{"id":172438,"date":"2026-11-07T23:02:43","date_gmt":"2026-11-07T21:02:43","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172438"},"modified":"2026-11-07T22:03:51","modified_gmt":"2026-11-07T20:03:51","slug":"2026-11-07t2300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-07t2300\/","title":{"rendered":"2026-11-07T23:00"},"content":{"rendered":"<p>Vervolgens &#8216;n opsomming van die dag se vernaamste nuusgebeure . . .<\/p>\n<ul>\n<li>Die tellery van stemme n\u00e1 die plaaslike regeringsverkiesing begin einde se kant toe staan. Teen tienuur vanaand was nog net die uitslae van KwaZulu-Natal, Noordwes en Gauteng uitstaande. Die Verkiesingskommissie sal na verwagting die finale uitslae m\u00f4remiddag bekendmaak.<\/li>\n<li>Intussen s\u00ea die OVK in KwaZulu-Natal klagtes oor die verkiesingsuitslae sal hom nie daarvan weerhou om die finale uitslae aan te kondig nie, aangesien die voorleggings nie aan die wetlike vereistes voldoen nie. Teen tienuur vanaand was 99 persent van stemme in KwaZulu-Natal getel. Die MK-party het 34 persent van stemme gelok, die IVP 20-komma-vyf en die ANC 20-komma-drie.<\/li>\n<li>Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, s\u00ea die OVK het teen 15:00 vandag 197 besware ontvang. Hiervan is 54 verwerp, agt teruggetrek en twee gehandhaaf, terwyl die res nog oorweeg word.<\/li>\n<li>Die UDM-raadslid en voormalige onderburgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Luxolo Namete, is vanmiddag in Motherwell doodgeskiet. Die UDM s\u00ea sy moord werp &#8216;n donker skaduwee oor die verkiesing wat pas afgehandel is. Die Oos-Kaapse polisiekommissaris, luitenant-generaal Vuyisile Ncata, s\u00ea die polisie sal alles moontlik doen om die moordenaars vas te trek.<\/li>\n<li>Nieu-Seeland se regerende Nasionale Party en die vernaamste opposisieparty, die Arbeidersparty, was n\u00e1 die aanvanklike telling in vandag se algemene verkiesing feitlik gelykop wat stemme betref. Albei partye het ges\u00ea dit sal tyd neem voordat die finale uitslae bekend is.<\/li>\n<li>Swaar re\u00ebn het tienduisende tente, waarin ontheemde Palestyne in kampe regoor die Gazastrook saamgepak is, oorstroom. Minstens 70-duisend tente is die afgelope 12 uur oorstroom. Dit het tienduisende ontheemdes geraak en tot beserings gelei, hoewel geen sterftes aangemeld is nie.<\/li>\n<li>RUGBY:::: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, s\u00ea Itali\u00eb het sonder &#8216;n klomp sleutel-spelers gespeel en dat die Bokke weet die situasie anders sal wees in die volgende W\u00eareldbeker. Dit kom nadat die Springbokke die Italianers met 66-7 geklop het in &#8216;n Nasieskampioenskap-wedstryd in Turyn vanmiddag.<\/li>\n<li>Intussen bly Nieu-Seeland se All Blacks onoorwonne in die Nasieskampioenskap. Die All Blacks het Skotland vanmiddag met 43\u201321 geklop in Edinburg.<\/li>\n<li><\/li>\n<\/ul>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172438","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"2200","nuus_datum":"20261107"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172438","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172438"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172438"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}