{"id":172434,"date":"2026-11-07T19:03:15","date_gmt":"2026-11-07T17:03:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172434"},"modified":"2026-11-07T17:56:01","modified_gmt":"2026-11-07T15:56:01","slug":"2026-11-07t1900","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-07t1900\/","title":{"rendered":"2026-11-07T19:00"},"content":{"rendered":"<ul>\n<li>Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, s\u00ea die getal setels wat tans in die voorlopige uitslae aangedui word, kan aangepas word na gelang van die uitkoms van besware wat deur die OVK ontvang is. Moepya het bekend gemaak dat die OVK teen 15:00 vandag 197 besware ontvang het. Hiervan is 54 verwerp, agt teruggetrek en twee gehandhaaf, terwyl die res nog oorweeg word. Hy s\u00ea die OVK sal enige beswaar wat as wesenlik vir die finale uitslag beskou word, handhaaf voordat die verkiesingsuitslae formeel verklaar word.<\/li>\n<li>Die ANC s\u00ea hy is nederig gestem deur die uitslae van die plaaslike regeringsverkiesing en sal besin oor die boodskap wat Suid-Afrikaners aan hom oorgedra het. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het die media by die Verkiesingskommissie se uitslagsentrum in Midrand toegespreek.<\/li>\n<li>Die Verkiesingkommissie in KwaZulu-Natal s\u00ea klagtes wat oor die verkiesingsuitslae ingedien is, sal hom nie daarvan weerhou om die finale uitslae aan te kondig nie, aangesien die voorleggings nie aan die wetlike vereistes voldoen nie. Teen sesuur vanaand was 98 persent van stemme in KwaZulu-Natal getel. Die MK-party het 35 persent van stemme gelok, die IVP 20-komma-ses en die ANC 20-komma-vier.<\/li>\n<li>Die OVK se provinsiale verkiesingsbeampte, Michael Hendrickse, s\u00ea alle wesenlike besware wat verband hou met die verkiesingsproses in die Wes-Kaap, is deur die Verkiesingskommissie opgelos. Al die stemme in die Wes-Kaap is nou getel en bevestig. Die DA het 54 persent van die stemme gelok, die ANC 15 persent en die PA 7 persent.<\/li>\n<li>Al die stemme in die Vrystaat is ook klaar getel. Die ANC het die meeste stemme in die provinsie met 37 persent, die DA 28 persent en die EFF 8 persent.<\/li>\n<li>Al die stemme is ook in Mpumalanga getel. Die ANC 44 persent van die stemme gelok, gevolg deur die DA met 15 persent en die EFF met 10 persent.<\/li>\n<li>Altesame 18 verskillende politieke partye sal in die nuwe raad van Nelson Mandelabaai verteenwoordig word. Die DA het die meeste setels, 53, maar dit is te min om die raad van 120 setels te beheer. Die metro word gekenmerk deur onstabiliteit, met probleme rakende bestuur en finansi\u00eble beheer wat in die parlement uitgewys is.<\/li>\n<li>Nou na die buiteland . . .<br \/>\nSwaar re\u00ebn het tienduisende tente, waarin ontheemde Palestyne in kampe regoor die Gazastrook saamgepak is, oorstroom. Die water het skuilings weggespoel en komberse en matrasse deurweek, het plaaslike owerhede ges\u00ea. Die mediakantoor van die Hamas-beheerde regering in Gaza het ges\u00ea dat minstens 70-duisend tente die afgelope 12 uur oorstroom is. Dit het tienduisende ontheemdes geraak en tot beserings gelei, hoewel geen sterftes aangemeld is nie.<\/li>\n<li>RUGBY:::: Die Springbokke het Itali\u00eb &#8216;n les geleer en hulle met 66-7 geklop in &#8216;n Nasieskampioenskap-wedstryd in Turyn. Suid-Afrika het die wedstryd reeds in die eerste helfte beklink deur ses drie\u00eb te druk en met 45-0 voor te loop teen rustyd. Die losskakel Sacha Feinberg-Mngomezulu het 26 punte aangeteken, wat een drie, nege doelskoppe en &#8216;n strafdoel ingesluit het.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172434","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1900","nuus_datum":"20261107"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172434","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172434"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172434"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}