{"id":170941,"date":"2026-10-11T08:00:37","date_gmt":"2026-10-11T06:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170941"},"modified":"2026-10-11T09:10:01","modified_gmt":"2026-10-11T07:10:01","slug":"20261011t0800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20261011t0800\/","title":{"rendered":"20261011T08:00"},"content":{"rendered":"<p>Die nasionale gesamentlike operasionele- en intelligensiestruktuur, Natjoints, s\u00ea die weermag bly op &#8216;n gereedheidsgrondslag om te reageer op sporadiese betogings of geweld in Durban en Johannesburg. Onrus het vroe\u00ebr vandeesweek uitgebreek tydens betogings teen ongedokumenteerde buitelanders, met minstens 14 voertuie en twee huise wat aan die brand gesteek en verskeie winkels wat geplunder is. Vyf-en-twintig mense is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem en vyf in Gauteng. Lede van die weermag is gister in Durban ontplooi. Die voorsitter van Natjoints, Tebello Mosikili s\u00ea die polisie sal ook voortgaan om &#8216;n groot teenwoordigheid te handhaaf in brandpuntgebiede. Mosikili s\u00ea hulle monitor die situasie om kwesbare gemeenskappe, sake-ondernemings en residensi\u00eble eiendomme te beskerm, en weerwraakaanvalle te verhoed.<\/p>\n<p>Die Patriotic Alliance in Kaapstad sal na verwagting vandag sy verkiesingsmanifes in Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte bekendmaak. Daar word verwag dat die party sy kernprioriteite en planne vir die komende termyn sal uiteensit. Daar word ook verwag dat die party se burgemeesterskandidaat vir Kaapstad, Cheslyn Daniels, ondersteuners sal toespreek en sal fokus op dienslewering, ekonomiese groei en gemeenskapsontwikkeling in die metro.<\/p>\n<p>Meer as tienduisend hektaar grond op die Oos-Kaapse hoogland is deur die Minister van Bosbou, Vissery en die Omgewing, David Maynier, tot die Grasveld-nasionale park verklaar. Di\u00e9 grond bestaan uit agtien eiendomme tussen Nqanqarhu, voorheen Maclear, en Rhodes. Een van die doelwitte van die park is die bewaring van die grasveld-ekostelsel, wat dikwels agterwe\u00eb gelaat word. Die Oos-Kaapse Drakensberg-strategiese waterbrongebied gaan ook sodoende beskerm word. Volgens Maynier behou die eienaars van die grond hulle eiendomsreg, met &#8216;n verbintenis tot &#8216;n bewaring- en bestuurooreenkoms vir die grond.<\/p>\n<p>Minstens 12 mense is dood en meer as 300 beseer in &#8216;n aanval op &#8216;n lughawe in die hoofstad van Saoedi-Arabi\u00eb, Riyadh. Die slagoffers sluit vier burgers van Soedi-Arabi\u00eb, twee van Bangladesj en een elk van die VSA, Jordani\u00eb, Siri\u00eb, Soedan en Egipte in. Werksaamhede by die King Khalid-internasionale lughawe is n\u00e1 die aanval opgeskort. Saoedi-Arabi\u00eb het die Houthi-rebellegroep in Jemen die skuld gegee vir die aanval, en dit as &#8216;n oorlogsmisdaad bestempel. Die Houthis het nog nie die aanval bevestig nie, maar het wel aanspreeklikheid aanvaar vir &#8216;n aanval Donderdag waarin drie mense dood is. Gevegte het die afgelope tyd verskerp tussen die rebellegroep en regeringsmagte in Jemen wat deur Saoedi-Arabi\u00eb gesteun word.<\/p>\n<p>Vier mense is dood en sowat 500-duisend is sonder elektrisiteit gelaat nadat die orkaan Isaias dele van die suide van die VSA getref het. Twee sterftes is in die deelstaat Alabama aangemeld, en twee in Florida. Van die slagoffers is dood nadat bome op hul huise geval het. Isaias het laat Vrydag die kus van Florida as &#8216;n kategorie twee orkaan getref met windspoed van tot 168 kilometer per uur, maar is intussen afgegradeer. Noodtoestande is in Alabama, Florida en Georgia afgekondig en duisende mense is opdrag gegee om hul huise te ontruim. Intussen het die orkaan Simon versterk tot &#8216;n kategorie vier storm. Di\u00e9 storm is onderweg na Mexiko se Stille Oseaan-kus. Sommige vlugte is reeds na die gewilde toeristestad Puerto Vallarta opgeskort. Die tropiese storm Rachel sal na verwagting ook binnekort die suidelike kus van Kaliforni\u00eb tref. Isaias was die eerste orkaan van die Atlantiese orkaanseisoen, wat vanjaar vertraag is weens die El Ni\u00f1o-toestande in die Stille Oseaan.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170941","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0800","nuus_datum":"20261011"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170941","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170941"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170941"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}