{"id":170566,"date":"2026-10-03T08:00:42","date_gmt":"2026-10-03T06:00:42","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170566"},"modified":"2026-10-03T07:43:57","modified_gmt":"2026-10-03T05:43:57","slug":"2026-10-03t0800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-03t0800\/","title":{"rendered":"2026-10-03T08:00"},"content":{"rendered":"<p>Die polisie in Tshwane ondersoek die moord op &#8216;n tweeling in hul huis in Mamelodi-Wes. Die 14-jarige&#8217;s is met &#8216;n skerp voorwerp doodgesteek. Die tieners se ma het in &#8216;n slaapkamer op hul liggame afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Meer besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie s\u00ea niemand is nog in hegtenis geneem nie.<\/p>\n<p>Die Spesiale Tribunaal het die aansoek van die voormalige ANC-woordvoerder, Pule Mabe, van die hand gewys om siviele herwinningsprosedures teen hom en die maatskappy Enviro Mobi tydelik te staak. Dit hou verband met &#8216;n beweerde onre\u00eblmatige tender vir vullisverwyderingsvoertuie in Gauteng ter waarde van meer as 27 miljoen rand. Mabe wou die Spesiale Ondersoekeenheid se herwinningsaksie verhoed totdat die strafregtelike verhoor afgehandel is. Die Tribunaal het bevind dat Mabe se aansoek ongegrond was en daarop gemik was om aanspreeklikheid te vertraag. Die ondersoek-eenheid se woordvoerder, Selby Mokgotho, s\u00ea Mabe is ook gelas om die regskoste van die aansoek te betaal.<\/p>\n<p>Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, het tot 12uur vanmiddag kans om sy verklaring oor sy in-camera getuienis by die Madlanga-kommissie in te dien. Die Kommissie het gister beslis dat sy getuienis eerskomende Dinsdag in-camera sal geskied. Khan se regspan het om uitstel gevra om tyd te h\u00ea om voor te berei, asook uit kommer oor die uitwerking wat dit op Khan se gesondheid het. Khan het onlangs nie vir sy geskeduleerde getuienis opgedaag nie waarna die kommissie opdrag gegee het dat strafregtelike klagte teen hom ingedien word.<\/p>\n<p>Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie\u00eb, Solly Malatsi, het bewerings verwerp dat die versuim om tot dusver bykomende finansiering vir die SAUK se dekking van die plaaslike regeringsverkiesing beskikbaar te stel, opsetlik was. Die SAUK en die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid het parlementslede ingelig oor die gereedheid om nuusdekking te verleen oor die verkiesing op 4 November. In vorige vergaderings is die SAUK se finansi\u00eble dilemma breedvoerig bespreek, maar daar is steeds geen aanduiding of die finansiering verkry sal word nie. Tydens gister se vergadering is bewerings gemaak dat die onsekerheid en gebrek aan befondsing opsetlik was, sodat nie alle partye dekking sou kry nie. Maar Malatsi s\u00ea dit is nie die geval nie en daar is geen besluit geneem om enige politieke party die swye op te l\u00ea nie.<\/p>\n<p>Die Alternative Information and Development Centre s\u00ea Suid-Afrika het &#8216;n belasting op rykes nodig. Die organisasie s\u00ea in &#8216;n nuwe verslag wat in Johannesburg bekend gestel is dat die huidige belastingbeleid rykes bevoordeel, terwyl armes in skuld vasgevang word. Hy doen &#8216;n beroep vir &#8216;n dringende verandering van die belastingstelsel om die land se groeiende ongelykheid te oorkom. &#8216;n Navorser van die A.I.D.C, Chloe van Biljoen, s\u00ea die belasting op rykdom en eiendom het die afgelope twintig jaar gedaal en speel nie &#8216;n groot rol in inkomste-invordering of die herverspreiding daarvan nie.<\/p>\n<p>Die Franse president, Emmanuel Macron, s\u00ea die G7-lande het ooreengekom om oor die volgende vier maande 100 miljoen vate brandstof uit voorrade vry te stel. Dit is daarop gemik om druk op brandstofpryse \u2013 veral di\u00e9 van diesel, wat sedert die begin van die VSA en Israel se oorlog teen Iran skerp gestyg het \u2013 te verlig. Die olieprys het reeds skerp gedaal in afwagting van Macron se aankondiging. Die Europese Unie staan \u200b\u200bonder toenemende druk om op te tree nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gedreig het om dieseluitvoere na die blok te verbied. Die G7-lande het nie genoeg raffineringskapasiteit om in sy eie behoeftes te voorsien nie.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170566","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0800","nuus_datum":"20261003"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170566","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170566"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170566"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}