{"id":172529,"date":"2026-11-09T15:33:01","date_gmt":"2026-11-09T13:33:01","guid":{"rendered":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/?post_type=news-articles&#038;p=172529"},"modified":"2026-11-09T15:33:01","modified_gmt":"2026-11-09T13:33:01","slug":"2026-11-09to1600","status":"publish","type":"news-articles","link":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/rsg-nuusbulletins\/2026-11-09to1600\/","title":{"rendered":"2026-11-09TO16:00"},"content":{"rendered":"<p>Nege buitelandse burgers tussen die ouderdomme 20 en 26 jaar is by OR Tambo Internasionale Lughawe en &#8216;n hotel in Bruma, in die ooste van Johannesburg, in hegtenis geneem oor &#8216;n beweerde poging om Suid-Afrika te verlaat om deel te neem aan die Rusland-Oekra\u00efne-oorlog. Die woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, s\u00ea die verdagtes was besig om aan boord van vlugte te gaan toe hulle aangekeer is na &#8216;n gesamentlike intelligensiegedrewe operasie waarby verskeie plaaslike en internasionale wetstoepassingsagentskappe betrokke was. Die verdagtes verskyn binnekort in die Kempton Park-landdroshof op aanklagte dat hulle die Wet op die Regulering van Buitelandse Milit\u00eare Bystand oortree het.<\/p>\n<p>Die Madlanga-kommissie in Pretoria het beslis dat die getuienis van die waarnemende sameroeper van die Nasionale Intelligensie-ko\u00f6rdineringskomitee, Ntandazo Sifolo, in &#8216;n oop sitting sal begin voordat dit agter geslote deure voortgesit sal word. Die verrigtinge agter geslote deure sal handel oor geklassifiseerde dokumente en ander bewyse wat nie in &#8216;n oop sitting bespreek kan word nie. Die Kommissie het verder bepaal dat inligting vervat in geklassifiseerde dokumente nie in die openbaar bekend gemaak mag word nie, tensy dit gemagtig word deur &#8216;n latere beslissing van die Kommissie of deur &#8216;n hofbevel.<\/p>\n<p>Onmin binne die MK-party-geledere het na vore gekom n\u00e1 die bekendmaking van verkiesingsuitslae gisteraand. Ontevrede lede het by Gandhi-plein in die Johannesburgse middestad byeengekom om hul kommer oor die party se interne prosesse uit te spreek. Die lede beskuldig die streeksleierskap van Ekurhuleni daarvan dat hulle nie party se riglyne gevolg het by die opstel van kandidaatlyste nie. Hulle het nou die nasionale leierskap gevra om in te gryp. Die ontevrede lede beweer dat sekere individue voortgaan om toesig oor die proses te hou, ondanks &#8216;n opdrag om die verkiesingstaakspan te ontbind.<\/p>\n<p>Die polisie het &#8216;n soektog van stapel gestuur na drie gewapende verdagtes wat na bewering 16 vroue van sowat 30-duisend rand en selfone beroof het tydens &#8216;n stokvel-byeenkoms by Musiphana, buite Tzaneen in Limpopo. Die polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, s\u00ea die verdagtes het die huis binnegestrom en hul vuurwapens op die vroue gerig en geld ge\u00ebis. Ledwaba s\u00ea hulle het verskeie skote afgevuur voordat hulle in &#8216;n rooi motor sonder nommerplate gevlug het. Hy het gevra dat enigeen met inligting oor die voorval die polisie kontak.<\/p>\n<p>Die voorloper om die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers te lei wanneer die Demokrate in Januarie oorneem &#8211; Hakeem Jeffries &#8211; s\u00ea hy ondersteun die resolusie om die minister van verdediging, Peter Hegseth, in &#8216;n staat van beskuldiging te plaas. Hegseth word van verskeie oortredings beskuldig, insluitend die skending van die resolusie oor oorlogsmagte van 1973. Jeffries het aan die media ges\u00ea Hegseth se posisie is onhoudbaar. Hy s\u00ea Hegseth het sy magte misbruik, nasionale veiligheid ondermyn, en &#8216;n roekelose en duur oorlog teen Iran begin. Dit het tot gevolg dat die lewenskoste vir die Amerikaanse bevolking die hoogte ingeskiet het, en die land minder veilig is.<\/p>\n<p>RUGBY: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het twee veranderinge aangebring aan die span wat Vrydagaand by die Stade de France in Parys teen Frankryk te staan sal kom. Die stut Wilco Louw skuif na die beginspan, en Thomas du Toit na die plaasvervangersbank. Grant Williams is uit die span gelaat, terwyl die skrumskakel, Cobus Reinach, ingesluit is op die bank. Die kaptein, Siya Kolisi, lei &#8216;n sterk Springbok-span wat Frankryk moet klop om in die wedloop vir die Nasieskampioenskap te bly.<\/p>\n","protected":false},"comment_status":"open","ping_status":"closed","template":"","class_list":["post-172529","news-articles","type-news-articles","status-publish","hentry"],"acf":{"nuus_uur":"1600","nuus_datum":"20261109"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles\/172529","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/news-articles"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/types\/news-articles"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=172529"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.rsg.co.za\/rsg-fm\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=172529"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}