{"id":170927,"date":"2026-10-10T18:03:39","date_gmt":"2026-10-10T16:03:39","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170927"},"modified":"2026-10-10T16:58:07","modified_gmt":"2026-10-10T14:58:07","slug":"2026-10-10t1800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-10t1800\/","title":{"rendered":"2026-10-10T18:00"},"content":{"rendered":"<ul>\n<li>Die weermag is in die middestad van Durban ontplooi. Hulle sal die situasie monitor n\u00e1 gister se gewelddadige betogings. Die polisie se hulpbronne was gister onder groot druk aangesien woedende betogers oor die stad versprei was. Die betogers het die repatriasie van buitelandse burgers sonder dokumente en die staking van asielaansoeke ge\u00ebis. Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, het gister gevra dat die weermag ontplooi word omdat die polisie in die minderheid was. Altesame 19 mense is n\u00e1 die betogings in hegtenis geneem. Winkels en verskeie ondernemings is vernietig. Hoewel daar vandag geen teken was van die betogings nie, heers &#8216;n gespanne toestand steeds in die stad.<\/li>\n<li>President Cyril Ramaphosa s\u00ea die besluit om die direktief oor die prosessering van asielsoekers terug te trek, is nie minagting van die hof nie. Hy s\u00ea dit is daarop gemik om behoorlike evaluering moontlik te maak voordat die uitspraak van die Konstitusionele Hof ge\u00efmplementeer word. Volgens die president werk die veiligheidsgroepering ononderbroke om kalmte te bring n\u00e1 die afgelope twee dae se gewelddadige betogings teen ongedokumenteerde buitelandse burgers in Durban in KwaZulu-Natal. Ramaphosa het gepraat by die bekendstelling van &#8216;n beleggings- en industrialisasieprojek in Phuthaditjhaba in die Vrystaat.<\/li>\n<li>Die polisie in die Noord-Kaap het beslag gel\u00ea op ammunisie ter waarde van sewe-miljoen rand. Munisipale werkers in Sunrise in De Aar het op die historiese ammunisie afgekom terwyl hulle by die Malay-kamp gewerk het. Die ammunisie, wat vermoedelik van die tydperk van die Anglo-Boereoorlog dateer, was in kratte geberg. Die polisiewoordvoerder, Cherelle Ehlers, s\u00ea die werkers het die plaaslike polisie daarvan in kennis gestel. Verdere ondersoek word nou gedoen om die oorsprong van die vonds vas te stel.<\/li>\n<li>Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika, die AA, het die brandstofprysverhoging wat vandeesweek in werking getree het, veroordeel. Vroe\u00eb data van die Sentrale Energiefonds dui op &#8216;n verdere styging van tot byna vyf rand per liter vir petrol aanstaande maand.<\/li>\n<li>Nog &#8216;n joernalis is in Mexiko doodgeskiet, wat die getal joernaliste wat vanjaar in di\u00e9 land om die lewe gebring is, op nege te staan bring. &#8216;n Menseregte-organisasie s\u00ea gewapende mans in die suidelike deelstaat *Oaxaca het op &#8216;n groep van drie mense, onder wie Hamurabi Huesca Manzano, losgebrand. Dit is onduidelik of hy die teiken was. Manzamo was die eienaar van &#8216;n nuwe webwerf wat op plaaslike politiek fokus.<\/li>\n<li>RUGBY:::: Die Bulls het die Lions in die eerste Suid-Afrikaanse derby van die Verenigde Rugby-kampioenskap-seisoen in Pretoria heeltemal oorrompel. Die tuisspan het nege drie\u00eb gedruk en met &#8216;n massiewe telling van 57\u201315 gewen.<\/li>\n<li>KRIEKET::: Dag twee van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australi\u00eb op Kingsmead in Durban, het aan die besoekers behoort. Nadat die Pofpette hul eerste beurt op 187 vir ses hervat het, is hulle kort n\u00e1 teetyd vir 390 uitgehaal. Matt Renshaw het 190 lopies gemoker. Suid-Afrika het daarna sy eerste paaltjie in die tweede boulbeurt verloor toe Ryan Rickelton uit is vir &#8216;n nulletjie. Die Proteas was op 27 vir een toe spel weens swak lig gestaak is.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170927","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1800","nuus_datum":"20261010"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170927","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170927"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170927"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}