{"id":172301,"date":"2026-11-04T22:40:10","date_gmt":"2026-11-04T20:40:10","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172301"},"modified":"2026-11-04T22:40:10","modified_gmt":"2026-11-04T20:40:10","slug":"2026-11-04-2300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-04-2300\/","title":{"rendered":"2026-11-04  23:00"},"content":{"rendered":"<p>Die Verkiesingskommissie in die Oos-Kaap het sedert Maandag nege voorsittende beamptes by verskillende stemlokale afgedank weens klagtes oor wangedrag. Die klagtes is deur sowel lede van die publiek as politieke partye ingedien. Die Provinsiale Kiesbeampte, Khayakazi Magudumana s\u00ea een het party-agente rondgery, en &#8216;n nader een het die verkeerde stembriewe aan kiesers gegee tydens die spesiale stemmery. Magudumana s\u00ea die OVK het die toepaslike stappe gedoen n\u00e1 die klagtes ondersoek is ten einde die integriteit van die stemproses te beskerm.<\/p>\n<p>Die OVK se hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo, s\u00ea die stemtellery begin sodra die laaste persoon by die onderskeie stemlokale landwyd gestem het. Mamabolo het vroe\u00ebr &#8216;n mediakonferensie by die Verkiesingsentrum in Midrand gehou. Voorlopige syfers dui daarop dat 12 miljoen mense teen vyfuur vanmiddag gestem het. Mamabolo s\u00ea partyagente sal by alle stemlokale teenwoordig wees wanneer die telproses begin. Hy s\u00ea stembriewe word getel by die stemlokaal waar &#8216;n kieser gestem het. Dit gebeur in die teenwoordigheid van partyagente, agente van onafhanklike kandidate en geakkrediteerde waarnemers. Mamabolo s\u00ea die stembriewe word ook nagegaan om seker te maak dit bevat die OVK se amptelike sekuriteitstempel. Die stembusse het negeuur gesluit.<\/p>\n<p>&#8216;n Stemlokaal by KwaKobe in Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal is gesluit, n\u00e1 bewerings deur verskeie partye dat die ANC kiesers van ander wyke per bus na die stemlokaal aangery het. &#8216;n Stembeampte van die IVP, Thembeni Madlopha s\u00ea dit het ook in by &#8216;n ander stemdistrik gebeur en die kwessie word met die Verkiesingskommissie bespreek. Die ANC ontken die bewerings.<\/p>\n<p>Die Verkiesingskommissie het bewerings deur die MK-party verwerp dat meer as 200 mense wat nie meer leef nie, se name op die kieserslys verskyn. Die OVK se adjunkhoofkiesbeampte, Mawethu Mosery, s\u00ea die name van persone wat oorlede is nadat die kieserslys gesertifiseer is, mag dalk steeds as geregistreerde kiesers verskyn, aangesien hulle nog geleef het toe die lys gefinaliseer is. Mosery s\u00ea egter alle kiesers moet steeds geldige identiteitsdokumente by stemlokale voorl\u00ea voordat hulle kan stem.<\/p>\n<p>&#8216;n Taxibestuurder by Kanoneiland naby Upington in die Noord-Kaap, Johannes Springbok, s\u00ea hy sien sy pogings as &#8216;n belangrike bydrae tot die versterking van die demokrasie. Hy het kiesers van Kanoneiland na hulle stempunte vervoer. Hy s\u00ea deur mense te help om die afstand en die hitte te oorkom, kan hulle stem en s\u00f3 verandering in hulle gemeenskappe teweeg bring. Springbok s\u00ea dit is belangrik dat mense die geleentheid kry om hulle stemme te laat hoor.<\/p>\n<p>Die Speaker van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Mike Johnson s\u00ea hy sal nie staan in die verkiesing van &#8216;n minderheidsleier nie. Die Republikeine het hulle meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers in die midtermynverkiesing verloor. Johnson het sedert hy drie jaar gelede die Speaker geword het, gesukkel om beheer van die Huis te behou weens die klein meerherheid van 218 Republikeine teenoor die 214 Demokrate. Hy het tydens die verkiesing volgehou dat die Republikeine hulle meerderheid sal vergroot. Dit is nog nie duidelik wie na vore sal tree as Republikeinse leier in die Huis van Verteenwoordigers nie, maar die naam van Jim Jordan van Ohia word genoem.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172301","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2300","nuus_datum":"20261104"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172301","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172301"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172301"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}