{"id":172255,"date":"2026-11-04T17:46:24","date_gmt":"2026-11-04T15:46:24","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172255"},"modified":"2026-11-04T17:46:24","modified_gmt":"2026-11-04T15:46:24","slug":"2026-11-04t1700","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-04t1700\/","title":{"rendered":"2026-11-04T17:00"},"content":{"rendered":"<p>Die voormalige president Thabo Mbeki het nadat hy in Killarney in Johannesburg gestem het, die media toegespreek oor die Amerikaanse middeltermynverkiesing. Hy het kommentaar gelewer op die kiesers se besluit om vir die Demokrate te stem, wat nou beheer oor beide die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers het. Volgens Mbeki is dit &#8216;n aanduiding dat baie Amerikaners ontevrede is met president Donald Trump se administrasie. Mbeki s\u00ea egter dat die Amerikaanse bevolking sal moet wag om te sien of die Demokrate se oorwinning enige verandering in die Amerikaanse buitelandse beleid teweeg sal bring.<\/p>\n<p>Die Verkiesingskommissie s\u00ea volgens voolopige aanduidings het drie-komma-vyf miljoen kiesers teen tienuur vanoggend landwyd hulle stemme uitgebring. Die OVK skryf die spoed waarteen kiesers se stemme verwerk word toe aan die vernuwings wat vir die 2026-plaaslike regeringsverkiesing ingestel is. Dit sluit in die gebruik van mobiele skandeerders, wat aan die kieserbestuurstoestelle gekoppel is. Die adjunk-hoofkiesbeampte, Masego Shiburi, s\u00ea die OVK is veral bemoedig deur kiesers wat vroeg-oggend gaan stem het om &#8216;n gejaag teen laatmiddag en vroegaand te vermy. Stembusse sluit om negeuur vanaand.<\/p>\n<p>Boere van die Normandien-gebied buite Newcastle in KwaZulu-Natal wat in vandag se plaaslike regeringsverkiesing stem, s\u00ea hulle word ook geraak deur probleme met munisipale dienste. Hoewel baie boere boorgate het en hulle eie elektrisiteit opwek, s\u00ea van die boere hulle moet nogsteeds paaie in die gebied gebruik, wat in &#8216;n baie slegte toestand is. Juanita Geldenhuys van die plaas Eagles Cliff s\u00ea intussen die meerderheid van hulle plaaswerkers het aangedui dat hulle nie vandag wil stem nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Verdagte is in hegtenis geneem n\u00e1 &#8216;n skietery en &#8216;n ho\u00ebspoedjaagtog naby Philippi op die Kaapse Vlakte. &#8216;n Woordvoerder van die Kaapstadse Metropolisie, Ruth Solomons s\u00ea beamptes het &#8216;n voertuig agterna gesit wat teen &#8216;n ho\u00eb spoed teen aankomende verkeer ingery het. Tydens die jaagtog het die verdagtes op die Metropolisievoertuig losgebrand en beamptes het teruggeskiet. Die bestuurder van die voertuig is vasgetrek maar vier ander verdagtes het van die toneel gevlug. Solomons s\u00ea beamptes het ammunisie, medikasie, le\u00eb drankbottels en die karkas van &#8216;n onge\u00efdentifiseerde dier in die voertuig gevind.<\/p>\n<p>Iran se Rewolusion\u00eare Wag s\u00ea vier olietenkskepe is vernietig nadat seemyne in die Straat van Hormoes getref is. Volgens Iranse media is daar ook beheer geneem oor twee bykomende tenkskepe wat probeer het om &#8216;n verbode roete in die suide van die Straat van Hormoes te gebruik. Iran het gister ook beweer dat drie tenkskepe vernietig is, nadat Amerika beperkte aanvalle op &#8216;n eiland in die Straat van Hormoes uitgevoer het. Samesprekings om die konflik te be\u00ebindig is al vir maande op &#8216;n dooiepunt, hoewel onderhandelings deur middel van bemiddelaars voortduur.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172255","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1700","nuus_datum":"20261104"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172255","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172255"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172255"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}