{"id":170575,"date":"2026-10-03T19:00:44","date_gmt":"2026-10-03T17:00:44","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170575"},"modified":"2026-10-03T19:01:20","modified_gmt":"2026-10-03T17:01:20","slug":"2026-10-03t1900","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-03t1900\/","title":{"rendered":"2026-10-03T19:00"},"content":{"rendered":"<p>Turkye het Suid-Afrika gevra om &#8216;n voortvlugtige Turkse burger uit te lewer wat by Isipingo in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is. Die 40-jarige man wat reeds in die Umlazi-landdroshof verskyn het, is vroe\u00ebr die week deur Interpol se Suid-Afrikaanse ondersoekspan vir voortvlugtiges in hegtenis geneem in samewerking met lede van die Isipingo-polisiestasie se misdaadintelligensie-eenheid en &#8216;n private sekuriteitsmaatskappy. Die man was vir 18 jaar voortvlugtig in verband met onder meer verkragting, ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die verdagte het volgens die polisie in 2010 sy vriendin in Turkye ontvoer, verkrag en aangerand.<\/p>\n<p>Die minister van Landbou, Willie Aucamp, s\u00ea Suid-Afrika beywer hom daarvoor om nuwe markte vir sy landbou-uitvoere te vind. Aucamp het by Douglas in die Noord-Kaap met boere gepraat oor die stand van sake met bek-en-klouseer en ander die regering hulle hoop om binnekort met verskeie lande te onderhandel om produkte daarheen uit te voer, insluitend Saoedi-Arabi\u00eb en China. Hy s\u00ea Suid-Afrika ondersoek ook die moontlikheid om vleis van bek- en-klouseervrye gebiede uit te voer.<\/p>\n<p>Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, s\u00ea die Durbanse hawe se houerterminaal moet die wyse verander waarop vragmotors toegang tot die hawe verkry, indien hy groter vragvolumes wil hanteer. Creecy s\u00ea die terminaal beweeg na &#8216;n stelsel wat op besprekings gegrond is sodat vragmotors slegs tydens bevestigde tydgleuwe kan opdaag om verkeersopeenhoping te verminder. Die oorskakeling na &#8216;n nuwe elektroniese stelsel het vragmotorbestuurders en vrag-eienaars gefrustreer. Creecy s\u00ea die tydgleuwe sal weekliks verskaf word sodat die bedryf vordering kan monitor. Die uitvoerende hoof van die Durban Gateway-terminaal, Javier Lancha, s\u00ea die terminaal gaan &#8216;n nuwe stelsel vir die bespreking van vragmotors bekendstel en sal na verwagting van volgende week af met vragmotorverenigings daaroor begin onderhandel.<\/p>\n<p>Die ho\u00eb vlakke van misdaad en vuurwapengeweld in Mitchells Plain in Kaapstad het gemeenskapsleiers genoop om pogings te verskerp om kinders tydens die skoolvakansie veilig te hou. Die Mitchells Plain Veiligheids- en Ontwikkelingsforum bied &#8216;n vakansieprogram met die klem op traumabewustheid aan vir kinders tussen 7 en 14 jaar oud. Die inisiatief het ten doel om jongmense van veilige ruimtes, positiewe aktiwiteite en ondersteuning te voorsien in gemeenskappe wat deur bende-geweld en misdaad geraak word.<\/p>\n<p>Frankryk gaan m\u00e9\u00e9r geld beskikbaar stel om &#8216;n einde te maak aan die hoogs aansteeklike siekte Ebola in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek die Kongo. Di\u00e9 land se minister van buitelandse sake, Jean-No\u00ebl Barrot, het die aankondiging vroe\u00ebr vandag gedoen tydens &#8216;n besoek aan die gebied. Barrot het gewaarsku dat Ebola egter vinnig weer kan posvat indien die owerhede en inwoners hul waaksaamheid verslap. Frankryk het tussen Januarie en Julie 13-komma-vier miljoen euro vir die stryd teen Ebola toegewys. Barrot s\u00ea hy sal vir n\u00f3g bykomende befondsing vir Ebola vra tydens Frankryk se komende begrotingsbesprekings.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170575","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1900","nuus_datum":"20261003"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170575","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170575"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170575"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}