{"id":172437,"date":"2026-11-07T21:03:15","date_gmt":"2026-11-07T19:03:15","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172437"},"modified":"2026-11-07T20:02:01","modified_gmt":"2026-11-07T18:02:01","slug":"2026-11-07t2100","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-07t2100\/","title":{"rendered":"2026-11-07T21:00"},"content":{"rendered":"<ul>\n<li>Die UDM-raadslid en voormalige onderburgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Luxolo Namete, is vanmiddag in Motherwell doodgeskiet. Die UDM s\u00ea sy moord werp &#8216;n donker skaduwee oor die verkiesing wat pas afgehandel is. Die party s\u00ea Namete se politieke loopbaan het in UDM-jeugvleuel begin, waar hy &#8216;n geesdriftige jong aktivis was. Hy het gedien as voorsitter van die Munisipale Komitee vir Openbare Rekeninge in die Nelson Mandelabaai-metro. Die Oos-Kaapse polisiekommissaris, luitenant-generaal, Vuyisile Ncata, s\u00ea die polisie sal alles moontlik doen om die moordenaars vas te trek.<\/li>\n<li>Die DA in Noordwes het &#8216;n klag by die Verkiesingskommissie ingedien en versoek dat stemme in die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit weer getel word. Dit volg op bewerings dat ongeveer vierduisend stembriewe in die munisipaliteit ongeldig verklaar is. Die DA s\u00ea hy is bekommerd oor wat hy beskryf as &#8216;n patroon van ongeldige stembriewe. Ditsobotla is een van die gebiede waar dit langer as twee dae geneem het om die stemme in die onderskeie stemdistrikte te tel.<\/li>\n<li>Intussen is stemme vir wyk 15 in die Buffalo City-metro weer getel wat &#8216;n geskil tussen die EFF en die DA opgelos het. Die twee partye het aanvanklik presies dieselfde getal stemme \u2013 1 714 \u2013 gekry. Die Verkiesingskommissie het voorgestel dat die uitslag deur middel van &#8216;n muntgooi bepaal word. Die EFF het die voorstel verwerp en daarop aangedring dat stemme oorgetel word. Dit het 39 bykomende stemme vir die EFF en agt vir die DA opgelewer, waardeur die EFF die wyk gewen het. Die EFF het twee wyke in die Buffalo City-metro verower. Die EFF se burgemeesterskandidaat vir die Buffalo City-metro, Mkhululi Dlevu, s\u00ea hulle is steeds teleurgesteld oor die gebeure.<\/li>\n<li>Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, s\u00ea die getal setels wat tans in die voorlopige uitslae aangedui word, kan aangepas word na gelang van die uitkoms van besware wat deur die OVK ontvang is. Moepya het bekend gemaak dat die OVK teen 15:00 vandag 197 besware ontvang het. Hiervan is 54 verwerp, agt teruggetrek en twee gehandhaaf, terwyl die res nog oorweeg word.<\/li>\n<li>Die Verkiesingkommissie in KwaZulu-Natal s\u00ea klagtes wat oor die verkiesingsuitslae ingedien is, sal hom nie daarvan weerhou om die finale uitslae aan te kondig nie, aangesien die voorleggings nie aan die wetlike vereistes voldoen nie. Teen agtuur vanaand was 98 persent van stemme in KwaZulu-Natal getel. Die MK-party het 35 persent van stemme gelok, die IVP 20-komma-ses en die ANC 20-komma-drie.<\/li>\n<li>Nieu-Seeland se regerende Nasionale Party en die vernaamste opposisieparty, die Arbeidersparty, was n\u00e1 die aanvanklike telling in vandag se algemene verkiesing feitlik gelykop wat stemme betref. Uitslae van die Verkiesingskommissie toon dat met meer as 95 persent van die stembriewe getel, het albei partye net minder as 30 persent van die stemme op hulle verenig. Albei partye het ges\u00ea dit sal tyd neem voordat die finale uitslae bekend is.<\/li>\n<li>RUGBY:::: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, s\u00ea Itali\u00eb het sonder &#8216;n klomp sleutel-spelers gespeel en dat die Bokke weet die situasie anders sal wees in die volgende W\u00eareldbeker. Dit kom nadat die Springbokke die Italianers met 66-7 geklop het in &#8216;n Nasieskampioenskap-wedstryd in Turyn vanmiddag. Erasmus s\u00ea die Italiaanse span het die meeste van hul geleenthede gemaak en probleme vir die Bokke in die skrum veroorsaak. Suid-Afrika het die wedstryd reeds in die eerste helfte beklink deur ses drie\u00eb te druk en met 45-0 voor te loop teen rustyd.<\/li>\n<li>Intussen bly Nieu-Seeland se All Blacks onoorwonne in die Nasieskampioenskap. Die All Blacks het Skotland vanmiddag met 43\u201321 geklop in Edinburg. Teen rustyd was die telling 24\u201321 in die guns van die besoekers, en die tuisspan kon in die tweede helfte geen punte aanteken nie.<\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172437","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2100","nuus_datum":"20261107"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172437","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172437"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172437"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}