{"id":172432,"date":"2026-11-07T18:03:56","date_gmt":"2026-11-07T16:03:56","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172432"},"modified":"2026-11-07T16:52:39","modified_gmt":"2026-11-07T14:52:39","slug":"2026-11-07t1800","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-07t1800\/","title":{"rendered":"2026-11-07T18:00"},"content":{"rendered":"<ul>\n<li>Die ANC s\u00ea hy is nederig gestem deur die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing en sal besin oor die boodskap wat Suid-Afrikaners aan hom oorgedra het. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die media by die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand toegespreek.<\/li>\n<li>Die OVK se provinsiale verkiesingsbeampte, Michael Hendrickse, s\u00ea alle wesenlike besware wat verband hou met die verkiesingsproses in die Wes-Kaap, is deur die Verkiesingskommissie opgelos. Al die stemme in die Wes-Kaap is nou getel en bevestig. Die DA het 54 persent van die stemme gelok, die ANC 15 persent en die Patriotic Alliance 7 persent.<\/li>\n<li>Al die stemme is ook in Mpumalanga getel. Die ANC 44 persent van die stemme gelok, gevolg deur die DA met 15 persent en die EFF met 10 persent. Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party het Wyk 17 in Steve Tshwete gewen, wat die stemtelling in al 17 munisipaliteite in Mpumalanga tot &#8216;n einde gebring het. Die party het die wyk verower deur middel van &#8216;n muntgooi, nadat hulle en die ANC gelykop ge\u00ebindig het met 966 geldige stemme elk.<\/li>\n<li>Die MK-party het &#8216;n beroep op die Verkiesingskommissie gedoen om nie m\u00f4re die verkiesingsuitslae bekend te maak voordat alle uitstaande besware afgehandel is nie. Die MK-party het op &#8216;n mediakonferensie in Durban ges\u00ea hy het onre\u00eblmatighede in die eThekwini-gebied ge\u00efdentifiseer wat volgens hom ondersoek moet word voordat die uitslae gefinaliseer kan word. Die party het aangedui dat hy regstappe kan oorweeg om die uitslae te betwis.<\/li>\n<li>Altesame 18 verskillende politieke partye sal in die nuwe raad van Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap verteenwoordig word. Die DA het die meeste setels, 53, maar dit is te min om die raad van 120 setels te beheer. Die ANC het 32 setels. Die EFF het sewe setels, terwyl die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party en die Patriotic Alliance elk 4 setels het. Die Mayibuye Civic Movement is &#8216;n plaaslike party wat genoeg steun vir twee setels verwerf het \u2013 dieselfde as die gevestigde nasionale partye ActionSA en die MK-party. Agt ander partye het elk een setel verwerf. Die metro word gekenmerk deur onstabiliteit, met probleme rakende bestuur en finansi\u00eble beheer wat in die parlement uitgewys is.<\/li>\n<li>Swaar re\u00ebn het tienduisende tente, waarin ontheemde Palestyne in kampe regoor die Gazastrook saamgepak is, oorstroom. Die water het skuilings weggespoel en komberse en matrasse deurweek, het plaaslike owerhede ges\u00ea. Die mediakantoor van die Hamas-beheerde regering in Gaza het ges\u00ea dat minstens 70-duisend tente die afgelope 12 uur oorstroom is. Dit het tienduisende ontheemdes geraak en tot beserings gelei, hoewel geen sterftes aangemeld is nie.<\/li>\n<li>RUGBY:::: Die Springbokke het Itali\u00eb &#8216;n les geleer en hulle met 66-7 geklop in &#8216;n Nasieskampioenskap-wedstryd in Turyn. Suid-Afrika het die wedstryd reeds in die eerste helfte beklink deur ses drie\u00eb te druk en met 45-0 voor te loop teen rustyd. Itali\u00eb het in die tweede helfte beter weerstand gebied en daarin geslaag om een \u200b\u200bdrie te druk \u2013 &#8216;n skrale troosprys. Die Bokke was in die tweede helfte wel nie so klinies nie, maar het steeds nog drie keer die doellyn oorgesteek om &#8216;n oortuigende oorwinning te behaal. Losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het 26 punte aangeteken, wat een drie, nege doelskoppe en &#8216;n strafdoel ingesluit het.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172432","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1800","nuus_datum":"20261107"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172432","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172432"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172432"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}