{"id":172514,"date":"2026-11-09T13:00:41","date_gmt":"2026-11-09T11:00:41","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172514"},"modified":"2026-11-09T13:04:27","modified_gmt":"2026-11-09T11:04:27","slug":"20261109t1300","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/20261109t1300\/","title":{"rendered":"20261109T13:00"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Vier-en-veertigjarige verdagte het vlugtig in die Knysna-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn in verband met die moord op die voormalige Knysna-burgemeester, Aubrey Tsengwa. Die polisie s\u00ea die vermeende huurmoordenaar is Vrydag by Peddie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklagte van moord en poging tot moord. Tsengwa is in Augustus in sy motor doodgeskiet. Een van die drie passasiers in sy motor is in die arm gewond. Drie verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem vir sameswering om moord te pleeg, maar klagtes is later teen een van hulle laat vaar. Die saak is tot 10 Desember uitgestel wanneer al die beskuldiges sal verskyn.<\/p>\n<p>Die staat het aangedui dat hy die sakeman, Suliman Carrim se borgtogaansoek in die Musina-landdroshof in Limpopo teenstaan. Die staat voer aan dat Carrim se versuim om voor die Madlanga-kommissie te verskyn, dui op sy onwilligheid om die wet na te kom. Die staat voer ook aan dat Carrim &#8216;n verblyfpermit in die Verenigde Arabiese Emirate het, en daarom vir &#8216;n paspoort van di\u00e9 land kwalifiseer.Carrim staan in Musina tereg op aanklagte van poging tot voertuigdiefstal, bedrog en vervalsing. Die saak duur voort.<\/p>\n<p>Die vermeende kartellid, Vusimuzi &#8220;Cat&#8221; Matlala se regspan betwis die gebruik van sy Artikel 204-verklaring en Artikel 105A-pleitooreenkoms deur die Madlanga-kommissie. Matlala is geskeduleer om vandag en more voor die kommissie te verskyn. Die Artikel 204-verklaring hou verband met getuienis wat deur &#8216;n getuie wat moontlik vrywaring van vervolging kan ontvang, terwyl die Artikel 105A verband hou met pleit- en vonnisooreenkomste tussen &#8216;n beskuldigde en die staat. Advokaat Anneline van den Heever voer aan dat albei dokumente deel gevorm het van Matlala se onderhandelinge met die staat, en nie meer geldig is nie omdat sy pleitooreenkoms met die staat in duie gestort het. Sy het gewaarsku dat die gebruik van enige van die dokumente deur die kommissie, die regstelsel in oneer sal bring.<\/p>\n<p>Vyf vermeende transitorowers is dood n\u00e1 &#8216;n oor en weer skietery met die polisie in Gqeberha in die Oos-Kaap. Die Valke s\u00ea die verdagtes het na bewering gister &#8216;n voertuig van IziCash Solutions geteiken. Polisiebeamptes het later die voertuie wat in die rooftog betrokke was opgespoor en agterna gesit, waarna verdagtes op beamptes losgebrand het. Die polisie het teruggeskiet en vyf verdagtes is noodlottig gewond. Nog verdagtes het met &#8216;n onbekende bedrag kontant gevlug. Twee vuurwapens wat aan veiligheidswagte behoort het, is ook gesteel. Geen polisiebeamptes of veiligheidswagte is beseer nie.<\/p>\n<p>Die Johannesburgse metropolisie s\u00ea die N12 in &#8216;n oostelike rigting by die Diepkloof-wisselaar is heropen na vroe\u00ebre protesaksie in die gebied. Wetstoepassers is steeds besig om rommel langs Chris Hani-weg &#8211; tussen Collinder-weg en die N12-oprit &#8211; op te ruim. Motoriste is gevra om versigtig te wees en uit te kyk vir klippe en ander versperrings. Die woordvoerder, Xolani Fihla, s\u00ea wetstoepassingsbeamptes is steeds in die gebied ontplooi om die situasie te monitor en verdere ontwrigtings te voorkom.<\/p>\n<p>Die dodetal nadat &#8216;n boot met migrante langs die kus van Senegal gesink het, het tot minstens 34 gestyg. Een persoon is gered en dit is nog nie duidelik hoeveel mense vermis word nie. Die houtboot het tussen die hoofstad, Dakar en die noordelike stad, Saint-Luis gesink, onderweg na Spanje se Kanarie-eilande. Senegalese owerhede het Vrydag nog &#8216;n boot met 142 migrante onderskep wat gepoog het om Spanje te bereik. &#8216;n Noodtoestand is intussen die naweek op die Spaanse eiland El Hierro aangemeld, nadat meer as drieduisend-300 migrante sedert die begin van November in sowat 30 bote op die eiland aangekom het. Senegalese owerhede het burgers gevra om nie hul lewens in gevaar te stel in &#8216;n poging om Europa te bereik nie, en het onderneem om toe te slaan op mensesmokkelnetwerke.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse tegnologiereus Nvidia se aandele het skerp gedaal n\u00e1 die nuus dat hy &#8216;n ondersoek van stapel gestuur na bewerings dat sy bestuurshoof, Jensen Huang, &#8216;n verhouding gehad het met &#8216;n vrou wat vir China spioeneer het. Nvidia, wat een van die w\u00eareld se waardevolste maatskappye is, s\u00ea hy het geen rede om te glo dat sy geheime of Amerika se nasionale veiligheid in gedrang gekom het nie. Huang het erken dat hy &#8216;n buite-egtelike verhouding gehad het, maar geen verdere besonderhede verskaf nie. China het bewerings ontken dat die vrou vir Chinese intelligensie gewerk het.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172514","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1300","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172514","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172514"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172514"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}