{"id":170932,"date":"2026-10-10T23:03:00","date_gmt":"2026-10-10T21:03:00","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170932"},"modified":"2026-10-10T20:34:58","modified_gmt":"2026-10-10T18:34:58","slug":"2026-10-10t2300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-10-10t2300\/","title":{"rendered":"2026-10-10T23:00"},"content":{"rendered":"<p>Vervolgens &#8216;n opsomming van die dag se vernaamste nuusgebeure . . .<\/p>\n<ul>\n<li>Die Afrika-Unie het die Suid-Afrikaanse regter Navi Pillay gelukgewens nadat die Nobelprys vir Vrede aan haar toegeken is. Pillay was aan die hoof van &#8216;n onafhanklike kommissie van die Verenigde Nasies wat verlede jaar bevind het dat Israel volksmoord in die Gasastrook pleeg.<\/li>\n<li>Die DA-leier en burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, s\u00ea hulle sal toesien dat veiliger gemeenskappe in die Wes-Kaap geskep word om beleggingsgeleenthede te lok en werkgeleenthede te skep, sou hulle verkies word. Hy het duisende DA-ondersteuners toegespreek tydens die party se finale verkiesings-saamtrek in Belhar, Kaapstad.<\/li>\n<li>Die ANC-president Cyril Ramaphosa s\u00ea hy is vol vertroue dat sy party in die Vrystaat beter sal vaar in die komende plaaslike verkiesing as in die vorige een. Ramaphosa het gepraat tydens die party se deur-tot-deur-veldtog in Botshabelo, in die Mangaung-metro-munisipaliteit.<\/li>\n<li>Altesame 25 mense is nou al in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem n\u00e1 die geweld wat die afgelope twee dae in Durban se middestad uitgebreek het. Sedert Donderdag is 14 voertuie en twee huise aan die brand gesteek, en is verskeie winkels geplunder.<\/li>\n<li>Die polisie in Mpumalanga stel ondersoek in n\u00e1 &#8216;n gyselaarsvoorval op &#8216;n plaas in Amersfoort, waarin twee mense dood en een kritiek beseer is. &#8216;n 55-jarige man het na bewering &#8216;n 50-jarige man doodgeskiet en &#8216;n persoon van 53 jaar gewond nadat hy hulle as gyselaar aangehou het. Die polisie s\u00ea die skieter het homself later doodgeskiet.<\/li>\n<li>Nog &#8216;n joernalis is in Mexiko doodgeskiet, wat die getal joernaliste wat vanjaar in di\u00e9 land om die lewe gebring is, op nege te staan bring. &#8216;n Menseregte-organisasie s\u00ea gewapende mans in die suidelike deelstaat *Oaxaca (*wha-ha-ka) het op &#8216;n groep van drie mense, onder wie Hamurabi Huesca Manzano, losgebrand. Dit is onduidelik of hy die teiken was. Manzamo was die eienaar van &#8216;n nuwe webwerf wat op plaaslike politiek fokus.<\/li>\n<li>RUGBY::: Die Bulls het die Lions in die eerste Suid-Afrikaanse derby van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen in Pretoria heeltemal oorrompel. Die tuisspan het nege drie\u00eb gedruk en met &#8216;n massiewe telling van 57-15 gewen. Die Bulls het vyf drie\u00eb in die eerste helfte gedruk en teen rustyd met 31-10 voorgeloop. Hulle het nog vier drie\u00eb in die tweede helfte bygevoeg, terwyl die Lions net twee keer oor die doellyn kon bars. In Kaapstad het die Stormers die Sharks met 39-22 geklop. Die tuisspan het teen rustyd met 22-8 voorgeloop en ses drie\u00eb gedruk, terwyl die span van Durban drie drie\u00eb aangeteken het.<\/li>\n<li>KRIEKET::: Dag twee van die eerste toets tussen Suid-Afrika en Australi\u00eb op Kingsmead in Durban, het aan die besoekers behoort. Nadat die Pofpette hul eerste beurt op 187 vir ses hervat het, is hulle kort n\u00e1 teetyd vir 390 uitgehaal. Matt Renshaw het 190 lopies gemoker. Suid-Afrika het daarna sy eerste paaltjie in die tweede boulbeurt verloor toe Ryan Rickelton uit is vir &#8216;n nulletjie. Die Proteas was op 27 vir een toe spel weens swak lig gestaak is.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170932","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2300","nuus_datum":"20261010"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170932","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170932"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170932"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}