{"id":170570,"date":"2026-10-03T13:00:35","date_gmt":"2026-10-03T11:00:35","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170570"},"modified":"2026-10-03T12:27:32","modified_gmt":"2026-10-03T10:27:32","slug":"2026-10-03t1300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-03t1300\/","title":{"rendered":"2026-10-03T13:00"},"content":{"rendered":"<p>Die ANC het &#8216;n verklaring uitgereik om duidelikheid te verskaf oor die party se NUK-lid, Andile Lungisa, wat sy verwydering van die ANC se kandidatelys vir proporsionele verteenwoordiging betwis. Lungisa beweer hy was die party se eerste kandidaat op die Nelson Mandelabaai-lys vir die verkiesing op 4 November. Volgens die party het die keuringsproses negatiewe bevindinge oor Lungisa opgelewer, wat beteken hy voldoen nie aan die kriteria wat die NUK vir elke benoemde kandidaat vasgestel het nie. Die party dring ook daarop aan om hierdie aangeleentheid agter geslote deure te hanteer. Intussen het die hooggeregshof in Johannesburg uitspraak voorbehou tot nie later as 12 Oktober nie.<\/p>\n<p>Die Gautengse polisie het op bykans 370-duisend rand se nagemaakte en onwettige goedere beslag gel\u00ea tydens drie afsonderlike operasies aan die Wes-Rand en Sedibeng-distrikte. Die operasies is tussen Dinsdag en Donderdag uitgevoer. Sewe-en-twintig winkels is geteiken wat vermoedelik onwettige en nagemaakte produkte verkoop. Die polisie het op meer as sesduisend-200 items beslag gel\u00ea, Dit sluit in nagemaakte speelgoed, bykomstighede vir selfone en onwettige farmaseutiese produkte. Die Gautengse polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, s\u00ea die operasies is daarop gemik om die verspreiding van onwettige goedere die hoof te bied.<\/p>\n<p>Die gemeenskap in Mamelodi-Wes in Tshwane s\u00ea hulle is diep geskok nadat &#8216;n tweeling in hul huis vermoor is. Die 14-jarige&#8217;s is met &#8216;n skerp voorwerp doodgesteek. Die tienerseuns se ma het in &#8216;n slaapkamer op hul liggame afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Meer besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie. Die polisie s\u00ea niemand is nog in hegtenis geneem nie. Gemeenskapslede s\u00ea hulle is bang en leef nou in vrees. Hulle s\u00ea die slagoffers se bure het niks gehoor nie. Die gemeenskap is ook bekommerd omdat kinders daagliks in die strate speel.<\/p>\n<p>Die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap het die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Mbuyiseli Madlanga, vereer met &#8216;n eredoktorsgraad in die regte. Die eerbewys erken regter Madlanga se bydrae tot konstitusionalisme, menseregte en die reg, beide in Suid-Afrika en internasionaal. Dit is die derde eredoktorsgraad wat regter Madlanga van &#8216;n Suid-Afrikaanse universiteit ontvang. Hy het by gister se gradeplegtigheid ges\u00ea hy ontvang die eregraad met groot nederigheid.<\/p>\n<p>Die polisie in Australi\u00eb s\u00ea verskeie mense is beseer nadat &#8216;n motor in &#8216;n skare in die dorp Newcastle in Nieu-Suid-Wallis, ingeploeg het. Die bestuurder is in hegtenis geneem. Die plaaslike burgemeester s\u00ea die jong man was deel van &#8216;n skare ondersteuners wat byeengekom het om hul rugbyligaspan voorspoed toe te wens. Hy het op een of ander manier beheer oor sy motor verloor.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170570","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1300","nuus_datum":"20261003"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170570","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170570"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170570"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}