{"id":170949,"date":"2026-10-11T13:00:37","date_gmt":"2026-10-11T11:00:37","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=170949"},"modified":"2026-10-11T13:03:19","modified_gmt":"2026-10-11T11:03:19","slug":"20261011t1300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20261011t1300\/","title":{"rendered":"20261011T13:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber s\u00ea sy departement gaan teen 10 November &#8216;n registrasie- en afspraakmodel vir asielaansoeke bekendstel. Hy s\u00ea die stelsel sal bykomende veiligheidskenmerke h\u00ea wat die departement sal help om te vermy dat die stelsel misbruik word. Volgens Schreiber wil hulle verhoed dat diegene wie se aansoeke voorheen verwerp is, weer om asiel aansoek doen. Schreiber het die media in Pretoria toegespreek as deel van die Interministeri\u00eble Komitee oor Migrasie.<\/p>\n<p>Die Minister van Justisie, Mmaloko Kubayi het by dieselfde mediakonferensie ges\u00ea die regering sal die howe nader vir &#8216;n bevel om te help om die Konstitusionele Hof se beslissing oor asielaansoeke in werking te stel. Sy s\u00ea dit sal die howe toelaat om toesig te hou oor die proses, en die Departement van Binnelandse Sake tyd gee om sy kapasiteit te versterk. Die Konstitusionele Hof het in Julie bepalings van die Wet op Vlugtelinge ongeldig verklaar, wat onder meer verhoed het dat mense wat die land op &#8216;n onre\u00eblmatige wyse binnegekom het, om asiel kon aansoek doen. &#8216;n Direktief is op 28 September in reaksie op die hofuitspraak uitgereik, wat toegang tot asielaansoeke uitgebrei het. Dit het daartoe gelei dat duisende mense na Vlugtelingesentrums gestroom het, wat hiernieude betogings teen ongedokumenteerde buitelanders in Durban en Soweto tot gevolg gehad het. Die Departement het Vrydag die direktief teruggetrek.<\/p>\n<p>Twee mans is gisteraand doodgeskiet in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte, in &#8216;n aanval wat vermoedelik met bendegeweld verband hou. &#8216;n Polisiewoordvoerder, Wesley Twigg s\u00ea &#8216;n derde slagoffer wat gewond is, is hospitaal toe geneem vir behandeling. Volgens Twigg het aanvallers vanuit &#8216;n voertuig skote op die slagoffers afgevuur. Die Kaapstadse polisie het ook &#8216;n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat gisteraand &#8216;n man en &#8216;n bejaarde vrou in Belgravia in Athlone doodgeskiet, en &#8216;n derde persoon gewond het. Di\u00e9 aanval hou vermoedelik ook met bendegeweld verband.<\/p>\n<p>Die Kaapstadse Metro s\u00ea verskeie blyplekke is vernietig in &#8216;n brand vanoggend in die Imizamo Yethu Wes-plaaslike nedersetting by Houtbaai. &#8216;n Woordvoerder van die brand- en reddingsdienste, Mark Bosch s\u00ea brandbestryders en brandweervoertuie van ander stasies is ook ontplooi om te help met pogings om die brand te blus. Geen beserings is aangemeld nie. Hy s\u00ea opruimingswerk sal nog vir &#8216;n geruime tyd voortduur, en brandbestryders sal op die toneel bly tot die gebied veilig is.<\/p>\n<p>Minstens 109 migrante is dood en meer as 116 word vermis nadat &#8216;n boot wat sowat 350 mense vervoer het, langs die kus van Djibouti omgeslaan het. Die Internasionale Organisasie vir Migrasie s\u00ea die slagoffers sluit 15 kinders in. Die voorval het vermoedelik Donderdagnag plaasgevind terwyl die boot van Djibouti na Jemen onderweg was. Die 80 mense wat die ramp oorleef het, is almal Ethiopiese burgers.<\/p>\n<p>Die Houthi-rebellegroep in Jemen het lugrederye en passasiers intussen gewaarsku om nie lughawens in Saoedi-Arabi\u00eb te gebruik nie. Dit volg nadat 12 mense gister dood is in &#8216;n aanval op die King Khalid-internasionale lughawe in die hoofstad, Riyadh. Meer as 300 mense is ook in die aanval beseer. Dit is die dodelikste enkele aanval op &#8216;n Golfland sedert die begin van die oorlog tussen Israel, die VSA en Iran in Februarie. Die Houthis se milit\u00eare woordvoerder, Yahya Saree het nie spesifiek na gister se aanval verwys nie, maar s\u00ea Saoedi-Arabiese lughawens is potensi\u00eble teikens vir die groep, en dat Saoedi-Arabi\u00eb self aanspreeklik is vir mislukte pogings om aanvalle te onderskep. Die Houthis het wel vroe\u00ebr vandeesweek aanspreeklikheid aanvaar vir aanvalle op die King Khalid-lughawe sowel as twee ander in Saoedi-Arabi\u00eb, wat drie lewens ge\u00ebis het.<\/p>\n<p>Krieket: Die Proteas het kort gelede op 142 vir vier gestaan op die derde dag van die eerste toets teen Australi\u00eb op Kingsmead. Die Suid-Afrikaners het die dag begin op 27 vir een. Aiden Markram, die kaptein Temba Bavuma en David Bedingham is almal voor etenstyd uitgehaal. Australi\u00eb het in hulle eerste kolfbeurt 390 lopies aangeteken.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-170949","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1300","nuus_datum":"20261011"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/170949","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=170949"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=170949"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}