{"id":170578,"date":"2026-10-03T21:00:01","date_gmt":"2026-10-03T19:00:01","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170578"},"modified":"2026-10-03T20:49:42","modified_gmt":"2026-10-03T18:49:42","slug":"2026-10-03t2100","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-03t2100\/","title":{"rendered":"2026-10-03T21:00"},"content":{"rendered":"<p>Ondersteuners van die MK-party het vanmiddag hul ontevredenheid getoon toe die party se president, Jacob Zuma, nie by &#8216;n verkiesingsaamtrek in Richardsbaai opgedaag het nie. Zuma se gesig het op plakkate verskyn waarop die saamtrek geadverteer is. Talle sprekers is herhaaldelik onderbreek deur Zuma-ondersteuners wat &#8220;Ukuphi uZuma&#8221; &#8211; waar is Zuma &#8211; gedreunsing het. Die party se leier in KwaZulu-Natal, Willies Mchunu, het later namens Zuma om verskoning gevra en die skare toegespreek in &#8216;n poging om die gemoedere te kalmeer. Mchunu het ges\u00ea Zuma sal nie altyd alle partybedrywighede kan bywoon nie.<\/p>\n<p>Die EFF-leier, Julius Malema, s\u00ea Suid-Afrika se elektrisiteitspryse is buitensporig hoog en moet verlaag word. Malema het die opmerking gemaak tydens die party se bekendstelling van sy provinsiale manifes vir die Oos-Kaap in Gqeberha. Malema het aan EFF-ondersteuners ges\u00ea indien die EFF die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November in die metro sou wen, hy daarop sal fokus om elektrisiteitspryse te verlaag tot voordeel van benadeelde gemeenskappe<\/p>\n<p>Ander plaaslike nuus is dat Turkye Suid-Afrika gevra het om &#8216;n voortvlugtige Turkse burger uit te lewer wat by Isipingo in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem is. Die 40-jarige man wat reeds in die Umlazi-landdroshof verskyn het, is vroe\u00ebr die week deur Interpol se Suid-Afrikaanse ondersoekspan vir voortvlugtiges in hegtenis geneem in samewerking met lede van die Isipingo-polisiestasie se misdaadintelligensie-eenheid en &#8216;n private sekuriteitsmaatskappy. Die man was vir 18 jaar voortvlugtig in verband met onder meer verkragting, ontvoering en aanranding met die opset om ernstig te beseer. Die verdagte het volgens die polisie in 2010 sy vriendin in Turkye ontvoer, verkrag en aangerand.<\/p>\n<p>Die ho\u00eb vlakke van misdaad en vuurwapengeweld in Mitchells Plain in Kaapstad het gemeenskapsleiers genoop om pogings te verskerp om kinders tydens die skoolvakansie veilig te hou. Die Mitchells Plain Veiligheids- en Ontwikkelingsforum bied &#8216;n vakansieprogram met die klem op traumabewustheid aan vir kinders tussen 7 en 14 jaar oud. &#8216;n Bestuurslid van die Blaqpearl-stigting, Janine Van Rooy-Overmeyer s\u00ea die inisiatief het ten doel om jongmense van veilige ruimtes, positiewe aktiwiteite en ondersteuning te voorsien in gemeenskappe wat deur bende-geweld en misdaad geraak word.<\/p>\n<p>En nou na sportnuus&#8230;&#8230;&#8230;&#8230;.RUGBY::: In die Verenigde Rugbykampioenskap het die Lions en die Sharks vandag het hul kragmetings gewen. Die Lions het vanmiddag die Ospreys op Ellispark in Johannesburg met 35-19 ore aangesit, terwyl die Sharks pas in Durban met 26-20 met Leinster afgereken het. Die Bulls het &#8216;n rukkie gelede in Ierland teen Munster op die veld gedraf. Die Stormers het egter gisteraand die vier Suid-Afrikaanse spanne se wedstryde die naweek met &#8216;n nederlaag afgeskop toe hulle in Skotland met 13-17 teen Edinburgh vasgeval het.<\/p>\n<p>MOTORWEDRENNE:::: Die Formule Een-renjaer van die Red Bull-span Max Verstappen het vir die eerste keer di\u00e9 seisoen vir die voorste wegspringposisie gekwalifiseer. Verstappen sal m\u00f4re in die eerste plek wegspring vir die Bahreinse Grand Prix wat om veiligheidsredes na die Sepang-baan in Maleisi\u00eb verskuif is. Verstappen was nege jaar gelede ook aan die wenkant op di\u00e9 baan toe die laaste Maleisiese Grand Prix hier aangebied is voordat dit weens verskeie faktore van die wedrenkalender verwyder is. Lewis Hamilton in &#8216;n Ferrari was tweede in vandag se kwalifiserende ronde, met Isack Hadjar, ook van Red Bull, derde. Kimi Antonelli van die Mercedes-span was vierde en Hamilton se spanmaat, Charles Leclerc vyfde.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170578","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2100","nuus_datum":"20261003"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170578","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170578"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170578"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}