{"id":172256,"date":"2026-11-04T18:00:58","date_gmt":"2026-11-04T16:00:58","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172256"},"modified":"2026-11-04T17:48:40","modified_gmt":"2026-11-04T15:48:40","slug":"2026-11-04t1800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-04t1800\/","title":{"rendered":"2026-11-04T18:00"},"content":{"rendered":"<p>Die provinsiale kiesbeampte van die OVK in die Wes-Kaap, Michael Hendricks, s\u00ea probleme met kieserbestuurtoestelle het tot lang toue by sommige stembusse in die Kaapstad metro gelei. Hy het lede van die media by die provinsiale verkiesingsentrum in Kaapstad toegespreek. Volgens Hendricks is vertragings teen twaalfuur vanmiddag uit die weg geruim namate die toestelle weer aanlyn gekom het. Hy s\u00ea die OVK het egter bykomende personeel ontplooi om die probleme uit te sorteer.<\/p>\n<p>Die Verkiesingskommissie in die Noord-Kaap s\u00ea die uiters warm toestande wat oor die provinsie voorkom, is rede tot kommer wat vandag se stemproses betref. Die provinsiale hoof van die OVK, Alkin Topkin, s\u00ea hulle hoop dat kiesers nie deur die versengende hitte weerhou sal word om te stem nie. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het temperature van tot 40 grade Celsius vir plekke soos Upington voorspel. Die OVK s\u00ea baie kiesers in die provinsie het vroeg gestem, waarna daar teen halftien vanoggend heelwat minder aktiwiteit by die stembusse was. Topkin s\u00ea hulle verwag teen laatmiddag weer &#8216;n toename in kiesers by die stemlokale, wat om negeuur vanaand sluit.<\/p>\n<p>Vier mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat hulle glo polisiebeamptes met klippe en bierbottels in Hanover Park op die Kaapse Vlakte bestook het. Een beampte is lig beseer in die voorval. Die polisiewoordvoerder, Andre Traut, s\u00ea beamptes het ingegryp toe twee groepe vanoggend klippe na mekaar gegooi het. Traut s\u00ea die een groep het daarna die polisiebeamptes aangeval, waarna die beamptes waarskuwingskote afgevuur het. Traut s\u00ea die verdagtes is vermoedelik verbonde aan &#8216;n plaaslike bende.<\/p>\n<p>&#8216;n Verdagte is in hegtenis geneem n\u00e1 &#8216;n skietery en &#8216;n ho\u00ebspoedjaagtog naby Philippi op die Kaapse Vlakte. &#8216;n Woordvoerder van die Kaapstadse Metropolisie, Ruth Solomons s\u00ea beamptes het &#8216;n voertuig agterna gesit wat teen &#8216;n ho\u00eb spoed teen aankomende verkeer ingery het. Tydens die jaagtog het die verdagtes op die Metropolisievoertuig losgebrand en beamptes het teruggeskiet. Die bestuurder van die voertuig is vasgetrek maar vier ander verdagtes het van die toneel gevlug. Solomons s\u00ea beamptes het ammunisie, medikasie, le\u00eb drankbottels en die karkas van &#8216;n onge\u00efdentifiseerde dier in die voertuig gevind.<\/p>\n<p>Die voormalige president Thabo Mbeki het nadat hy in Killarney in Johannesburg gestem het, die media toegespreek oor die Amerikaanse middeltermynverkiesing. Hy het kommentaar gelewer op die kiesers se besluit om vir die Demokrate te stem, wat nou beheer oor beide die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers het. Volgens Mbeki is dit &#8216;n aanduiding dat baie Amerikaners ontevrede is met president Donald Trump se administrasie. Mbeki s\u00ea egter dat die Amerikaanse bevolking sal moet wag om te sien of die Demokrate se oorwinning enige verandering in die Amerikaanse buitelandse beleid teweeg sal bring.<\/p>\n<p>Verskeie w\u00eareldleiers en regerings het gereageer op die uitslae van gister se middeltermynverkiesing in Amerika. Die Spaanse eerste minister, Pedro Sanchez s\u00ea Amerikaners het gestem teen haat, klimaat-ontkenning en die bevoorregte elite. Die eerste minister van Noorwe\u00eb, wat onlangs deur Trump gekritiseer is omdat hy nie die Nobelprys vir vrede gewen het nie, s\u00ea dit lyk of stemme nou in Amerika ontluik wat meer in ooreenstemming is met Noorwe\u00eb se beginsels. Die visepresident van die Europese Parlement, Christel Schaldemose s\u00ea sy is versigtig optimisties dat die uitslae groter steun vir Oekra\u00efne tot gevolg kan h\u00ea. Die Kremlin in Rusland het intussen ges\u00ea hulle hoop die uitslae sal nie &#8216;n impak h\u00ea op Trump se pogings om vrede te bewerkstelling nie.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172256","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1800","nuus_datum":"20261104"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172256","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172256"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172256"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}