{"id":170564,"date":"2026-10-03T06:48:39","date_gmt":"2026-10-03T04:48:39","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170564"},"modified":"2026-10-03T06:48:39","modified_gmt":"2026-10-03T04:48:39","slug":"2026-10-03t0600","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-03t0600\/","title":{"rendered":"2026-10-03T06:00"},"content":{"rendered":"<p>Die parlement\u00eare portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking s\u00ea hy sal binnekort die departement vra waarom die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Brent Bozell, vir &#8216;n derde keer in nege maande formeel aangespreek is. Die voorsitter van die portefeuljekomitee, Mosa Chabane, s\u00ea dat Bozell weer op 30 September voor stok gekry is. Die departement het hom glo ontbied om sy ondiplomatieke gedrag te verduidelik. Chabane s\u00ea dit is noodsaaklik dat die soewereiniteit van die land gerespekteer word. Die komitee wys voorts daarop dat die Weense konvensie oor diplomatieke verhoudinge vereis dat diplomate die wette van hul gasheerland moet gehoorsaam en nie in sy huishoudelike sake betrokke moet raak nie.<\/p>\n<p>Die Vryheidsfront Plus s\u00ea hy betree &#8216;n nuwe era met die party wat toenemend steun van mense oor ras- en taalgrense heen ervaar. Die partyleier, Corn\u00e9 Mulder, s\u00ea hulle bly by hul beleid ondanks druk om van koers te verander namate die party se diversiteit uitbrei. Altesame 135 raadslidkandidate sal aan die komende plaaslike verkiesing in die Vrystaat deelneem, terwyl 15 in die Mangaung-metro sal staan. Mulder het Bloemfontein gister tydens sy verkiesingsveldtog besoek.<\/p>\n<p>Die polisie het bevestig dat 13 studente gisteroggend in hegtenis geneem is ten tyde van &#8216;n betoging by &#8216;n gradeplegtigheid van die Rhodes-Universiteit in Makhanda in die Oos-Kaap. Die polisiewoordvoerder Nobuntu Gantana s\u00ea die polisie het rubberkoe\u00ebls en skokgranate gebruik om sowat 100 betogers uiteen te jaag. Die betogers het geweier om &#8216;n hofbevel teen die betoging te gehoorsaam. Die studente het betoog teen die universiteit se skuldbeleid wat volgens hulle groter finansi\u00eble druk op studente plaas.<\/p>\n<p>Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, gaan &#8216;n dringende aansoek indien om die dissiplin\u00eare verhoor teen hom \u2013 wat vir Maandag geskeduleer is \u2013 tot &#8216;n latere datum te laat uitstel. Die polisie het Dinsdag, voor sy verskyning in die Randburg-landdroshof, &#8216;n dagvaarding op Sibiya beteken. Hy staan \u200b\u200btereg op verskeie aanklagte, insluitend verkragting, mensehandel, die beweerde seksuele voorbereiding van &#8216;n 16-jarige meisie en die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer. Sy regsverteenwoordiger, Amanda Nel, het vroe\u00ebr aan die Randburgse landdroshof ges\u00ea dat &#8216;n aansoek voorberei word vir die uitstel van Maandag se dissiplin\u00eare verhoor.<\/p>\n<p>RUGBY:::: Edinburgh het die Stormers 17-13 geklop in hul Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting gisteraand* in Edinburg. Die Lions pak die Ospreys vanmiddag in Johannesburg. Vanaand sal die Bulls vir Munster die stryd aans\u00ea in Ierland en die Sharks kom in Durban teen die verdedigende kampioen, Leinster, te staan.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170564","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0600","nuus_datum":"20261003"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170564","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170564"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170564"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}