{"id":172247,"date":"2026-11-04T15:00:54","date_gmt":"2026-11-04T13:00:54","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172247"},"modified":"2026-11-04T15:00:54","modified_gmt":"2026-11-04T13:00:54","slug":"20261104t1500","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20261104t1500\/","title":{"rendered":"20261104T15:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Verkiesingskommissie s\u00ea daar is maatre\u00ebls in plek om te verseker dat die ongebruikte stembriewe en stempel wat in Wyk 2 in die Ethekwini Metro gesteel is, nie onwettig tydens vandag se plaaslike regeringsverkiesing gebruik kan word nie. Die OVK het die diefstal bekend gemaak tydens &#8216;n mediakonferensie by die nasionale uitslagbedryfsentrum in Midrand. Die adjunk-hoofkiesbeampte, Masego Shiburi het bevestig dat &#8216;n saak by die polisie ingedien is.<\/p>\n<p>President Cyril Ramaphosa s\u00ea die idee van &#8216;n verpligte stemstelsel in Suid-Afrika is vir hom &#8216;n aanloklike idee. Hy het gereageer op die OVK se verslag waarvolgens bykans 10 miljoen stemgeregtigde kiesers nie geregistreer het om te stem nie. Ramaphosa s\u00ea Suid-Afrika moet leer by ander lande wat hul burgers verplig om te stem.<\/p>\n<p>Die leier van die IVP en Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het &#8216;n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om voor sluitingstyd om negeuur vanaand by die stembusse op te daag. Hlabisa het vanoggend sy stem uitgebring by die Mthekezeli-laerskool in KwaHlabisa, in die noorde van KwaZulu-Natal. Hy het gesinne aangemoedig om &#8216;n instelling daarvan te maak om te gaan stem. Hlabisa s\u00ea vandag se verkiesing is belangrik, omdat landsburgers besluit wie hulle sal vertrou om noodsaaklike munisipale dienste oor die volgende vyf jaar te lewer. Hy s\u00ea hy is tevrede dat geen ontwrigtings aangemeld is nie.<\/p>\n<p>Die leier van die Vryheidsfront Plus, Corn\u00e9 Mulder is een van 3-duisend 300 kiesers wat by die Koeberg biblioteek in Melkbosstrand in Kaapstad stem. Mulder het die groot opkoms van kiesers verwelkom en s\u00ea dit is &#8216;n aanduiding dat kiesers hul stem wil laat hoor.<\/p>\n<p>Vier lede van &#8216;n gesin is dood gevind n\u00e1 &#8216;n skietvoorval by Grassland 2 in Bloemspruit in Bloemfontein. &#8216;n Polisiewoordvoerder, Thabo Covane s\u00ea die liggame van die 35-jarige veiligheidsbeampte, sy 33-jarige vrou en hulle 15-jarige dogter is vanoggend in hulle HOP-huis gevind. Hulle vierjarige seun is na &#8216;n hospitaal gehaas, maar het later aan sy wonde beswyk. Die ondersoek duur voort.<\/p>\n<p>KRIEKET: Die Australiese snelbouler, Mitchell Starc is nou bo-aan die Internasionale Krieketraad se rangleer, nadat hy 15 paaltjies in drie toetste laat kantel het. Hy neem die plek in van die Protea-speler, Marco Jansen. Hy het die plek slegs &#8216;n week lank beklee na sy vertoning in die tweede toets teen Australi\u00eb. Die Suid-Afrikaner, Simon Harmer, wat aangewys is as Speler van die Wedstryd, het met nege plekke tot die sewende plek gevorder nadat hy tien paaltjies in die derde toets ingepalm het.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172247","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1500","nuus_datum":"20261104"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172247","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172247"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172247"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}