{"id":170567,"date":"2026-10-03T10:00:06","date_gmt":"2026-10-03T08:00:06","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170567"},"modified":"2026-10-03T09:47:00","modified_gmt":"2026-10-03T07:47:00","slug":"2026-10-03t1000","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-03t1000\/","title":{"rendered":"2026-10-03T10:00"},"content":{"rendered":"<p>Gemeenskappe in Ekurhuleni gaan vandag weer betoog teen geslagsgebaseerde geweld. Dit hou verband met die moord op twaalf vroue sedert Julie vanjaar. Die slagoffers se liggame is op verskeie plekke in en om Ekurhuleni gevind. Gemeenskapslede \u2013 insluitend nie-regeringsorganisasies en studente \u2013 sal by die Kempton Park-burgersentrum byeenkom van waar hulle na die Kempton Park-polisiestasie sal opruk. Die moorde het skokgolwe deur die land gestuur. President Cyril Ramaphosa het die nasie vandeesweek toegespreek, waar hy &#8216;n vierpuntplan van die regering aangekondig het om geslagsgeweld hok te slaan. Gemeenskapslede sal tydens vandag se protesoptrede vra vir beter beskerming van vroue en dat die polisie terugvoering sal gee oor die vordering wat gemaak word met hul ondersoeke op vrouemoorde.<\/p>\n<p>Die polisie in Tshwane ondersoek die moord op &#8216;n tweeling in hul huis in Mamelodi-Wes. Die 14-jarige&#8217;s is met &#8216;n skerp voorwerp doodgesteek. Die tienerseuns se ma het in &#8216;n slaapkamer op hul liggame afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Meer besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie s\u00ea niemand is nog in hegtenis geneem nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Taverne-eienaar is by sy perseel in Mamaolo buite Lebowakgomo in Limpopo vermoor. Die polisie s\u00ea die slagoffer is met &#8216;n skerp voorwerp oor die kop geslaan. Die polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, s\u00ea &#8216;n groep aanvallers het met die 53-jarige man se bakkie en &#8216;n onbekende bedrag kontant gevlug.<\/p>\n<p>Die Spesiale Tribunaal het die aansoek van die voormalige ANC-woordvoerder, Pule Mabe, van die hand gewys om siviele herwinningsprosedures teen hom en die maatskappy Enviro Mobi tydelik te staak. Dit hou verband met &#8216;n beweerde onre\u00eblmatige tender vir vullisverwyderingsvoertuie in Gauteng ter waarde van meer as 27 miljoen rand. Mabe wou die Spesiale Ondersoekeenheid se herwinningsaksie verhoed totdat die strafregtelike verhoor afgehandel is. Die Tribunaal het bevind dat Mabe se aansoek ongegrond was en daarop gemik was om aanspreeklikheid te vertraag. Die ondersoek-eenheid se woordvoerder, Selby Mokgotho, s\u00ea Mabe is ook gelas om die regskoste van die aansoek te betaal.<\/p>\n<p>Die Franse minister van Onderwys, Edouard Geffray s\u00ea 65 personeellede is beseer weens landwye protesoptrede deur skoliere, insluitend 40 skoolhoofde. Die betogings het vroe\u00ebr vandeesweek in die hoofstad, Parys, begin, voordat dit na die res van die land versprei het. Die betogende leerlinge is ontevrede oor oorvol klaskamers, &#8216;n tekort aan onderwysers en vervalle geboue. Meer as 400 skole is gister weens die onrus gesluit. Volgens Geffray het meer as honderd skole reeds ernstige skade opgedoen. Bykans tweeduisend mense is sover weens die geweld in hegtenis geneem, waarvan die meeste tieners is. Ho\u00ebrskoolleerlinge het gister weer in verskeie stede met die polisie slaags geraak, insluitend in Strasbourg, Marseille en Parys. Studente by sommige universiteite het intussen ook by die protesoptrede aangesluit.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170567","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1000","nuus_datum":"20261003"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170567"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}