{"id":172509,"date":"2026-11-09T12:00:40","date_gmt":"2026-11-09T10:00:40","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172509"},"modified":"2026-11-09T12:11:09","modified_gmt":"2026-11-09T10:11:09","slug":"20261109t1200","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20261109t1200\/","title":{"rendered":"20261109T12:00"},"content":{"rendered":"<p>Die vermeende kartellid, Vusimuzi &#8220;Cat&#8221; Matlala se regspan betwis die gebruik van sy Artikel 204-verklaring en Artikel 105A-pleitooreenkoms deur die Madlanga-kommissie. Matlala is geskeduleer om vandag en more voor die kommissie te verskyn. Advokaat Anneline van den Heever voer aan dat albei dokumente deel gevorm het van Matlala se onderhandelinge met die staat, en nie meer geldig is nie omdat sy pleit en vonnisooreenkoms met die staat in duie gestort het. Sy het gewaarsku dat die gebruik van enige van die dokumente deur die kommissie, die regstelsel in oneer sal bring.<\/p>\n<p>Vyf vermeende transitorowers is dood n\u00e1 &#8216;n oor en weer skietery met die polisie in Gqeberha in die Oos-Kaap.<br \/>\nDie Valke s\u00ea die verdagtes het na bewering gister &#8216;n voertuig van IziCash Solutions geteiken. Polisiebeamptes het later die voertuie wat in die rooftog betrokke was opgespoor en agterna gesit, waarna verdagtes op beamptes losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet en vyf verdagtes is noodlottig gewond. Nog verdagtes het met &#8216;n onbekende bedrag kontant gevlug. Twee vuurwapens wat aan veiligheidswagte behoort het, is ook gesteel.<\/p>\n<p>Die Johannesburgse metropolisie s\u00ea die N12 in &#8216;n oostelike rigting by die Diepkloof-wisselaar is heropen na vroe\u00ebre protesaksie in die gebied. Wetstoepassers is steeds besig om rommel langs Chris Hani-weg &#8211; tussen Collinder-weg en die N12-oprit &#8211; op te<br \/>\nruim. Wetstoepassingsbeamptes is steeds in die gebied ontplooi om die situasie te monitor en verdere ontwrigtings te voorkom.<\/p>\n<p>&#8216;n Aanvaller wat Saterdag ses mense in Krakow in Pole doodgeskiet het, het vanoggend in die hospitaal aan sy wonde beswyk. Die aanvaller is deur polisiebeamptes gewond en in hegtenis geneem, kort nadat hy vanuit sy motor losgebrand het op mense op die stad se historiese markplein. Nog 15 mense, insluitend twee polisiebeamptes en vyf buitelandse burgers, is hospitaal toe geneem met skietwonde. Volgens Poolse owerhede is die 24-jarige moontlike deur ver-regse ideologie be\u00efnvoed.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172509","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1200","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172509","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172509"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172509"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}