{"id":172425,"date":"2026-11-07T07:00:31","date_gmt":"2026-11-07T05:00:31","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172425"},"modified":"2026-11-07T06:38:44","modified_gmt":"2026-11-07T04:38:44","slug":"2026-11-07t0700","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-07t0700\/","title":{"rendered":"2026-11-07T07:00"},"content":{"rendered":"<p>Die stemtellery is landwyd in sy finale stadium, met verskeie provinsies waar die vaslegging van die uitslae bykans afgehandel is. Terwyl provinsies soos die Vrystaat, die Noord-Kaap en Mpumalanga se stemme almal getel is, is daar goeie vordering in die ander provinsies in die land. In Limpopo is 98-persent van die stemme reeds geverifieer, terwyl die Wes-Kaap en Noordwes nou op 97-persent staan. In KwaZulu-Natal is 96-persent van die stemme getel, met Gauteng &#8211; waar daar verskeie metro&#8217;s is, tans op 92-persent staan.<\/p>\n<p>Die ANC se verkiesingsteun het in dele van die Sarah Baartman-distrik in die Oos-Kaap gedaal. Die party het sy volstrekte meerderheid in vier munisipaliteite in die distrik verloor. Een van die munisipaliteite waar die ANC se steun gedaal het, is die Makana-munisipaliteit in Makhanda \u2013 een van die party se vestings in die streek. Die ANC se verteenwoordiging in die raad het van 13 setels tot 10 gedaal. Die ANC se streeksvoorsitter vir Sarah Baartman, Mabhuti Matyumza, s\u00ea dat hulle, ongeag die statistieke, steeds die steun en vertroue van hul kiesers het.<\/p>\n<p>Die Patriotic Alliance s\u00ea sy ideale koalisievennote sluit die Vryheidsfront Plus, ActionSA en die ANC in. Die PA-leier, Gayton McKenzie, s\u00ea sy party is ontvanklik vir alle partye soos wat munisipaliteite met koalisie-onderhandelings begin.<\/p>\n<p>Die DA het beheer oor die uMngeni-munisipaliteit in die KwaZulu-Natal Middelande behou en meer as 60 persent van die stemme op hom verenig. Die party het tien van die munisipaliteit se 13 wyke gewen, terwyl die ANC twee en die MK-party een wyk verower het. Die burgemeester, Chris Pappas, het die amp in November 2021 opgeneem en sal die munisipaliteit vir nog &#8216;n termyn lei. Sommige inwoners s\u00ea die DA se prestasie weerspie\u00ebl die werk wat die afgelope vyf jaar gedoen is, veral wat die verbetering van dienslewering betref.<\/p>\n<p>Die nuutgestigte One Merafong Organisation, het Wyk 22 in die Merafong Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng van die ANC gewen \u2013 en dit binne slegs ses maande van sy bestaan. Met 100 persent van die stemme in Merafong getel, het die gemeenskapsbeweging ook drie setels deur proporsionele verteenwoordiging verower. Die organisasie s\u00ea sy veldtog voor die verkiesing het op gemeenskapsbehoeftes gefokus, insluitend die skoonhou van die gebied en die verbetering van dienslewering. Sy sekretaris-generaal, Bhuti Mthembu, s\u00ea die oorwinning weerspie\u00ebl die gemeenskap se vertroue in die beweging en sy verbintenis daartoe om inwoners eerste te stel.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aangekondig dat sy adjunk-stafhoof, Stephen Miller, nou tot stafhoof bevorder is. Hy vervang Susie Wiles wat na Trump se politieke struktuur skuif. Wiles sal van Maandag af betrokke wees by geldinsamelings en die beplanning van politieke strategie\u00eb. Trump het op sosiale media ges\u00ea Wiles het haar uitstekend van haar taak gekwyt. Wiles het ges\u00ea hoewel haar rol verander, sal haar toewyding aan die president nie verander nie.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172425","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"0700","nuus_datum":"20261107"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172425","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172425"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172425"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}