>\n<p>Suid-Afrikaanse mediese navorsers ontwikkel &#8216;n nuwe benadering om tuberkulose te bespeur. Di\u00e9 nuwe metode behels kunsmatige intelligensie en &#8216;n eenvoudige bloedtoets. Die AddiCAD-projek, gelei deur Universiteit Stellenbosch, ondersoek of &#8216;n kombinasie van di\u00e9 twee metodes TB-diagnose kan verbeter en die afhanklikheid van speekselmonsters kan verminder.<\/p>\n<p>Die Oekra\u00efense president, Wolodmir Zelenski, s\u00ea befondsing van miljarde dollars is dringend nodig vir krygsvoorraad. Zelenski s\u00ea hommeltuie en missiele van 440 miljard rand moet gekoop word in Oktober en November, anders gaan hulle teen die begin van volgende jaar opraak. Die Oekra\u00efense president vra die Europese Unie om die tweede deel van &#8216;n lening van negentig miljard Euro beskikbaar te stel, sodat die land wapentuig en voorraad kan koop vir die oorlog wat reeds meer as vier-en-&#8216;n-halfjaar duur.<\/p>\n<p>Vier van Europa se invloedrykste sokkerligas eis omvattende hervormings by die w\u00eareld se sokkerbeheerliggaam Fifa. Engeland se Premierliga, Duitsland se Bundesliga, LaLiga van Spanje, en Serie A van Itali\u00eb s\u00ea Fifa benodig strenger wigte en te\u00ebwigte; duidelike grondwetlike grense en &#8216;n groter skeiding tussen sy regulatoriese en kommersi\u00eble funksies. Die Europese sokkerligas s\u00ea rolspelers behoort &#8216;n groter seggenskap in besluitneming te h\u00ea. Die gesamentlike optrede deur die Europese ligas is deel van toenemende vrae oor Fifa se bestuur, en die eerste geko\u00f6rdineerde reaksie op die Fifa-president, Gianni Infantino se planne vroe\u00ebr vanjaar om meer eksterne betrokkenheid in die kommersi\u00eble bedrywighede te betrek. Hy het die plan laat vaar n\u00e1 skerp reaksie uit sokkergeledere.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170104","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1700","nuus_datum":"20260925"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170104","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170104"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170104"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}