{"id":172431,"date":"2026-11-07T13:00:14","date_gmt":"2026-11-07T11:00:14","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172431"},"modified":"2026-11-07T12:32:11","modified_gmt":"2026-11-07T10:32:11","slug":"2026-11-07t1300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-07t1300\/","title":{"rendered":"2026-11-07T13:00"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl die stemtellery in Gauteng byna afgehandel is, s\u00ea die OVK dat besware wat by die kommissie ingedien is, steeds die finalisering van uitslae in sommige gebiede kan be\u00efnvloed. Die DA het beheer oor die MidVaal-munisipaliteit behou, en die ANC oor die Rand West City-munisipaliteit. Daar is egter steeds stemuitslae wat betwis word.<\/p>\n<p>Die ANC in Gauteng s\u00ea die party het 35 formele besware by die OVK ingedien. Die Verkiesingskommissie het aan politieke partye tot gister kans gegee om formeel beswaar te maak teen onre\u00eblmatighede of wesenlike teenstrydighede in verkiesing.<\/p>\n<p>Die DA se burgemeesterskandidaat vir die Nelson Mandelabaai-metro, Retief Odendaal, s\u00ea die party wil &#8216;n stabiele koalisie-regering h\u00ea wat &#8216;n klein aantal partye insluit. Hy het ook ges\u00ea dat die EFF nie deel ingesluit sal word by die koalisie-regering nie. Die DA het 53 setels in die metro-raad, wat uit 120 setels bestaan, verower. Die party benodig 8 setels van ander partye om &#8216;n regerende koalisie in die raad te verseker.<\/p>\n<p>Die leier van die Vryheidsfront Plus, Corn\u00e9 Mulder, s\u00ea die party is oop vir koalisiegesprekke n\u00e1 die plaaslike regeringsverkiesing. Hy het dit egter duidelik gestel dat sy party nie deel wil wees van enige re\u00ebling met die ANC nie. Die VF Plus is ook nie te vinde vir koalisie-ooreenkomste met die EFF en die MK-party nie. Mulder s\u00ea sy party sal finale koalisie-besluite neem wanneer al die finale verkiesingsuitslae geverifieer is. Met die Vryheidsfront Plus wat net meer as drie-persent van die stemme op hom beteken het en sodoende 155 setels bekom het, s\u00ea Mulder sy party het sy ondersteuningsbasis en verteenwoordiging uitgebrei. Volgens Mulder verstewig dit sy posisie in koalisie-onderhandelings in verskeie munisipaliteite.<\/p>\n<p>Die vermeende kartellid Vusimuzi &#8220;Cat&#8221; Matlala verskyn Maandag weer voor die Madlanga-kommissie in Pretoria. Hy sal sy onafgehandelde getuienis by die kommissie voortsit. Matlala is &#8216;n sentrale figuur in &#8216;n web van beweerde korrupsie, georganiseerde misdaad en polisie-infiltrasie. Die kommissie het sy getuienisleiers en Matlala se regspan opdrag gegee om skriftelike beto\u00eb in te dien oor die implikasies van &#8216;n gedeelte van Artikel 105 van die Strafproseswet, wat &#8216;n beskuldigde toelaat om skuldig te pleit in ruil vir &#8216;n vonnis waarop daar ooreengekom word.<\/p>\n<p>Die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, s\u00ea sy span sal Itali\u00eb respekteer en nie daarop gefikseer wees om &#8216;n bonuspunt te kry voordat sy span die wedstryd gewen het nie. Suid-Afrika speel vanmiddag teen Itali\u00eb in Turin in die Nasieskampioenskapswedstryd. Die Bokke het &#8216;n bonuspunt nodig om druk op Nieu-Seeland te plaas wat vanmiddag teen Skotland speel.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172431","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1300","nuus_datum":"20261107"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172431","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172431"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172431"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}